Sakevrou beweer moetie maak gesin siek

Argieffoto van moetie. Foto: @inkMedia

Argieffoto van moetie. Foto: @inkMedia

Madelaine van Rooyen, ʼn sakevrou van Ballito in KwaZulu-Natal, het gesê iemand gebruik moetie teen haar om haar luukse huis van R5,5 miljoen in die hande te kry.

Van Rooyen het haar huis in die mark gesit en Kaapstad toe getrek omdat sy beweer verskeie silindervormige voorwerpe in haar tuin het haar, haar seun en haar honde siek gemaak. Sy het ʼn sterk vermoede wie die voorwerpe daar geplaas het, maar wou nie die persoon se naam bekend maak nie.

“Hy probeer my verhoed om my huis te verkoop. Hy wil my geld vasmaak sodat ek my huis sal verloor,” het Van Rooyen Maandag gesê. Sy het gesê haar huis van 500m² op ʼn 1 300m² erf is al vir die afgelope jaar in die mark. Dit is gemeubileer, in ʼn onberispelike toestand en het ʼn see-uitsig. “Daardie jaloerse idiote dink hulle kan dit vir niks kry,” het sy gesê.

Sy het gesê vier hopies moetie is in die afgelope paar maande in haar tuin gekry. Die persoon wat daarvoor verantwoordelik is, het oor haar muur in die voor- en agtertuin geklim. Sy beweer die skuldige het die alarm laat afgaan, maar net genoeg tyd gehad om die moetie onder sand te bêre voordat die veiligheidsmaatskappy opgedaag het.

“Dit gaan al vir jare aan. My seun en ek het siek geword, en toe my honde. Dinge het nie so goed gegaan nie, so ons het getrek.” Sy het vir 11 jaar in die huis gebly en bestuur ʼn sakeonderneming wat vragmotorbestuurders voorsien.

Van Rooyen het ʼn tradisionele geneser gekry om haar te help. Dié het ʼn Sionistiese priester gekry om van die moetie se effek ontslae te raak.

Sy hou vol die moetie het ʼn negatiewe invloed op haar lewe. “Ek glo in alternatiewe genesing. As jy op mense se energieveld kan werk, kan jy hulle beïnvloed.”

Die moetie wat bestaan uit pakkies wat met tou vasgemaak en met modder bedek is, bevat stukkies glas, muntstukke en selfs ʼn koeël. Van Rooyen beweer die koeël is ʼn dreigement om haar dood te maak, die glas beteken mense sal na haar huis kyk maar dit nie koop nie en die muntstukke is ten doel om “jou geld op te droog”. Die tou is om haar aan die huis vas te maak sodat die gesin “nie vorentoe kan beweeg nie”.

ʼn Man met die naam Phineas bly tans in die huis om na die eiendom om te sien. “Hy is nie bang vir moetie nie. Hy is nie ʼn gewone Zoeloe nie. Hy word nie deur al daardie nonsens gepla nie,” het Van Rooyen gesê.

‘Moetie is skrikwekkend’

Die geneser wat Van Rooyen gehelp het wou nie sy naam genoem hê nie, maar het gesê moetie is “’n regte Afrika-ding” en “scary sh*t”. Volgens hom kan moetie goed soos bloed, diereontlasting, vark- en hondesperm en ander “onderwêreldse dinge” bevat.

Sheila Khama, ʼn sangoma wat met News24 gepraat het, het gesê die pakkies wat in Van Rooyen se tuin gevind is, word “umeqo” genoem. Dit is ʼn soort towerspreuk wat uit ʼn kombinasie van plante gemaak word. Die persoon wat dit daar geplant het, moes beskerming gedra het en hulself ná die tyd gereinig het om die negatiewe effek daarvan die vermy, het Khama gesê.

Die pakkies word gewoonlik naby ingange en uitgange geplaas, sodat die persoon wat geteiken word daaroor moet loop en te verseker dat die towerspreuk die gewenste effek sal hê. Khama het aanbeveel dat Van Rooyen die pakkies van die eiendom verwyder, dit verbrand en die as met medisyne genaamd “umbola” meng.

