Sakevrou word ‘swart Zille’ genoem ná twiet

Wendy Luhabe. Foto: Facebook.

Wendy Luhabe, prominente sakevrou en aktivis, loop deur op sosiale media en word as die “swart Helen Zille” uitgekryt ná ʼn omstrede twiet oor apartheid.

“Ek het tydens apartheid grootgeword en my loopbaan begin en ons het toe ʼn baie beter werksetiek gehad. Ons was te verstane verantwoordelik vir ons lewens … hierdie eienskappe is egter vervang met ʼn kultuur van eiegeregtigheid en afhanklikheid sedert ons ʼn demokrasie geword het,” lui Luhabe se twiet.

Sosialemediagebruikers oor alle rassegrense heen het behoorlik uitgevaar teen dié plasing. Clive Simpkins het gesê “dié is ʼn gemene veralgemening. Ek glo baie swart gesinne lei aan apartheid-geïnduseerde posttraumatiese stres. Baie is vasgekeer in plakkershutte en ʼn malende siklus van armoede met net stukwerk as ʼn opsie.”

Nokuthula Ledwaba het gesê “daai keer wat ons hard probeer werk het in ʼn stelsel wat in ons gesigte spoeg elke dekselse keer. Steeds staan ons op en probeer. Voor jy ons takseer kom na ons deel van die stad. Jou twiet het so diep gesny. Dis ook gemeen.”

Monde Sibisi het gesê “met alle respek mevrou, jy moet uit daardie ivoortoring klim en met die struwelinge van jong swart professionele werkers te doen kry. Ons werk 20 keer harder as almal anders en gee ons siele aan die maatskappye wat ons in diens neem en steeds word ons lui genoem en gesê ons het nie werksetiek nie.”

Luhabe is ʼn voormalige visekanselier van die Universiteit van Johannesburg en is in 2014 met die Britse LVO (Lieutenant of the Victorian Order) vereer.

Sy het ook al poste beklee by vername maatskappye en is met Mbhazima Shilowa, voormalige premier van Gauteng, getroud.

Maroela Media het Luhabe genader om kommentaar en wag op haar terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Charles ·

Baie dankie Mev Luhabe, jou kommentaar sny so diep en is SO waar.

Mense se oe is besig om oop te gaan, uiteindelik!

Godseen.

joseph ·

Weereens n bewys dit gaan nie oor wie nie dit gaan oor die waarheid, as jy die waarheid praat is jy n rasis of n kolonialis mense waneer gaan die mense se oe oop gaan en die waarheid embrace. ek moet se sy het in elk geval meer styl as die klip gooiers.

Marius ·

Ware woorder van ‘n persoon wat hard gewerk het en nie net wil he soos somige mense in die land.Mense wil nie die waarheid hoor dan wil hulle jou met klippe gooi.

Eish ·

Daar is absoluut niks rassisties aan haar uitspraak nie. Sy verwys uitsluitlik na die tydsgleuf waarin sy begin werk het. Sou sy die jaar genoem het, was dit dalk minder van n herrie.
Die tweede deel van haar stelling is ook feitlik verifieerbaar. Ons het die meeste toelaagtrekkers ooit. ” We demand…” met algehele ontwrigting van die omgewing. Dit is verder ook waar dat werksetiek in daardie jare baie beter was as huidig. Misdaad het rekordhoogtes bereik. Die wiele het afgeval…
Die waarheid is maar n volksvreemde konsep deserdae.

JSO ·

Eish – niemand beskuldig haar van rassisme nie? Net oor die omstrede ard van haar tweet.

Eish ·

Skuustog, dis die ouderdom.
Ek het die konneksie gemaak toe ek Apartheid sien. Dit is losstaande begrippe.

toy ·

Apartheid moet altyd die skuld kry vir alles. Dit raak regtig afgesaag en irriterend. Mense soek net ‘n verskoning vir alles apartheid is al 24 jaar nie meer deel van die land nie, niks het regtig verbeter nie gaan kyk maar hoe gaan dit in al die staatshospitale ek het jare daar gewerk en dit was nooit soos nou nie, swak.

SO ·

Niks word waardeer en gerespekteer as jy dit nie geleer het van kleins af nie in jou ouerhuis nie. Respek vir lewe van enige mens, goeie werksetiek en menseverhoudings is beslis die waarheid.

Al ·

Omdat sy die waarheid praat word sy gestenig op sosiale media?!
Plakkershutte het nie almal verhongerde inwoners nie.
Hul verkies die goedkoop leefstyl en spandeer hul geld aan duur klere, wegneemetes, DSTV ens.

MS ·

Freedom of speech, soos hulle mos altyd se. Ek sien niks rassisties in haar tweet nie, dis slegs haar opinie wat gebasseer is op haar eie lewenservaring.

Mooi so, Mevrou Luhabe. Jy het hard gewerk om te kom waar jy is en jy is n voorbeeld vir baie.

