SAKP bevestig kabinetskommeling en ‘intelligensieverslag’

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Die SAKP het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê pres. Jacob Zuma het aan die party bekend gemaak dat hy die minister van finansies en sy adjunk gaan vervang.

Solly Mapaila, tweede adjunkhoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), het gesê die party het beswaar gemaak teen ʼn kabinetskommeling.

Mapaila het ook gesê hulle is bewus van die sogenaamde intelligensieverslag wat gebruik is as rede om Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas van ʼn beleggingstoer in die Verenigde Koninkryk en Amerika terug te roep.

Die “intelligensieverslag” is volgens die SAKP Maandag op ʼn vergadering van die ANC se topses leiers voorgelê as “bewys” hoekom Gordhan en Jonas moet terugkeer na Suid-Afrika. Volgens die verslag was Gordhan en Jonas van plan om Zuma swart te smeer en internasionale bankiers te vra om saam teen hom te veg.

Die ANC se topses leiers is volgens berigte egter nie eens oor die beweerde besluit om Gordhan die trekpas te gee nie.

Talle joernaliste het gisteraand buite die Uniegebou in Pretoria uitgekamp nadat verskeie spoggerige motors die terrein binne is. Dit was egter volgens die presidensie net die kabinetsvergadering wat later plaasgevind het nadat dit die oggend uitgestel is vir die begrafnis van die vryheidsvegter Ahmed Kathrada.

Zuma het nie Woensdag Kathrada se begrafnis bygewoon nie “in ooreenstemming met die wense van die familie”. Zuma is egter in sy afwesigheid openlik gekritiseer. Voormalige pres. Kgalema Motlanthe het dele uit ʼn ope brief aangehaal wat Kathrada aan Zuma geskryf het waarin hy hom vra om te bedank.

Motlanthe het ʼn staande en luide toejuiging van die gehoor ontvang terwyl hy die brief voorgelees het.

Gordhan is ook staande toegejuig by die begrafnis. Neeshan Balton, direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting, het Gordhan gevra om op te staan voor hy gesê het: “Oom Kathy het gesê hy sal saam met PG [Gordhan] gaan om hom na die hof te vergesel. Pravin, ongeag of jy in die volgende dae en weke wat kom minister is of nie, jy bly getrou aan die waardes en beginsels waarop Ahmed Kathrada trots sou wees,” het Balton onder luide toejuiging van die gehoor gesê.

Intussen het die presidensie nog steeds geen woord gerep oor die bewerings dat Zuma die kabinet gaan skommel en Gordhan en Jonas die trekpas wil gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Zorro ·

Nou kan daar gevat word net wat hulle will. P.Gordan het stelling gemaak oor hoe elkeen homself deur sy eie waarde en beginsels laat lei. Daarom wil daar van ‘n beginsel-vaste persoon ontslae geraak word. Eich

Ouma ·

Ek sal my nie verbaas as die twee Gupta broers dalk die minister en adjunk gaan word nie. Niks is meer ontmoontlik en verbasend nie. Ai ons land!

AL ·

Op News 24 nou berig met tweets dat apartheid nie kon die ANC verdeel nie, maar die Guptas kry dit nou reg.

AL ·

Malema wil vanmiddag by konstitusuionele hof indien dat Zuma onbevoeg is vir sy pos.

Whitey ·

En oormore sit Malema en Zuma weer om ‘n vuurtjie en lag lekker vir al die mense wat hulle geflous het. Veral vir die wittetjies wat hierdie toneelspel aanskou het en regtig gedink het die twee is kwaad vir mekaar.

