SAKP, NUM ruk op na Eskom

NUM-betoging by Megawatt Park in Johannesburg (Foto verskaf aan Maroela Media)

Honderde lede van die National Union of Mineworkers (NUM) het Saterdag opgeruk na Eskom se hoofkantoor in Johannesburg, Megawatt Park.

Die werkers betoog vir hoër salarisse en ʼn sosiale dialoog, in teenstelling met ʼn “herstruktureringsagenda wat as ʼn gedane saak voorgehou word”.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), wat die NUM in hul optog ondersteun, sê die werkers kan nie blameer en gestraf word vir die mislukkings wat deur neoliberalisme en staatskaping veroorsaak is nie.

Die SAKP eis verandering wat ʼn groter belegging van staatskapitaal in kragopwekking en modernisering van Eskom insluit.

Werkers is onder andere gekant teen die privatisering van Eskom; hulle eis dat diensvoorwaardes herstel moet word en hulle eis ʼn 15%-salarisverhoging. Hulle is ook gekant teen verpligte inentings.

Werkers het Saterdag plakkate rondgeswaai waarop onder andere Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se bedanking ook geëis word en hulle is gekant teen die sluiting van steenkoolkragstasies wat as “ekonomiese sabotasie” beskryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jean ·

Sit die hoof van numsa in De Ruyter te plek en kyk dan hoe gaan eskon nog vinniger agteruit.

Jannie van Niekerk ·

Dan gaan die dieftsal weer verder aangaan. |Mnr de Ruyter het dit juis stopgesit.

Jack ·

Selfsug en onbegrip verpersoonlik. Cosatu moet ontbind word. Vakbonde moet aan bande gelê word. Die SAKP moet weer verban word.

efjy ·

Volgens SAKP en NUM is genoeg nou genoeg! Genoeg van wat? Ek het nou genoeg van hulle alewige aandrang op graatis dienste,vervoer, behuising, krag, opvoeding ens, en net ‘n sekere gedeelte van die bevolking moet maar daarvoor voorsien. Is daar dan niemand wie vir hulle kan verduidelik waar geld vandaan kom nie? My magtag, genoeg is nou vir my ook genoeg.

MARIANA ·

‘n Mens hoop net dat De Ruyter en kie sal geduldig wees en sterk sal staan teen die aanslae van hierdie “kenners” op hierdie uiters belangrike kwessie.

Philip ·

Kommuniste is dikvellig en sal aanhou eise stel omdat hulle met hulle hande in n ander man se sakke staan op hulle self genereer hulle nie n dooie sent nie verbruik net wat ander produseer.Hou gerus maar julle kommunistiese vet pofferhandtjies van Andre de Ruyter en sy superspan af julle het niks om hulle te vervang nie en Kubane en ander buitenlandse kommuniste skep net baie pap in die proses.

Jr ·

Wat weet NUM en WAT het hulle ooit gedoen vir SA.?. Nog net ‘n klomp rooi miere wat alles verniet wil hê. Wragtag het julle goed nie iets waardevol om te doen op n Saterdag?

Alex ·

15% verhooging. Niemand nerens in enige werksplek kry oot 15% deur die bank nie. Skuus, die gebruiker van krag gaan maar weer opdok daarvoor. Ons sit met die duurste krag in die wereld. Eens die trots voor ’94 en mees onderhou krag netwerk in die wereld, vervalle en korrup gelaat vanaf ’94. Die aarbeiders is ook die hoogbetaaldste werkers. Gaan op n kursus saam met hulle, ry die tegnisiëe met mercs en BMWs en dan grootbek gepraat dat hulle moet die kursus doen oor hulle klaar in die werksposisie sit en net net deurkom is meer as wat hy sal doen daarvoor. Op n projek management kursus wat 2 jaar by TUKS aangebied word sit daar 30 van hulle daar. Net 10 maak dit en dan slaag hulle net net op 52%. Dan skrik ek om te hoor wat hulle salarisse is. Ek het gewerk vir my 97% en kry nie eers n 1/8 van dit nie

Di ·

Word aangestel in poste maar het GEEN IDEE hoe om die werk te doen nie, sit net daar vir die salaris, useless spul!

Samuel ·

As julle van de Ruyter ontslae wil raak, gaan net voort om af te brand en te plunder. Die regering sal dit so verwelkom.

Eis, eis, demand is al wat hierdie spul kan doen. 15%? Waar moet die geld vandaan kom?

Moeggeploeg ·

Verdien hulle 15%? Instede van op hul pos wees het hulle tyd om rond te staan en dan die vermetelheid om 15% te eis.

Riana ·

Ag asseblief .. nog 20% increase op ons krag en nou soek hulle weer increase en dan saboteer hulle die kragstasies… seriously ons kan nie meer nie… begin werk vir julle damn geld

Pieter ·

In vergelyking met ander staatsinstellings, wil dit vir my voorkom of Eskom se werknemers reeds van die hoogs-betaalde staats, – of semi – staats amptenare is, dan wil hulle nog sulke hoë verhogings eis?!

Pieter ·

Kry vir fatcher sy weet hoe om met vakbonde te werk. Ou slim cyril se groot vriende.

Alfred E Neuman ·

Sy is al in 2013 oorlede, so ek glo nie sy sal kan help nie.

annie ·

…. Julle het dit genoem… Neoliberalisme… Wat van Kommunisme? Waarom nie Eskom verdeel nie? Sê. On sit met ‘n kamma-party wat nie self aan verkiesings deelneem nie want dan gaan die rooi gou verbleik en nou maar eerder vol groot lawaai onder die ANC-vlag saamdraf. Die regering van die dag moet ontslae raak van die swerm loodsvisse want hulle gaan ons verflarde skippie sink.

Rina ·

Hoe verwag die klomp narre dat Andre in so kort rukkie moet herstel wat hulle in jare opgeneuk het. Weg met vakbonde, weg met hulle eise. Eskom werkers is tans ook die beste betalende maatskappy in die land, al wat die klomp nuttelose goed soek is geld

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die SA kommunistiese party (SAKP) het nie die ruggraat van ‘n muis om as onafhanklike party onafhanklik van die ANC aan munisipale en algemene verkiesings deel te neem nie. “They must show the South African nation its constituency”. Welke kiesafdeling word deur die SAKP se Algemene Sekretaris Blade Nzimande in die parlement verteenwoordig? En dan wil hierdie persoon besluite oor die toekoms van ons moedertaal neem!
Intussen ry die SAKP op NUMSA, Cosatu en die ANC se rug en teer op die SA nasie se sweet. Sies!

Shakespeare ·

Hulle “ruk op”. Al ruk wat julle onbevoege onnosel gepeupel nodig het is om ” julself reg te ruk” maar ek glo nie dit is moontlik nie.

Di ·

Al die vakbonde in SA dra net meer by tot die verwoesting in hierdie land! Al die stakings en optogte het ons land se ekonomie verwoes. Hulle het GEEN benul waarvan hulle praat nie, klomp narre

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Vervang die Eskom direksie en die Eskom hoofverantwoordelike beampte en alle bestuurslede met NUMSA- en SAKP-lede. Dan moet hierdie luidrugtige gespuis aan die Suid-Afrikaanse nasie bewys hoe moet Eskom winsgewend bestuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.