Gert ·

Verskriklik baie dankie Wendy vir jou waar woorde. Ek haal my hoed af vir jou. Ek wens so daar was meer swart mense wat hierdie realitieit wil besef en so koelkop kan vertel. Dit sal soveel spanning verlig en is die enigste oplossing vir die totale mislukking wat Suid Afrika tans is. Die mense wat jou aanval wil nog steeds wegkruip agter ‘n onbevoegdheid wat hulle weier om te oorkom

Adam ·

Hoekom is dit vir sommige mense so moeilik om die waarheid te hoor en te aanvaar Ek het in die nuwe era self ervaar dat sommige werkers het geen resek en trots vir hulle werk nie Kyk hoe gaan dit in die skole Geen disipliene Misdaat want mense het nie respek vir mekaar of ander se eiendom nie Sou net respek en disipliene vandag kon beststaan was die helfte van die land se probleme opgelos

Schalk ·

Die waarheid is dat sekere mense skuldig is aan kry sonder werk. Respek vir jou Mev.

Nonnie ·

Mev Luhabe, jy en Thuli Madonsela huldig albei dieselfde waardes en uitkyk op die werklikheid. MET ANDER WOORDE, NIE EEN VAN JULLE IS BEREID OM DIE HEELTYD SLAGOFFERS TE SPEEL NIE. JULE IS DIE WARE STRYDERS EN WENNERS!!!!!

marrietta ·

Aan Nonnie, ek stem heeltemal met jou saam. Die oorgrote hoeveelheid mense reken hulle nog as slagoffers. Sodra hulle besef dat hulle eerder oorwinnaars is en trots regop staan, sal n ongelooflike verandering in SA plaas vind.

Bernard Hellberg ·

Arme Clive Simpkins hou duim vas dat sy “brownie punte” poging raakgesien word?

Danie ·

Solank as wat hulle apartheid kan blameer vir alles wat sleg is hoef hulle mos niks vir hulleself te doen nie en moet alles gratis na hulle kant toe kom.

Judge Dredd ·

To anger a conservative, lie to him.
To anger a liberal, tell him the truth.

Casper Labuschagne ·

Welkom in ‘n sombere wêreld soos wat George Orwell beskryf het, waar die huidige tydsgees van die meerderheid se opinie bepaal wat jy mag dink of nie, wat die aanvaarde geskiedenis is, of nie en dat jy voor ‘n bloeddorstige horde wat smag na wraak figuurlik gekruisig sal word, sou jou opinie met die meerderheid verskil. Voorsitter Mao se Rooi Brigades het nou eenvoudig die swaard van politieke korrektheid geword en die soldate van die Rooi Stryd is diegene wat nou rondom jou staan.

Sou jy vandag die volgende dinge sê, sou dit sekerlik ook haatspraak wees wat woede sal uitlok: Tydens Apartheid het beeste ook vet geword; Tydens Apartheid het koeie het ook heerlike melk gelewer; Tydens Apartheid het vleis het ook lekker gesmaak; Tydens Apartheid was die wol van skape ook van hoë gehalte; Tydens Apartheid was die water in die krane was altyd drinkbaar; Tydens Apartheid het die son soggens opgekom en lekker warm geskyn; Tydens Apartheid het kinders na hul ouers geluister; Tydens Apartheid kon jy snaaks genoeg glo wat die koerante skryf; Tydens Apartheid het min huise hoë mure of diefwering gehad; Tydens Apartheid kon jy vir ‘n week of selfs ‘n maand ry sonder om een slaggat in die teerpad te sien; Tydens Apartheid was die krag lekker goedkoop en amper nooit af nie. Asseblief mense, moet nie sulke goed soos die sê nie, die horde op Twitter sal woedend word.

M ·

EK HAAL MY HOED AF VIR JOU MEVROU LUHABE, JOU WOORDE SNY DIEP EN DIS SO WAAR. JY VERDIEN RESPEK.

christa ·

so hoor hulle die waarheid uit die perd se bek. Warheid maak seer. Hulle is te behep met apartheid, plaas hulle forkus op die toekoms wat hulle self so opneuk.

FPK ·

“As jy die waarheid praat, sal hulle jou wil doodmaak” ware woorde van FPK.

zoom zoom ·

Saam met mev Luhabe Sal ek ‘n pad kan stap. Ek haal my hoed af vir jou.

Good for you ·

Whaaaaaaaaaaaaaa ek love dit. Ten minste het sy verstand EN is sy objektief en nie soos die libs en revolusioneres wat alles wat hulle doen as GOED ag en alles wat ander doen as SLEG ag nie … As jy kon opstaan tydens Apartheid en dit gemaak het as ‘n gekleurde persoon HAAL EK MY HOED VIR JOU AF, maar dit is die wat die skole afgebrand het wat nou kwaad is vir jou … GOOD FOR YOU!

Maak nie saak nie ·

Maak nie saak wat hul jou noem nie, jy weet waarvan jy praat & dit is presies die probleem, aan die mense wat geraak voel, wie in berig genoem word, sy praat juis nie van julle, julle moet juis saam met haar staan, want ek glo jul het dieselfde werk etiek as sy & dit is waaroor dit gaan. Wendy gebruik maar die jaartal, somige mense sien en glo net wat hul wil, ek stem saam met jou ek is ook trots en verkies eerder om my goed te verdien as om te bedel of martelaar te speel.