Xavier ·

En net ons…ons ou armsalige wetsgehoorsame, belastingbetalende landsburgers ly onder hierdie absurde, diktatoriese (verskoning vir ‘n)-leier wat verswakking in die Rand, stygende inflasie en opwaatse aanpassing van rentekoerse tot gevolg gaan hê. In die verlede waar hoë wisselkoerse aanloklik is vir buitelandse investering en sodoende die verswakking in die geldeenheid stabiliseer sal seker alleenlik van China kom en dis nog ‘n kommer op sye eie! VSA, Brit., Oz/NZ en EU sal beslis nie ‘n addisionele pennie in SA belê nie. Ergste van als, vele lande se deure is al lankal toe vir immigrasie. My vraag is: Waarheen nou?

jaco ·

Maar die ANC skeur ook nie. Die gematigdes en selfs die kommuniste wat die rooi ligte met Zuma sien flits, cash natuurlik te lekker in met hulle groot parlementêre salarisse. Ook maar useless kommuniste wat so lief is vir geld. Is liefde vir geld dan nie ‘n eienskap van kapitalisme nie???

Money ·

Ja vreemd as jy kyk wat beteken Kommunisme en waarvoor staan hulle en jy sien nou hoe lekker leef die Kommuniste in SA in weelde, kan jy jou oe nie glo nie. Jy is net ‘n kommunis as jy niks het nie, dan wil jy he ander moet ook niks he nie, jy verander vinnig jou tune as jy in ‘n lani huis sit met ‘n lani kar ry en lani skoene en ‘n suit dra, dan se jy vinnig ander kannie alles verniet kry nie, en almal kan nie dieselfde verdien en op een vlak wees nie .. GELD PRAAT!

Estelle ·

Ek weet dat dit nie moontlik sal wees nie dat al die landburgers moet saamstaan en weier om belasting te betaal. Dit sou n goeie opsie wees dan kan die president en sy maats nie ons hardverdiende lone vat nie maar dan sal die welsyn en ander behoeftiges daaronder ly. Gebed alleen sal nie voldoende wees nie daar moet aksie geneem word.

Anoniem ·

Onse Prez is voltyds besig om oor sy skouer te loer. Elke skadu laat hom skrik. Dit moet verskriklik wees om so te lewe, maar nou ja, dis sy keuse. Wonder hoe affekteer al die stres sy bloeddruk? Het hy vergeet dat ons almal een of ander tyd doodgaan, en die doodskleed het nie sakke nie?

Nel ·

psigopate skrik nie vir skadus nie – trouens “Their fear is more a predators fear like that of a predator in the jungle. They fear most being caged or trapped and fear the loss of control most of all”.

Anoniem ·

Interessant.

Nel, dan is hy seker doodbang om uitgeskop te word en tronk toe te gaan! (“They fear most being caged or trapped and fear the loss of control most of all.)

Trots Afrikaans ·

Wat vir my die olifant in die kamer is, is hoekom die ANC hom nog verdra. Wat het hy in die kas wat hulle bang maak?

Rve ·

Het daai wind lawaai nie minder as ‘n maand terug gesê dis ‘n snaakse demokrasie waar jy ‘n minister moet afdank voor hulle iets verkeerd gedoen het nie. Seker klaar vergeet dat hy dit gesê het om een van sy min ondersteuners in haar pos te hou, en nou wil hy PG afdank oor hy kastig beplan het om hom sleg te praat. Wonder net wat presies die man te sê sou hê wat nie waar is nie, want om Zuma goed te praat moet jy deur jou nek lieg

Jos ·

Die intelligensiediens is ook een van die Zuma-kader departemente soos die SAP, Valke ens….. Ek ruik n rot. lyk vir my dat dit moontlik beplan is deur die Zuma kamp. Onafhanklike ondersoek na die geloofwaardigheid van die sogenaamde verslag moet gedoen word.

Justice ·

Zuma het nie iemand nodig om hom sleg te praat nie – almal weet teen nou dat hy by verre die swakste en mees korrupte leier ter wereld is.

christa ·

Justice stem saam jy kon dit waaragtig nie Beter gestel het nie.

Cherokee ·

Natuurlik kon jy dit beter gestel het deur nie net die ooglopende weer te herhaal nie maar deur by te voeg dat hy meer uitgeslape is as die standaard standerd 3 gekwalifiseerde. Hy sit die met gedokterde doktorsgrade ore aan.

