Sakereisigers kry dalk gou ‘entstofpaspoort’

(Argieffoto: Unsplash)

Die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) is in die laaste fase van die ontwikkeling van ’n digitale paspoort vir sakereisigers waarmee hulle hul inentingstatus asook Covid-19-toetsuitslae met lugdienste en grensowerhede kan deel. Dit sal deur middel van ’n kontaklose app plaasvind.

Daar is dus bemoedigende tekens dat sakereise weer tot ’n mate na normaal sal terugkeer namate die entstof wêreldwyd beskikbaar is, meen Oz Desai, algemene bestuurder van die Corporate Traveller-reisagentskap wat onder die Flight Centre-groep val.

Desai sê in ’n verklaring die idee agter die digitale paspoort is dat sakereisigers wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, moontlik Covid-19-toetse sal moet ondergaan of in kwarantyn moet gaan wanneer hulle internasionaal reis.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesweek gesê dit is belangrik om kennis te neem dat niemand gedwing sal word om ingeënt te word of verhoed word om te reis indien hulle nie ingeënt is nie.

“Sodra die entstof wêreldwyd toeganklik is, kan ’n digitale paspoort die nodige versekering en vryheid aan sakereisigers en vakansiegangers bied. Dit het die potensiaal om verwarring oor verskillende reisvereistes vir verskillende lande op te los. Dit beteken egter nie noodwendig dat sakereise dieselfde sal wees as voorheen nie en ons kan verskeie veranderinge verwag,” voorspel Desai.

Hy glo die sogenaamde kontaklose reis gaan vinnig die nuwe normaal word.

“Indien kenners geglo kan word, sal dit binnekort nie eens nodig wees om aan ’n deurhandvatsel te raak om die badkamer in ’n vliegtuig te gebruik of ’n ligskakelaar in jou hotelkamer aan te skakel nie.”

Desai wys wel daarop dat daar verskillende opinies is rakende die vorm van sakereise ná die Covid-19-pandemie. “Bill Gates beweer dat 50% van sakereise sal verdwyn selfs nadat die pandemie verby is. Ander sê weer dit sal dekades duur voordat sakereise terugkeer na normaal. Wat wel seker is, is dat die manier waarop ons sake doen, baie buigsaam sal word. Vergaderings in persoon is nie meer ononderhandelbaar nie, maar dit beteken nie dat dit heeltemal sal verdwyn nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anti-Verkramp ·

Korrek, daar moet gevolge wees vir die halstarrige spulletjie wat nie die entstof wil neem nie. Niks meer as reg nie want hulle hou ‘n gevaar in vir ander.

Jedi Knight ·

Dalk is dit juis die rede hoekom party mense nie die entstof wil hê nie.

MakersMark ·

Dis almal se eie keuse. Gelukkig sal die wat in die CV19 toetsry staan nie die ophou wat dit gekry het nie. Maar dan as jy nie reis nie is dit nie ‘n probleem nie…..

Deon ·

Wat vliegtuie en hotel kamers aan betref, gaan die persoon in die lug loop, in die lug op die toilet of stoel sit, in die lug slaap, en more oggend by die hotel, in die lug in die gang af dryf tot by die eetsaal…. Wat n spul bog!!!

Samuel ·

Wat gaan gebeur met reisigers wat weier om ingeënt te word? Sal daar op ‘n skei nheilige manier teen hulle gediskrimineer word? Vra maar net.

Anti-Verkramp ·

Hulle gaan onderworpe wees aan strenger reels want hulle is ‘n groter risiko. Ek dink diesulkes behoort hopelik ook hul eie kwarantynverblyf self te betaal.

amapinki ·

Groter risiko? Julle wat ingeënt gaan wees, sal nog steeds ander kan aansteek! Julle gaan nog steeds julle maskertjies moet dra. Al julle pro-entstof lot is baie kil, harteloos.

MakersMark ·

Nou maar laat jou inent ongelukkig kies ‘n mens nie om die virus te dra nie of jy het dit of nie. Soos jy sê weet sommige dit nie. As almal ingeênt word sal niemand siek word nie. Hemel is dit so moeilik ?

Irma ·

Ek stem heelhartig saam met jou kommentaar oor die spul wat pro-entstof is. Ek sal so ver gaan om te se dat hulle doodspreek oor die mense wat nie ten gunste van die entstof is nie.