PLP ·

As alle swart mense maar net van die word apartheid vergeet en fhulle toekoms in hulle eie hande neem sal dit al klaar 200% beter met die land gaan. Dit is maklik om ander altyd te blameer (lees apartheid) om jou eie onbevoegdhei weg te steek. Werk jy 20 x harder as jou mede werkers, nee ek glo nie. Ons weet almal wat die werks etiek is van sommige swart werkers. Kom ons se daar was nooit apartheid nie, wie en wat sou julle dan blameer het. Word groot, neem eie verantwoordelikheid, maar nee is mos maklik om jou skouers op te trek en ander te blameer. Dankie vir jou eerlikheid mevrou Luhabe, 80% van jou mede volksgenote voel presies dieselfde as jy. Jy het net die juk van jou skouers afgegooi en die moed gehad om te se wat die res te bang is om te se. Ek en my mede Afrikaners salueer jou

Spike ·

Hierdie vrou is goed opgevoed en is van die min wat regtig rassioneel is. Daarby kan jy sien sy is van die min wat integriteit het.

Spike ·

Die wat haar aanval is skuldig aan luiheid en swak werketiek.

N van P ·

Ek sien elke dag hoe die “plakeers” huise in ons omgewing bou en in PLAKKERSKAMPE in die stede woon. Dubble verdiepings rys op soos jy nie kan glo nie??? So ek het drie huise maar ek bly gerieflik in n RDP huisie teen geen of baie min koste en ry als aan en spandeer als op die nuwe huise.

Landi ·

Natuurlik hoef hulle ook nie goedgekeurde bou planne vir die monstrocities te he nie…lol nog minder erf belasting, Eskom of SAUK rekeninge. Maar jy beter vir hulle paaie en toilette gee OF.

Anoniem ·

Goed gesê : Neem uit die verlede alles wat mooi en edel is en bou daarop die toekoms ! Hier is geen bak-hand-staan vir dit wat moontlik uitgedeel gaan word nie ! 10 uit 10 vir Jou Mevrou OF ? Was alles van die verlede dan SLEG ? Nee, ek twyfel want anders sou Mevrou Wendy Luhabe dit nie gesê het nie ! So lê daar nog baie positiewe waarhede van die verlede opgesluit wat mense nog net moet uitspreek !!!!!!!

Jerry ·

Mense gun mekaar niks in SA nie. Daar is geen sweempie verdraagsaamheid of respek teenoor enige persoon wat iets se wat ander nie wil hoor nie, veral as jy nog boonop n suksesverhaal het om te vertel! Dit maak nie saak hoe ons daarna kyk nie, as die mense en veral die jeug mekaar gaan begin vat, gaan hulle nie laat los nie. Die mense se bloeddorstigheid sal nie geles word nie!

Sydney ·

Sy is nou wat ons kan sê so na aan n mens se hart as wat kan kom. Eerstens praat sy net die waarheid tweedens is daar beslis baie nes sy wat NIE huiwer om die waarheid te praat nie. Maak ook nie saak waar en wanneur sy as kind groot geword het nie. Sy verdien regtig ‘n pluimpie vir haar opregtheid em eerlikheid

Koos de Meyer. ·

Wie se skuld is die plakkerskampe. Ons grense is mos oop, dis mos die land van melk en heuning. Alles is in hulle verstand in, hospitale alle ander staatsplekke. Hierdie dame slaan die spyker op die kop. Sy verdien ‘n groot applous. Die Geldenhuyse wil nou nog grond ook hê. Die dame isTen minste iemand wat die werklike. toedrag van sake besef. Mooi.

GM ·

Vir so ‘n persoon het ek hengse baie respek!
Ek sukkel so bietjie om in te sien hoe party 20 keer harder werk. Ek sien wagte lê en slaap 3 ure nadat hul skofte begin het; ek sien werkers 3 uur loop as hul werkgewer nie teenwoordig is nie; ek sien van hul weke lank aan ‘n klein probleempie spandeer wat die werkgewer dan maar self, in minder as ‘n dag se tyd, gaan uitsorteer. As hul bietjie oortyd moet werk, is die monde dik. By van die winkels, voel ek al om te vra of ek my eie inkopies kan oplui. Die meeste van die tyd moet mens staan en wag dat daar eers klaargepraat word, voor jy gegroet word. So waar is die werksetiek waaroor sommige so aangaan? (En dis oor alle kleurgrense).
Die waarheid maak seer.

Adam ·

Ek het in 2003 Wendy Luhabe se boek “Defining Moments” as verjaarsdag geskenk by ‘n vriend gekry. Lees dit gerus; sy is ‘n yster.

anton ·

As ek so na byna almal se kommentaar kyk, kan ek verstaan hoekom ons land in sy kanon in is!!!

Trudy Pieterse ·

Ek ken haar van die laat 90′ al. Sy is ‘n intelligente mens met hoë waardes en uiters bekwaam. Die kritiek wat so kwistig gespu word jeens haar en haar stelling, blyk my komend van arrogante tonnel visie individue wat ongemaklik is met waarheid, ongeag die persoon wat waarheid spreek se herkoms of ras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.