Sakemanne in hof oor SOE-omkopery

hof-hamer

(Argieffoto)

Twee sakemanne van Limpopo het Dinsdag in die Mankweng-landdroshof buite Polokwane op aanklagte van korrupsie verskyn nadat hulle na bewering probeer het om ’n ondersoeker van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) om te koop.

Jack Maake (44) en Matome Prince Mathole (34) is in November verlede jaar deur die Valke in hegtenis geneem nadat hulle glo die ondersoeker met R300 000 probeer omkoop het om ʼn gedeelte van ʼn verslag uit te sluit wat aanbeveel het dat hul maatskappy strafregtelik weens korrupsie aangekla moet word.

Mashudu Malabi-Dzhangi, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Maake en Mathole het glo boonop die ondersoeker gevra om die bedrag wat terugbetaal moes word, te verminder.

Dít nadat daar in die SOE-verslag bevind is dat die maatskappy, ’n diensverskaffer aan die Mopani-munisipaliteit, R3 miljoen moet terugbetaal en strafregtelik vervolg moet word vir ʼn tender wat nooit gelewer is nie hoewel die nodige dokumente by die munisipaliteit ingedien is vir betalings.

Die beskuldigdes is op borgtog van R50 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 15 Maart in die hof verskyn. Die saak is egter na die provinsie se handelshof oorgeplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos

Die wiskunde werk nie vir my hier nie – hulle bied R300k omkoopgeld aan maar kry net R50k borgtog. Die borgtog is dus “peanuts” as jy al klaar R300k het om mee om te koop? Verder, Limpopo is nie te ver weg van beide die Zim en Botswana grense nie….

Baardman

Sluit die munisipale bestuur ook toe

Gert

Hulle het seker by Zuma geleer