SAKP veroordeel geweld, misdadigheid

Winkels by die Lotsoho Mall in die Katlehong-nedersetting is ook geplunder. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Maandag in ʼn verklaring die geweld en misdadige optrede in KwaZulu-Natal en Gauteng veroordeel. “Ons doen ʼn beroep op diegene wat hulself aan dié menseregteskendings skuldig gemaak het, om dit onmiddellik te staak, om aan Covid-19-protokol te voldoen en lewens te beskerm.”

Die SAKP versoek ook die staat om aan sy grondwetlike verpligting te voldoen om alle wetsgehoorsame burgers en ander burgers in die land, ongeag hul land van oorsprong, te beskerm – soos die Grondwet bepaal. “Die besittings en eiendom van alle wetsgehoorsame burgers moet ook beskerm word,” het Alex Mohubetswane Mashilo, woordvoerder van die SAKP, in ʼn verklaring gesê.

“Die oppergesag van ons Grondwet en die wet waarop dit gebaseer is, moet seëvier. Dit sluit die beginsel in wat uit die Vryheidsmanifes voortspruit dat niemand bo die wet verhewe is nie. Die Grondwet is ʼn produk van ons dekades lange stryd tot vryheid. Niemand moet toegelaat word om dit te vervang met wetteloosheid, misdadigheid, geweld en eise wat neerkom om ʼn oortreding van ons demokratiese aanvaarde Grondwet nie. Die staat het ʼn plig om diegene aanspreeklik te hou wat hulself skuldig maak aan geweld en kriminaliteit – insluitend brandstigting, plundery, verwoesting van infrastruktuur, intimidasie en skending van menseregte.”

Mashilo sê diegene wat betrokke is by aanhitsing of om hierdie en ander dade van kriminaliteit te koördineer deur medianetwerke, moet ook aanspreeklik gehou word. “Elemente wat aan hierdie dade deelneem, is ʼn klein minderheid van ons ongeveer 60 miljoen groot bevolking. Die meerderheid van mense in ons land keur nie hierdie geweld en menseregteskendings goed nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

sakp, aan die eenkant skreeu julle “stop die geweld”, aan die anderkant moedig julle ook die plunderings wat plaasvind, aan,
met wat dink julle
julle het gehelp om die regering saam te stel
die laaste 2 paragrawe pas julle net wanneer dit julle pas

Elizabeth

Vir eens stem ek saam met die SAKP.

David

As hulle ernstig is hieroor sal hulle ontbind.

Baardman

Slinkse woorde om stemme te werf

Jack

Kan carl nie hier help nie want hy het die regering gewaarsku oor die onluste en terreur. Wie het die vuur gestook?