Sakeorganisasie waarsku teen Mededingingswetsontwerp

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga (14 Augustus 2018). Foto: Rozier van Tonder

Indien die Mededingingswysigingswetsontwerp 2018 goedgekeur word, sal die Suid-Afrikaanse ekonomie hom vir die volgende vlaag swart ekonomiese bemagtiging (SEB) moet voorberei.

Só sê die sake-organisasie Sakeliga (voorheen bekend as AfriSake) nadat hy die wetsontwerp bestudeer en kommentaar daarop by die parlementêre portefeuljekomitee vir ekonomiese ontwikkeling ingedien het.

“Die wetsontwerp gee veral kompetisiebeamptes die mag om SEB-kriteria in ag te neem wanneer hulle besluite neem. Dit sal beteken dat ’n kompetisiebeampte die mag sal hê om samesmeltings, verkrygings of prysgedrag te penaliseer, toe te laat of te verbied na gelang van die ras van maatskappyeienaars. Die wetsontwerp voeg wesenlik ’n raskomponent tot die definisie van mededingingswetgewing by,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

Le Roux meen Sakeliga se algehele besorgdheid is dat die wetsontwerp gesonde en algemene sakegedrag soos samesmeltings, prysbepaling en ander handeldryf aan verdere inmenging deur burokrate sal onderwerp.

“Hierdie inmenging sal tot verhoogde nakomingskoste lei, wat handel verder sal belemmer. Indien dit selfs moeiliker vir ondernemings gaan word om hul regsblootstelling aan ’n uitgebreide reeks vae en rasgeoriënteerde mededingingsoortredings weens die nuwe wetsontwerp te bepaal, sal dit die risikoprofiel van handel in Suid-Afrika verhoog. Die waarskynlike gevolg sal selfs minder beleggings én ’n verswakte ekonomie wees,” voeg Le Roux by.

In sy kommentaar aan die portefeuljekomitee hou Sakeliga vol dat die regering verskeie ander minder skadelike moontlikhede tot sy beskikking het vir die doeleindes van bemagtiging.

In sy voorlegging word daar ook beswaar gemaak teen die bekendstelling van nasionale sekuriteit as ’n ooglopende belang in samesmeltings met buitelandse ondernemings wat belange in Suid-Afrikaanse ondernemings wil bekom. “Artikel 18A van die wetsontwerp beoog die daarstelling van ’n presidensiële kommissie om toesig te hou oor samesmeltings in gevalle waar buitelandse ondernemings se belange in plaaslike bates geag word nasionale sekuriteitsimplikasies te hê.”

Le Roux voer verder aan nasionale sekuriteitsoorwegings word té wyd in die wetsontwerp gedefinieer en in werklikheid kan enige buitelandse onderneming wat met ’n Suid-Afrikaanse onderneming wil saamsmelt potensieel onder die bestek van hierdie oorwegings val.

“Dit sal net nóg ’n manier word waarop buitelandse ondernemings gedwing kan word om in te stem tot spesiale bemagtigingsooreenkomste, wat die moontlikheid van korrupsie aansienlik sal verhoog,” sê Le Roux.

Hy meen selfs ’n sogenaamde kliniese toepassing van mededingingsbeleid is deurspek met potensiële slaggate. “Die voorgestelde wet dra tot hierdie bestaande slaggate by deur burokrate se mag te verhoog om op ’n selektiewe wyse duur litigasie teen sekere ondernemings in te stel vir gerieflik gedefinieerde kommersiële misdade. Die wetsontwerp sal Suid-Afrika verder op die betreurenswaardige pad van regeringsinmenging lei. Dit belemmer en beswadder gesonde en algemene kommersiële handel, en sal sowel plaaslike as buitelandse beleggers afskrik,” sluit Le Roux af.

Sakeliga gaan op 28 Augustus 2018 om 9:50 ’n mondelinge voorlegging in die parlement oor die wetsontwerp voor die parlementêre portefeuljekomitee vir ekonomiese ontwikkeling doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan H. ·

En julle liberales dink dit sal ooiet end kry. Dieselfde met nie grond, as jy eers die duer oopmaak is daar net een pad. Selfde met hierdie invoer van Chinese. Oor 20 jaar sal SA onherkenbaar wees. Nie noodwendig mooie nie. Daar is geen persoon wat my verkeerd kan bewys nie.!!! Bbbeee is nie in LANDSBELANG nie!!

Lerato ·

Hallo Johan H

Help asb n bietjie.

Wie is die “liberalis?

En hoe pas hulle in die prentjie?

Frikkie ·

Hi Lerato

Liberaliste is die wat gedink het hulle gaan Utopia kry toe kry hulle Ethiopia. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is ‘n Nasionalis (NP).

Hulle pas in by die wat oud president Theodore Roosevelt gesê het “to anger a conservative, lie to him. To anger a liberal, tell him the truth.”

Bernard Hellberg ·

B-BBEE ( Bribe-based black economic enrichment) is tot voordeel van mensies met spesiale behoeftes?

