SAKP gereed om kabinetskommeling te bespreek

Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP en sy adjunk Solly Mapaila (26 Februarie 2018) Foto: Getrude Makhafola/ANA

Die SAKP het Maandag gesê hy is gereed om ʼn kabinetskommeling te bespreek, insluitend om gerugte te bespreek dat sy sekretaris-generaal, Blade Nzimande, gereed is om na die kabinet terug te keer.

Solly Mapaila, adjunksekretaris van die SAKP, het gesê die party is nog nie gekonsulteer as deel van die drieparty-alliansie nie.

“Dis ʼn alliansie-geleide regering en comrade Blade is die leier van die SAKP, wat in die regering deelneem deur die alliansie, onder leiding van die ANC. Hy is sonder meer uit die kabinet verwyder deur die voormalige president Jacob Zuma. Die SAKP het hierdie skuif verwerp. Hy is nie verwyder omdat hy onbekwaam was nie, om die waarheid te sê, hy was een van die mees bekwame ministers,” het Mapaila aan verslaggewers gesê ná die nasionale uitvoerende komitee van die SAKP oor die naweek vergader het.

“Hy het kapasiteit en kan op daardie vlak dien. So, eerste op ons lysie is ons algemene sekretaris. Hy is ʼn lid van die parlement en dit is die posisie van die SAKP.”

Op ʼn vraag of hy na die kabinet sal terugkeer indien hy aangestel word, het Nzimande gesê “ons sal daardie brug oorsteek as ons daar kom”.

Zuma het Nzimande as minister van hoër onderwys in 2017 afgedank.

Die SAKP, eens vurige ondersteuners van Zuma, het hom in 2009 gehelp om die amp van president in te neem, maar het hom skerp begin veroordeel oor sy leierskap en het saam met die ander alliansievennoot, die SAKP, hom versoek om te bedank. Die twee alliansievennote het pres. Cyril Ramaphosa ondersteun tydens die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.