SAKP-leier en dogter vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn SAKP-leier, Siyabulela Siswana (44), en sy sesjarige dogter is Woensdagaand by hul huis in Mfuleni in Kaapstad vermoor.

Volgens die SAKP kon dit moontlik ʼn sluipmoord wees.

Siswana was die SAKP in die Wes-Kaap se sekretaris in die Brian Bunting-distrik.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê twee verdagtes, wie se gesigte versteek was, het Siswana, sy dogter en vrou die aand met ʼn vuurwapen in hul huis oorval. Een van die verdagtes het met ʼn vuurwapen op die Siswana-gesin begin losbrand.

Siswana en sy dogtertjie het later in die hospitaal aan hul wonde beswyk. Siswana se 39-jarige vrou veg tans om haar lewe in ʼn hospitaal.

Potelwa sê speurders werk hard om die twee moordenaars vas te trek. Twee sake van moord en een van poging tot moord is aanhangig gemaak.

“Soos die ondersoek ontvou, sal die motief vir die moord ook duideliker word,” sê Potelwa.

Die SAKP in die Wes-Kaap het sy skok uitgespreek oor die moord op Siswana. Die party het ʼn beroep op die polisie gedoen om die moordenaars so vinnig as moontlik vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Indien die vrou dit oorleef en gaan wakker word, gaan dit n vreeslike tyding wees om te hoor sy het haar man en dogtertjie aan die dood afgestaan. Alle sterkte aan haar en naasbestaandes – so onnodig.

marius ·

Vermoor deur versteekte gesigte , maar die regte moordenaars sit in paleise en grinnik want daar sal niks met hulle gebeur nie . Lospryse op koppe is die hool se voorland . Hou maar dop .

Theo ·

Hier sal alles moontlik gedoen word om die skuldiges op te spoor maar laat dit ‘n boer wees dan word daar nie eers na die skuldiges gesoek nie want daar word mos nie boere vermoor nie aldus ons fantastiese president.

capie ·

Ek wou presies dieselfde sê, Sterkte aan die vrou, al is ek nie sakp goedgesind nie

johanf ·

Baie tragies…… My simpatie aan die vrou en alle naasbestaandes…..

Leon ·

Hy het iemand die hoenders in gemaak. Wou seker nie doen wat die kaders wou hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.