SAKP spreek medelye uit ná Derby-Lewis se dood

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Donderdag gesê hy hoop die regses wat destyds saam met Clive Derby-Lewis gewerk het, glo uiteindelik nou in demokrasie.

Derby-Lewis is gister in die ouderdom van 80 jaar in ʼn Pretoriase hospitaal dood. Hy was die meesterbrein agter die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani in April 1993.

Alex Mashilo, woordvoerder van die SAKP, het sy medelye teenoor Derby-Lewis se familie uitgespreek. “Ons het meegevoel vir hul verlies en ons hoop dat die regse persone wat saam met hom gewerk het en daardie persone wat nie in demokrasie geglo het nie, nou daarin glo,” het hy gesê.

Mashilo het gesê dit is jammer dat Derby-Lewis dood is sonder om die volle omstandighede rondom Hani se dood kort voor die aanbreek van demokrasie in die nuwe Suid-Afrika bekend te maak. Hy het gesê hy kan verstaan dat Derby-Lewis se familie nou deur ʼn moeilike tyd gaan en dat dit daarom nie nou gepas is om die situasie weer te kompliseer nie.

Derby-Lewis is in Junie verlede jaar op mediese parool vrygelaat nadat dokters bevind het hy is terminaal siek en het reeds fase 4-longkanker. Die Hani-familie en die SAKP het Derby-Lewis se aansoek om parool deurentyd teengestaan.

Derby-Lewis is uiteindelik ná 21 jaar agter tralies vrygelaat. Hy is verlede maand geopereer om vog van sy longe te verwyder, maar het sedertdien agteruitgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Buitestander ·

Die SAKP kan nou lekker toi-toi op die degrafnis en alle woede en hartseer uit hulle kry en aangaan met die lewe.

magda ·

Jammer om te hoor SAKP, SY Familie het nie julle simpatie nodig Nie…….. Los hom nou uit ..

Wonder nou ·

. . . . en Shabir Sheik lewe nog nadat hy weens ‘n terminale siekte vrygelaat is. Wonder net . . . .

JM ·

Hulle het die hele tyd sy vrylating teegestaan, dit so moeilik as moontlik gemaak vir hom om parool te kry, nou speel hulle ‘maatjies’. Neewat ons sluk dit nie. Net jammer soveel ander moordenaars het nooit hulle straf uitgedien nie, maar kon van Clive Derby-Lewis ‘n voorbeeld maak. Ek sê nie wat hy gedoen het is reg nie, ten minste het hy nie ander mense uitverkoop nie, hy het sy ‘pak’ soos ‘n man gevat. My objeksie is dat een man so lank in die tronk moes sit vir moord terwyl die bomplanters en ander moordenaars wat baie MEER lewens gekos het, op straat rondloop en selfs heldestatus gekry het. Dis inkonsekwent.!

tamboti ·

SAKP = kommuniste, hulle self glo nie aan demokrasie nie en in wese veg hul ook daarteen – kommunisme is tog nie gebaseer op demokrasie nie!
Jammer Derby-Lewis familie: Clive en julle moes die volle prys betaal vir ons volk se vryheid wat die verraaiers weg onderhandel (gedobbel) het.

JohnG ·

Ek het ook gewonder van wanneer af die SAKP in Demokrasie belangstel!

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie en vriende. Die SAKP maak my siek met hul verwagting dat mense in hul stories sal glo. Daar was menige mense in die verlede wat vir verskillende soorte Vryheid geveg het. Sommiges word egter nou veroordeel ten spyte daarvan dat hul ook net bloot vir Vryheid geveg het. Ander, wat ook maar dieselfde tipe dinge gedoen het, is vereer met allei publieke goedjies. Absoluut inkonsekwent, maar nou ja, logika skiet oral te kort in hierdie oomblik en tyd.

Sophia ·

Demokrasie? Watter demokrasie?? Daar was nog nooit demokrasie in hierdie ou landjie van ons nie… Miskien die eerste jaar nadat Mandela vrygelaat is… net ‘n ander soort apartheid wat met anargisme saamloop. Ons vat wat ons wil hê, en ons skiet jou in elk geval dood!!

hans ·

As hulle dit (demokrasie)in hulle eie geskrewe taal(wat hulle geerf het van die westerse wereld) kan skryf dan stem ek saam maar hulle verstaan nie demokrasie as n westerse taal nie.skole en universiteite afbrand,verkragting korrupsie, moord ens is in hul harte ingegraveer met n onuitwisbare ink.

Max ·

SAKP , korrupsie en bedrog is nie ons defenisie van demokrasie nie !

Piet ·

Clive het ‘n aandeel gehad in die moord van Hani, die groot leier kommunis van SA. Dit wat heel ironies dat Hani en sy trawante ook eintlik die vyand van die Weste was, al het hulle SA geboikot van voor tot agter. Die CIA het die oorlog in Angola teen die MPLA gesteun, want hulle was self die teiken van kommuniste. In ‘n ander milieu sou Clive ‘n held gewees het en standbeelde sou hom vereer het. Ek is jammer hy wat die slagoffer van waarheids en versoennings klug.

Tiaan ·

Ja, ons glo nou in demokrasie. Dis die ding waar jy jou land vreedsaam aan gister se vyande gee sodat hulle jou op die plase en in die stede kan kom uitmoor in jou slaap.

Babs ·

Ja julle regverdigheid sal nooit seevier in ons land nie. Hoekom was nie 1 van die ANC kamerade voor die Waarheid en Versoenings kommisie nie.

lola ·

watter waarheid wou hulle hoor?
1. die waarheid oor die Hani familie se mag oor geregtigheid wat gemaak het dat derby lewis I. die tronk moes bly totdat hulle voel hy was genoeg gestraf?
2. die waarheid oor hoekom hipertensie n ekskusie was om uit die tronk te kom maar vigs en fase voer kanker is nie.
3. die waarheid our hoekom verarmde ou witmense in munisipale aftree oorde krepeer terwyl swartes skaflike huise gratis bewoon geen water of munisipale dienste betaal nie en heel maand uitkom met R50 se elekriseteit terwyl hulle tuisnywerhede uit daardie gratis huise bedryf.
4. hoekom swart skole gratis is maar blanke skole ten duurste is.
5. ens.
6. ens.
7. …..
dit sou hy nie kon antwoord nie. hy het n kriminele OORTREDING begaan en ook maar ten duurste betaal omdat die Hani familie dit geeis het. as die derby lewis gesin n goeie prokureur kan bekostig kan hulle munt slaan. dis mos n demokrasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.