Sakevrou in hof oor omstrede suiwelprojek

Mbana Thabethe, Limakatso Moorosi, Seipati Dhlamini en Iqbal Sharma tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: Verskaf)

Die Bloemfonteinse streekhof het die R25 miljoen- Estina-suiwelprojeksaak tot 6 Desember 2021 uitgestel vir ʼn voorlopige datum om die akte van beskuldiging en voorlopige sake te finaliseer.

Ronica Ragavan is in haar persoonlike kapasiteit bygevoeg as beskuldigde nommer agt en in haar verteenwoordigende kapasiteit as ʼn direkteur van Islandsite Investments, ʼn maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, as beskuldigde nommer sewe, sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Nulane Investments-werknemer Dinesh Patel, beskuldige 6 in die saak, was weens mediese redes nie in die hof nie. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik, maar teruggehou.

Ragavan het tydens die vorige sitting op 28 September 2021 versuim om in die hof te verskyn in haar verteenwoordigende kapasiteit van Islandsite. ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is ook uitgereik en teruggehou. “Die lasbrief is Vrydag gekanselleer. Ragavan staan tereg op twee aanklagte van bedrog en geldwassery vir haar rol in die Gupta-onderneming.”

Die ander beskuldigdes in die saak is voormalige Transnet-raadslid Iqbal Sharma, voormalige Vrystaatse departementshoof van landelike ontwikkeling Peter Thabethe, voormalige Vrystaatse departementshoof van landbou Limakato Moorosi, en voormalige finansiële hoof van die departement van landbou in die Vrystaat Seipati Dhlamini. Hulle staan ook tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Die voormalige staatsamptenare staan ook tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die groep word saam met twee ander maatskappye aangekla, Nulane Investments en Islandsite Investments.

Klagtes teen die verdagtes hou verband met ʼn studie wat die Vrystaatse departement van landbou gedoen het om te bepaal of die Estina-suiwelprojek uitvoerbaar is. Volgens die klagstaat is sowat R25 miljoen tussen 1 November 2011 en 28 Februarie 2012 deur die departement aan Iqbal Sharma se maatskappy Nulane betaal om dié studie te doen. Nulane het dit aan ʼn maatskappy, Deloitte Consulting (Edms.) Bpk., wat die studie uiteindelik teen ʼn bedrag van R1,5 miljoen gedoen het, uitgekontrakteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Nou die GROOT vraag is as sy skuldig gevind word sal sy tronk toe gaan. Soe baie saake gaan hof toe en dan gebeure daar NIKS!

Grassie ·

Ek sien die meeste van die aangeklaagdes is voormalige regeringsamptenare in die Vrystaat se regering. Nou wat van die persoon wat die premier van die Vrystaat was daardie tyd? Daardie mense het mos almal onder sy toesig “gewerk”, hoe kon hy nie weet wat aangaan nie? Eish!

Dirk Mostert ·

Ek sien nie Ace en Zwane se name onder die beskuldigdes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.