SAKP verwerp Bell Pottinger se verskoning

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het ook sy stem gevoeg by diegene wat die Britse beeldpoetser- en skakelmaatskappy Bell Pottinger se verskoning verwerp en het beslissende aanspreeklikheid deur die agentskap versoek.

“Bell Pottinger, ʼn imperialistiese propogandamaatskappy gebaseer in Engeland, skuld die SAKP ʼn direkte verskoning en moet beslissend aanspreeklik gehou word vir sy medepligtigheid met die Guptas,” het Alex Mashilo, woordvoerder van die SAKP, gesê.

“Die SAKP was een van die eerste organisasies in Suid-Afrika wat die Gupta-gehuurde imperialistiese propogandamaatskappy ontbloot het en sy betrokkenheid om rassespanning in die land aan te hits en ons nasie te verdeel.

“Die verdeling wou aandag aftrek van die parasitiese, openlike gryp-en-spaander kapitalistiese welvaartverrykingsregime wat met die Guptas gepaard gaan, hul netwerke van begunstiging en valsnuusmasjinerie. Hierdie agenda het die kapasiteit van ons staatsbeheerde ondernemings verswak om die mense te dien. Daar was enorme plundery deur twyfelagtige tenders en ander bedenklike aktiwiteite wat strategiese dissipline in ons staatsondernemings en in ons regering verwoes het,” het Mashilo gesê.

Die SAKP was die eerste organisasie wat dokumentêre bewyse gepubliseer het. “Bell Pottinger, in samewerking met die Guptas en verskeie individue en groepe wat deel gevorm het van hul politieke huursoldate, het die waarheid weerlê. Nou voer hulle aan hulle vra om verskoning, maar hulle het nog niks gesê oor die geld wat hulle bekom het deur hul samewerking met die Guptas nie.

“Die SAKP verwerp Bell Pottinger se sogenaamde verskoning as skynheilig en van min belang. Die propogandamaatskappy moet rekenskap doen vir die skade wat hulle ons land berokken het.

“Die SAKP benadruk sy versoek vir onmiddellike kriminele ondersoek van vervolgbare oortredings wat aan die lig gekom het deur Gupta-e-posse en dat ʼn onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek van stapel gestuur moet word oor staatskaping. Die openbare beskermer se regstellende aksie wat in die staatskapingsverslag opgeneem is, is baie duidelik. Die optrede van die Guptas moet die basis vorm van die ondersoek oor die groter feonomeen van korporatiewe staatskaping,” het Mashilo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Miranda ·

Ek stem saam. Hulle kan nie wegkom met so iets dergliks nie. Mens kan op hul webwerf hul epos adresse sien. Sal dit nie goed wees as elke Suid Afrikaner vir hulle boodskappe van veragting stuur nie. Hoe kry mens so iets gereel?

Saartjie ·

Gebruik sosiale media, Miranda. Skryf vir hulle ‘n brief, ‘post’ ‘n kopie op jou Facebook-blad, versprei dit na al jou vriende en vra hulle om dieselfde te doen … en daar gaat jy! Of gebruik ‘n petisieblad soos http://www.change.org

Basson ·

Nou is BP kamma alleen skuldig aan alles, maar die betalende party moes tog die voorstelle aanvaar en afgeteken het, by name bv die ANC, ens ens?

Johannes van Staden ·

Hierdie BP is die werk van zuma die anc en die guptas …hulle het dit geweetenloos alles aangevuur en die anc en zuma veral moet ook verskoning vra deur te bedank …hulle het rassegeweld en verdeeltheid aangeblaas en het SA se mense teen mekaar opgesteek ….dit is veragtelik en ek gaan beslis ook n mail stuur aan BP en vir hulle se watse skade hulle SA aangedoen het !

KP ·

Al hierdie partye, JZ, die Guptas, BP moet aangekla word en voor n hof gedaag en verhoor word en as skuldig in die tronk gegooi word. Hulle moet nie eers die geleentheid gegee word om land uit te vlug nie………

AL ·

Ek stem saam met jou.
Die ANC het die afgelope jare sosiale media getarget om wit mense se sogenaamde rassistiese aanmerkings te monitor en swart rassistiese aanmerkings te ignoreer!.
Die MRK moet ook verantwoordelikheid neem vir hul passiewe optrede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.