Rynhardt ·

Daar is een ding wat almal miskyk.Gordan hul wou internasionale bankiers vra om Zuma swart te smeer en teen hom te veg! Mense, al jou bankiers en leiers in die wereld word beheer deur die nuwe wereldorde! Nou kan jul sien hoe SA ekonomies gevangene gehou word!

apie ·

as Mcebisi Jonas ‘n R600 miljoen bank oordrag en R600,000 in kontant, wat hy geweier het -deur die Guptas aangebied is kan jy aaneem zuma en sy trawante het baie meer aanvaar . Nou soek die Guptas hulle pond vleis in die vorm van kontrakte, ens

Koos1 ·

Zuma begin paranoies raak. Dink bietjie wat gaan in Zim aan??????

w ·

Nel ek stem beslis saam jou. Ai as meer mense net wil verstaan van psigopate??

Len ·

Daar is meer mense as net die Guptas en Zuma betrokke. Hier is beslis ook van SA se “vooraanstaande” besigheidsmanne betrokke. Blatante manipulasie van die Rand en SA se ekonomie. Die feit dat die gemiddelde Suid-Afrikaner, te dom of te passief is om die verotting te staak, speel heerlik in die kraal van diegene wat hulself verryk.

vermeende ·

As dit al so ver gevorderd is dan het die Guptas seker al besluit wie die 2 gaan vervang, lyk my net die Guptas kan nie besluit wie Zuma moet vervang nie anders was hy al weg.

Rynhardt ·

Radio Helderberg het bekend gemaak dat Zuma volgende jaar gaan bedank.Dit is goeie nuus as jy dit glo.

Cherokee ·

Hulle is twee dae te vroeg met daardie berig. Dit is veronderstel om Saterdag bekend gemaak te word.

Charmaine ·

Die intelligensie verslag kom van die Guptas se beeldpoetsers af.

Xavier Gerber ·

Daar moet tog ‘n bepaalde voordeel vir Zuma en/of sy familie wees as die ekonomie verswak, anders sou hy nie so iets wou doen nie. Wat is daardie voordeel?

Billy Johnston ·

Die rede hoekom Pravin Gordhan terug geroep is maak nie sin nie want die hele wereld se nuusdiente dek nuus oor SA en die hele wereld weet seker in watter chaos hierdie land is.

Cherokee ·

Billy Johnston, die waarheid is dat ‘die hele wêreld’ nie werklik soveel in Suid Afrika Nuus belangstel as wat jy wil voorgee nie. Vele straatlinge aan die ander kant van die see weet nie eens in watter land Johannesburg is of waar Suid Afrika is nie. Sommige van hulle vir wie die naam Suid Afrika bekend klink, is verbaas wanneer hulle hoor dat hier blankes ook is in die land. Ons is nie so belangrik as wat vele mense dink of soos ons dit graag sou wou hê nie. Hierdie is Afrika, bloot net Afrika.

popeye ·

Net gou ‘n vraag aan die voorstaanders van belasting weerhouding…want ek dink nie hulle dink nie, ek dink dis emosionele kommentaar. Hoe gaan jy liewe werknemer van ‘n korporatief vir jou betaalkantoor oorreed om voortaan nie meer belasting van jou salaris af te trek nie? Hoe gaan jy die supermark, petrolstasie of enige instansie oorreed om nie jou 14% BTW by te las nie? Kom vertel my asb. Ek praat nie nou met mense wat vir hulself werk nie, doen wat julle moet doen….julle gaan steeds indirekte belasting betaal. Gee my feite asb en nie emosie nie.

Cherokee ·

Ag Popey, seker weet jy hoeveeel keer ek daardie vraag gevra het sonder om ooit ‘n antwoord daarop te ontvang. Elke keer wanneer ek dit gevra het, het die tema daar gestaak net om later op ‘n nader stasie weer op te duik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.