SAKP hou voet by stuk: Zuma moet gaan

Aktiviste van die #SaveSouthAfrica-veldtog op 4 April 2017 in Pretoria (Foto: ANA)

ʼn Aankondiging deur Jeremy Cronin, adjunkhoofsekretaris van die SAKP, dat die party ten volle die versoek ondersteun dat pres. Jacob Zuma moet bedank, is tydens Ahmed Kathrada se gedenkdiens Donderdag in Kaapstad verwelkom.

Cronin, wat in ʼn volgepakte St George’s-katedraal gepraat het, het ook versoek dat die aanbeveling deur die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela, dat ʼn geregtelike kommissie ondersoek moet instel oor alle ooreenkomste tussen staatsentiteite en maatskappye van Zuma se vriende, die Gupta-familie, dadelik geïmplementeer moet word.

“Ons versoek ook dat die Guptas se burgerskap en residensiële regte herroep moet word,” het hy gesê. “Ons versoek dat leefstyloudits gedoen moet word op alle ministers, adjunkministers en raadslede van staatsbeheerde maatskappye.”

Cronin het gesê die SAKP sal voet by stuk hou wanneer hy met die ANC se top ses vergader – deur hul teleurstelling uit te spreek met onlangse gebeure, waaronder ʼn kabinetskommeling wat gevolg is deur ʼn afgradering na rommelstatus deur ʼn kredietgraderingsagentskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nico ·

Ja, ek weet ook nie.. Zuma hou een vergadering (herinner almal aan die geraamtes in hul eie kas) en hulle staan weer soos een man agter hom. Om welke ander denkbare rede het Ramaphosa, Mkhize en Mantashe ‘n 180 ¤ draai gemaak na gesprekke met stortkop?

Ernstig ·

Daar is hoop………..dit is awesome om te sien dat mense ernstig is en dat daar dinge gedoen kan word om hierdie korrupsie te stop en ons geliefde land weer op track kan kry! Dankie L iewe Jesus.

John ·

Ann7 (kanaal 405) van die Guptas moet gesluit word. Dit is uitgesproke eensydig en sweep mense op. Net die ANC & Kie se saak word ondersteun. Die woord ‘war’ word tov van more se optogte gebruik en verdraaide indrukke geskep. Hoe kry hulle dit reg om ‘n stasie so te bedryf?

Manie ·

Is daar ‘n moontlikheid om Zuma privaat te vervolg vir sy onafgehandelde bedrog klagtes?

Adeline ·

Dit is ongelooflk fantasties om te sien hoe almal saamstaan, mens wil so graag glo zuma gaan uitgeskop word, maar ek het n nare gevoel hy gaan nerens nie, soos gewoonlik.

Lynette Schultz ·

“Amen”. “Christus sal ons help”….. Weet julle nie wat die kommuniste aan Christene gedoen het nie? Nee wat, ek gee op.

Johan ·

Nooit gedink ek sou kon saam stem met enige kommunistiese kommentaar. Nou ja, ek stem saam.

jaco ·

Ek hoop dat, as Zuma kan verwyder word, die ANC en die SAKP dan finaal sal klaarmaak met hulle “national democratic revolution”. Pas dan daarna asseblief net kommunisme toe soos in China of die ou USSR of die ou Oos-Duitsland: ALMAL het werk, daars geen plakkerskampe, fees must fall optogte of stakings nie, loadshedding bestaan nie. Daars ook behoorlike wet en orde. In China word die doodstraf meer as 1000 maal per jaar toegepas.

Ouvrou ·

Zuma sal nêrens gaan nie. Hy het ‘n polisiemag en weermag plus die oudstryders aan sy kant. En hy hou die ANC wat in parlement is in n magsgreep vas ten opsigte van stemme. En dan dink almal hy is dom.??Hy is nou met ons tot sy dood. Nes Mugabe.

Hehehe ·

EN so staak ons SAAM maar vir verskillende redes. DIE EFF En SAKP wil grondonteiening en nasionalisering van myne en banke bespoedig en die wittetjies wil hulle plase en werk beskerm, en meer minderheidsregte bekom .. Dink ek Zuma is useless, JA, maar wie gaan hom opvolg? Malema? Julle het ‘n snowballs hope om iemand meer gematigd in sy posisie te kry, dit gaan iemand BAIE meer rewolusioner wees. Plaas hou julle hom daar tot in 2019 sodat hy uitgestem kan word en die ANC teen daardie tyd so swak gaan wees dat hulle beswaarlik weer 50% stemme gaan lok . maar ai nee .. ons wil nou SAAMSTAAN !! hehehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.