SAKP wil OB se bevoegdheid ondersoek

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het Sondag gesê dit is belangrik dat die parlement ondersoek instel oor die bevoegdheid van die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane.

Die SAKP het in ʼn verklaring, ná sy sentrale komitee in Johannesburg vergader het, gesê hy ondersteun ten volle die bestaan en onafhanklikheid van die kantoor van die openbare beskermer. “Die SAKP het ten volle die instelling van die kantoor ondersteun toe die Grondwet opgestel is, veral in die belang van die werkersklas en behoeftiges. Ongelukkig het die kantoor van die openbare beskermer, in plaas daarvan dat hulle daarop fokus om behoeftiges en kwesbares te beskerm, ʼn instrument geword vir die voortvarendes om politieke en ander probleme te beveg.”

Die SAKP het gesê hy is besorg oor die deurlopende hofuitsprake van kritiek teen die huidige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane. “Die SAKP glo dit is baie belangrik dat die parlement ondersoek moet instel oor haar bevoegdheid om dié belangrike amp te beklee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
VERSTAANNIE

Ek verstaan nie hoekom word daar nie bevoegheid ondersoek voor ‘n persoon in ‘n pos (en ek bedoel enige pos) aangestel word nie? Dis natuurlik weer ‘n tjommie van ‘n tjommie van ‘n tjommie. Nee hel. Dis hoekom als so in sy glorie is………..ONBEVOEDGHEID!!!!!!

Gert van Wierdapark

Lyk my asof dit algemene kennis is dat die probleem net groter word! Geluk aan die SAKP wie se oe ook oopgegaan het!

Grassie

Ek wonder waarom raak CR nie ontslae van daardie Zuma-dissipel nie – sommer met ys.

ne

Dankie dat SAKP se oë ook oopgaan. Wag nog vir cr om wakker te skrik!