Snowball ·

Hulle kan netsowel apartheidswette teen wittes instel, want dit wat hulle met al hierdie voorskrifte ten doel het is niks anders as die bevoordeling van een ras, met die doel om ‘n ander te negeer nie.

Pietman ·

En tog is daar steeds groot mediagroepe wat oorsee en plaaslik verkondig dat diskriminasie teen die wit minderheid in Suid-Afrika bloot vêrregse samesweringstoeriëe is.

Hierdie artikel se inligting asook Sasol en soortgelyke stories moet die wêreld ingestuur word!

Johan ·

Ek is nou al só moeg vir die amptelike anti blanke beleidsrigtings van die regering, ek kan skree. Sal daar ooit n vry en regverdige bedeling in ons land kom waar alles op meriete en nie ras gehanteer word?

Al ·

Ek stem. Het gedog CR het common sense, maar nee.
Die ANChet al 24 jaar kans gehad om mense te bemagtig, maar jammerlik gefaal.
Hul het die staatskaste geplunder, infrastruktuur laat agteruitgaan.
Nou wil hul soenoffers inbring – volgende jaar is verkiesing.
Hul wil seker maak hul is nog baas en nie klaas.

jakes ·

Ek is siek en sat vir BBBEE beleid wat veroorsaak dat blanke mense al hoe moeliker in die sakewereld gaan oorleef. Volgens my is dit niks anders as gewettigde diefstal. Geen wonder dat SA reeds oor die afgrond is tov ekonomiese beleid. Ek stem saam met Frikkie dat blankes moet net sake doen met blankes, dit gaan die enigste manier wees om te oorleef.

Frikkie ·

En ons kan ons eie geldeenheid hê, ‘n Crypto Currency soortgelyk aan Bitcoin. Die ANC regering gaan nie weet wat in ons geldsake aangaan nie en dan hoef ons nie meer belasting te betaal nie.

Frikkie ·

Die ANC regering beskou ons blankes nie meer as burgers van die land nie. En as jy nie ‘n burger van ‘n land is nie dan hoef jy mos nie belasting te bataal nie?

Celtis Africana ·

Dit is niks minder nie as strafmaatreëls en sluit pragtig aan by CR se toespraak in Limpopo:
” Alles behoort aan ons almal…”
“Ons moet seker maak dat alles wat in die land is gedeel word. ”
Vir n duideliker toekomscenario kan n mens nie vra nie.
Dit is baie duidelik dat die omvang van ekonomiese herverdeling in alle erns nou begin en veel meer insluit dan boerebates.
Die basiese reg tot privaatbesit word nou verkrummel en ek sou tereg n versteurde slaappatroon ontwikkel het indien ek vermoënd was.
Soos wat die planne ontvou en in die populistiese arena beland deur woordvlugtige politici, sal die uitwerking verseker die stemvee kraal toe bring.
Selfbeskikking word al hoe meer n enigste opsie.
” Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie HUL HOOP TE STEL OP DIE ONSEKERHEID VAN DIE RYKDOM NIE, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.”
Hoe onseker dié rykdom werklik is, gaan ons vinnig agterkom.

Clipper ·

Die anc is die mees rassistiese regering wat SA nog ooit gehad het. Hulle is totaal rasbehep en is erger as wat die NP ooit was

Nel ·

Ek’s bly dat daar iemand is wat dit kan insien. Maar helaas dis nou te laat om daaroor te huil.

Jovaro ·

Nee wat mense. Die land IS in sy maai. Alles word gedoen om die blanke uit te kry. Die wat geld het moet maar gaan. Die wat nie het nie… Leef dag vir dag. Niemand kan meer vooruit beplan nie.

Daar sal op die einde van die dag nêrens eers ‘n skaduwee onder ‘n sandkorreltjie wees waar ‘n blanke sal kan skuil nie, wat nog te sê ‘n lewe kan maak.

My kinders is oppad uit. Familie stel nie belang om die feite in die gesig te staar nie en ek ook oppad. Dan word my boek toe gemaak. ‘n Nuwe boek begin en dit op 60. Maar eerder dit as ‘n plakkers lewe as daar nog so iets gaan wees oor 5 jaar. Die chinese en hulle imperialisasie ideologie gaan Afrika in 2025 finaal oorneem. Dan gaan daar nie ‘n plekkie op Afrika bodem wees waar wit, swart, geel, bruin ens ‘n rusplek sal hê nie.

Jammer vir die fanaties-positiewe mens. Vat ‘n pad terwyl jy nog kan. NAM wil ook met gronddiefstal begin. En glo Botswana sal ook sy eiertjie lê.

Dus sonder grond, sonder werk, sonder fondse = dood

Liberaal ·

Salaristrekkers en kleinsakemense moet besef dat ons globale supperryk linkse heersers swartmense as skerm gebruik om julle besigheid oor te vat. Die globale elite verwag van julle om terug te staan , gee julle werke en kliente af want dit is die “polities korrekte” ding om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.