Sakke vol dwelms tydens N1-patrollie gevind

Polisiebeamptes het Maandag op dwelms ter waarde van R900 000 tydens ’n patrollie op die N1 naby Bloemfontein beslag gelê. (Foto: SAPD)

Polisiebeamptes het Maandag op dwelms ter waarde van R900 000 beslag gelê tydens ʼn roetinepatrollie op die N1 tussen Trompsburg en Edenburg naby Bloemfontein in die Vrystaat.

Nege swart plastieksakke vol dagga was in ʼn Volkswagen Golf 5 geprop terwyl verskeie ander dwelms waaronder kristalmetamfetamien en nyaope in ʼn Volkswagen Polo gevind is.

Vyf verdagtes tussen die ouderdom van 36 en 47 is op die toneel in hegtenis geneem.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, was hoofwegpolisie besig om die gebied te patrolleer toe hulle ’n verdagte voertuig opgemerk het.

Die grys Golf 5 is gevolglik deur die polisie voorgekeer waarna die groot hoeveelhede dagga op die agtersitplek en in die kattebak van die motor gevind is.

Polisiebeamptes het Maandag op dwelms ter waarde van R900 000 tydens ’n patrollie op die N1 naby Bloemfontein beslag gelê. (Foto: SAPD)

“Tydens die inhegtenisneming van die twee verdagtes in die Golf 5 het ʼn wit Polo opgedaag en die polisie geld aangebied om die verdagtes te laat gaan.”

Dit is nie duidelik hoeveel omkoopgeld aangebied is nie.

Volgens Makhele het die betrokke polisiebeampte egter geweier en opdrag gegee dat dié voertuig ook deursoek word.

Nadat ander dwelms in dié motor gevind is, het die polisie die drie insittendes in hegtenis geneem.

Die saak word tans ondersoek en die verdagtes sal Maandag in die Edenburg-landdroshof op aanklag van die besit van dwelms en omkopery verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Philip ·

Ek het verstaan dat dagga vir persoonlike gebruik nou aangeplant en wettig is.As persone nou in hegtenis geneem word beteken dit dat die handel en verspreiding net deur n uitverkore groep gehanteer mag word amper soos die handel van diamante al jare beperk was deur net n sekere spul skelms.

Yvonne ·

Baardman nee man die polisie het gedoen waarvoor hulle betaal word……dit is mos hoe dit moet wees…hoekom n bonus gee

Mariana ·

Wel gedaan, polisie. Bly daar is nie omkoopgeld aanvaar nie.

Yvonne ·

Dit is vir n verandering n baie positiewe uit voering van hulle plig …bravo

Charl ·

Mooi so ! Geen omkoopgeld aanvaar nie, jy’s ‘n sprekende voorbeeld van ‘n polisiebeampte wat nog trots het in sy beroep !

Belinda ·

Wel gedaan! Wens ons kan meer sulke nuus lees.
Baie kinders se lewens word nou gespaar..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.