Sakerowers brand op polisie los

(Foto: SA Polisie)

Twee polisiebeamptes is Maandag geskiet en ernstig beseer toe hulle tydens ’n patrollie op ’n sakerooftog in Tonga naby Komatipoort in Mpumalanga afgekom het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, het die beamptes, onderskeidelik 38 en 42 jaar oud, ’n roetinepatrollie uitgevoer toe hulle onwetend verby die rooftog wat aan die gang was, gery het.

“Toe die verdagtes die polisievoertuig opmerk, het hulle op die beamptes losgebrand. ’n Oor-en-weer-skietery het gevolglik uitgebreek.

“Die beamptes is tydens die voorval beseer en na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.”

Sekgotodi sê die polisie ondersoek die saak, maar dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

 Genl.maj. Zodwa Mokoena, die Valke se provinsiale hoof in Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“’n Aanval op die polisie is ’n aanval op die staat. Ons sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat die skuldige partye aan die pen ry nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat van die aanvalle teen ons of is net die uniforms so vreeslik belangrik? Gggmmmfff bekotsingswaardig werklik om so min vir die publiek om te gee!!!

Keelvol ·

Ja die uniform is belangriker. Want jy sien persheks Adri dis die publiek waar die probleem is. Haal die skille van jou oë af.

Werner ·

Jy bly seker nie in SA nie Johan weet jy hoe korrup die univormdraers in hierdie land is.

ES ·

Johan, ek sal nogal wil hoor hoekom jy beweer die publiek is die probleem? Want misdadigers kan DEFINITIEF nie as deel van die “publiek” geag word nie.

Persheks Adri ·

Presies my woorde ook ES ons is eerlike burgers werklik almal is nie misdadigers nie. Dis ok ek vat die duim af nie persoonlik nie veral nie as ek reg is nie

Trotse Boervrou ·

Mens noem dit anargie. Die kriminele voel minder vir die polisie en weermag as vir die publiek. Ek gaan nie eers begin om te verduidelik waarom nie. Dit is vanselfsprekend.

Surfer ·

Goed opgeleide kriminele (terroriste) wat ons swak opgeleide polisie n les leer. Te danke aan JM.

Keelvol ·

Dis omdat die wette al so verander is en die kriminele meer regte het.

Harley Davidson ·

Die polisie het nou ‘n verleentheid geword en die kriminele buit die sitsuasie uit,die polisie lei nou self onder hulle swak opleiding en leierlose strukture, op hierdie stadium lyk dit asof hulle ook nie die nodige toerusting en wil het om vandag se kriminele aan te vat en misdaad te bekamp nie.

koos10 ·

Jasper, dit gaan dieper as dit. SAPS lede weet nie wat mag en mag nie gedoen word nie. Ou hoed skree skiet, die howe stop lede in die tronk as hulle skiet. Marikana was die keerpunt. Toe die polisie optree word hulle voor die hof gesleep, en die sake gaan tot vandag nog aan. Baie SAP lede is ook voor 1994 opgelei en vrek goed opgelei, maar die land en wette het verander, met bykans geen leierskap meer nie. 99% van lede op voetsool vlak is bitter goeie mense en SAPS beamptes, wat lam gelê word (lees gefaal) deur die top bestuur en regering.

Pieter ·

Die ANC land is een groot grap sal nooit verander nie. Die ANC is dan self terroriste

Werner ·

Die polissie kan ons nie beskerm nie.En dan wil hulle ons vertel hulle is reg vir die 23ste .Hier kom groot moeilikheid ons is op ons eie aangewese.

Persheks Adri ·

Stem Werner net soos hulle reg was in KZN en op hoë gereedheidsgrondslag geplaas is gggmmmfff

Hennie ·

‘n Aanval op ENIGE WETTIGE LANDSBURGER is ‘n aanval op die staat! Sotte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.