Snowball ·

Die ‘spul’ het net soveel regte soos jy. As jy dit nie neem nie, is dit jou keuse en jou reg. Neem net die verantwoordelikheid daarvan ook saam – jy kan ander mense ook aansteek indien jy siek sou word. Ek beskou dit mý keuse om die entstof te neem, asook ‘n verantwoordelikheid teenoor my medemens. My naasteliefde is om te keer dat ek ouer of verswakte mense siek maak en dalk hulle afsterwe kan veroorsaak – as dit doodspreek is, het die wêreld baie aweregs geword.

Etienne ·

Ek verstaan nou nie – gaan ons nou gedwing word om die Covid inenting te kry sodat jy die ID kan kry om te reis of kan ons reis daarsonder?

Lizelle ·

Dit klink nou vir my baie van die” praaitjies “was wel waar. Daar was baie dinge gesê, van weier dat jy mag vlieg, sal nie by gyms kan ingaan nie, tot mediese fondse wat nie vir jou behandeling gaan betaal indien jy wel Covid opdoen nie. Tog het die president gesê dit is nie waar nie. So, ons weet alweer nie.

Snowball ·

Niemand gaan jou dwing om die inenting te neem nie en niemand gaan jou verhoed om te reis nie, maar jy gaan dalk in kwarantyn moet wees voor jy reis en ook Covid toetse moet ondergaan soos die artikel vermeld.

Vlooitjie ·

Die inligting staan in die artikel. Niemand gaan jou dwing om die inenting te neem nie en niemand gaan jou verhoed om te reis nie, maar jy gaan dalk in kwarantyn moet wees voor jy reis en ook Covid toetse moet ondergaan.

MakersMark ·

Enige persoon wat in Afrika reis moet reeds ‘n geelkoors inenting hê voor hul sekere lande mag binnegaan. Dis gewoonlik ‘n geel kaart dokument wat aan ‘n passport geheg word. Dis nie die merk van die dier nie en hopelik is die CV19 inenting paspoort bietjie meer gesofistikeerd dalk net ‘n “barcode” in ‘n paspoort. Dit sal die lewe vir die wat verlig genoeg is om ingeênt te word baie makliker maak die wat nie ingeênt is nie moet maar elke keer toets en wag vir die resultate.

Anon ·

De laaste dokter erken dat hulle nie bewyse kan lewer dat hierdie entstof Covid-19 voorkom of ‘n persoon permanent immuniseer nie. Dus begryp ek nie hoe jy ‘n geelkoors inenting met Covid-19 inenting wil vergelyk nie. Dit maak vir niemand die lewe makliker om soos skapies agter organisasies aan te loop wat op hierdie stadium géén waarborg kan lewer nie.

MakersMark ·

Die eerste inenting in mediese geskiedenis was in 1798 toe Edward Jenner ‘n persoon teen pokke of as dit meer sin maak “swart dood” in te ent. En hy het die inenting van die bloed van ‘n geinfekteerde persoon vervaardig. So inentings is al 322 jaar oud of dit pokke, masels, geelkoors, meningitis, hondsdolheid, klem in die kaak, hepatitis of wat ookal was. Baie skapies se lewens gered. Gelukkig kan jy nog steeds kies on in die ry te staan vir CV19 toetse by die lughawe.

Anon ·

Mmm, so Rhamaposa se toespraak van Maandag word weerspreek? Mense gaan wel gedwing word om op die een of ander manier hierdie uiters onbetroubare inenting te neem? Hou maar julle entstof, dit is nog nie as 100% betroubaar bewys nie.

MakersMark ·

Niemand gaan niemand dwing nie as jy reis per enige vorm van massavervoer sal jy of ‘n inentingsbewys of ‘n covid toetsie nie ouer as 48 uur wat negatief lees op die tafel moet sit ander reis jy nie…..niemand word gedwing nie.

Kokerboom ·

Hier kom ‘n ding soos reeds voorspel. Totale beheer oor persoonlike vryheid. Wat maak Covid 19 so spesiaal? Wat van ander dodelike siektes soos geelkoors, TB, HIV, Kongo koors en vele meer erge siektes? Waar gaan dit eindig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.