Hierdie mengsel moet in ʼn vloeiende stroom gegooi word, die huis en tuin moet gereinig word en Van Rooyen moet seker maak sy bly in ʼn “positiewe geestelike toestand”. Sy kan ook by die ingange na die huis beskermende plante plant soos vinkel of sekere soorte aalwyne.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anet ·

Madelaine, gaan op jou kniee en bid. Hierdie toorgoedjies kom van die duiwel. Omgord jou daagliks met Gebed. As jy in die toorgoedjies glo dan sal jy siek word. God is baie groter as die Duiwel en sy trawante. Bly weg van hierdie mense, en kry mense om saam met jou te bid om jou huis, diere en familie te beskerm. Bly ook weg van tradisionele helers hulle is nie van ons Kultuur nie, en wil net geld maak uit jou elende

HFC ·

Het jy al van goëlery gehoor of dit self ondervind? Indien wel sou jy nie so ‘n aanmerking gemaak het nie.

Dave ·

Het nou werklik gedink die enigste mense wat in goëlery glo is daais wat bakstene onder hul beddens se pote sit sodat die tokkelossie hulle nie kan bereik nie. Waar bly jy – in Nkandla? Trek beskawing toe!

MARTIN ·

Nee wragtig mevrou, stadig nou, ons kan nou nie afdaal na daai standaard toe nie. Snert man, daar bestaan nie so iets nie.

ryno ·

“Hy is nie bang vir moeti nie. Hy is nie ‘n gewone Zoeloe nie. Hy word nie deur al daardie nonsens gepla nie”, het van Rooyen gese.

Vreemd dat as sy self se dit is nonsens, sy tog aan die nonsens glo…Moeti en toordery het net soveel mag oor jou as wat jy toelaat….

Janie ·

En Liewe Jesus se wat jy glo sal oor jou kom!so daar is dit nou….selfde ding van meng jou met semels meng jou met duiwels dinge en moet dan nie moan as die vuur jou gat brand nie!

Christo Visagie ·

Soos wat daar goeie geeste is is daar ook bose geeste (“black magic & voodoo) of anders gestel Satan se bose geeste, dit bestaan wel en is nie net bang maak stories nie.

CHRISTA ·

Ja Christo, maar Jesus Christus het Satan klaar verslaan en as jy Hom aangeneem het as jou Verlosser, het Satan GEEN MAG oor jou nie!!!

Piet Pompies ·

Slaan die vreemde voorwerpe met ‘n sweep, die person wat dit geplant het ervaar die pyn. Hou aan om dit te slaan, elke dag totdat dit heeltemal stukkend is….. Teen daardie tyd is daar genoegsame bewyse dat jou kop nie lekker is, groendakkies toe met jou!

Stef ·

Ja, dis ‘n geval van gogga maak vir baba bang. Die vrou moet haarself regruk en die bogtery aflag vir wat dit is. Sy laat toe dat daar met haar kop gesmokkel word.

Poppie ·

Hierdie dinge is werklik ontstellend. As iemans met n antropologiese agtergrond dra ek kennis van die animisme. Die plaaslike inheemse volke (mede landsgenote) het tradisioneel almal een of ander vorm van geloof in die voorouers en dit word op een of ander wyse steeds in die hedendaagse moderne lewe voortgesit. Toordery en vreemde religeuse rituele maak alles deel uit hiervan. As oortuigde Christene versaak ons ons christelike plig, want ons versaak ons sending opdrag (Mat 28:19&29) om die waarheid onder ons mede landsgenote te verkondig.

Hierdie sogenaamde toorgoed het geen houvas op jou as jy die Koning van alle konings Vader noem nie. Let asb daarop dat jy nie sy naam net as n wonder word mag gebruik net vir beskerming teen die aanslae van die bose nie. Glo in Hom en Hy sal jou berskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.