SAKP wil verkiesing betwis

Blade Nzimande (September 2016) Foto: Ntswe Mokoena

Die Suid Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het Saterdag by sy kongres aangedui dat hy die verkiesing sal betwis. Blade Nzimande, hoof­sekretaris van die SAKP het lede egter gewaarsku om nie geld van die omstrede Gupta-familie te aanvaar nie.

Nzimande het lede aangesê om fondse in te samel vir dié party.

“Ons moenie hierheen kom en praat oor die mag van die staat, voornemens maak en dan net terugsit sonder om geld in te samel nie. Elke kader moet geld insamel, ons is al vir té lank te arm. Daar is nie ʼn rede hiervoor nie,” het Nzimande aan afgevaardigdes in Boksburg gesê.

“Asseblief kaders, moenie geld van die Guptas aanvaar nie, ons wil dit nie hê nie. Dit sal vir ons teëspoed bring. Moenie vuil geld aanvaar nie, ons sal op die regte manier geld van ons land se werkers insamel – van dié wat ons simpatiekgesind is.”

Nzimande het gesê dat daar ʼn “padkaart” opgestel sal word ten opsigte van hoe om voort te gaan met die verkiesings.

Toe die vraag aan Nzimande gestel is of sy party sterk genoeg is om die verkiesings te betwis, het hy gesê daar is nie planne om die “alliansie” op te breek nie. “Ons glo die alliansie is steeds relevant, ek glo nie enige party is reg om sommer net die verkiesing te wen nie. Ons sal dit oorbrug as ons daarby kom.”

Die SAKP, Cosatu en die burgerlike organisasie Sanco het die ANC en pres. Jacob Zuma se leierskap onlangs skerp gekritiseer.

Die sentrale uitvoerende komitee van die party moet nou met ʼn plan vorendag kom wat by ʼn spesiale kongres volgende jaar voorgelê sal word. Dié kongres sal dan besluit oor die party se pad vorentoe. Dit is onduidelik of die SAKP gereed sal wees om aan die 2019-verkiesings deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

snoefie ·

Iewers het ek iets gemis. op watter gronde gaan hulle die verkiesing betwis? omdat hy vir Zuma vir langer president wil hê?

Basjan ·

Snoefie, ek dink Maroela Media se woordkeuse hier is verkeerd. Hulle moes eerder gesê het: “SAKP wil aan die verkiesing deelneem (onder hul die naam).”

Hartseer ·

Suid Afrika . Regering instansies almal met een groot bedrog.Wat het geword van ons trots buite land kyk na Suid Afrieka met spot (Die patetiese land wat al hulle waardes verloor het)

Katryn ·

En hulle is heeltemal reg! Ons het alles verloor! Ons is nou maar net: bywoners!! Ons moet ons maar daarby berus!

Johan. H. ·

Nie my land en vlag nie , ek bly net hier, Trots lankal tata

Justice ·

Blade se “Ons is vir lank al te arm” blyk vir my al asof die westerse kapitalistiese uitkyk nou sterker as die ou kommunistiese bestek in toekomstige oorweging staan. `n Pos in die regering van die dag is soos om jou eie OTM te besit. Die kommuniste het vining geleer by die EFF en hulle minderheids koalisie strategie.

Leendert ·

Ek sien Johan sê dis nie sy land en vlag nie.

Nou vra ek, wie van julle, wat hier kommentaar lewer of lees, het nog die ou landsvlag? ek praat nie van “verkraptes”, dis ‘n ou woord, ver-regses (‘n verguisde woord) of daai TIPE nie, maar van oopkop moderne mens met morele waardes van hoogstaande gehalte.

Oranje, Blanje, Blou! Jip, dit is maar ‘n vlag met karakter, of wat praat ek?

Wie gesels saam?

Blondie ·

Net so! Uit die blou van ons Hemel, uit die diepte van ons seë….

Vermeende ·

Nee, dis my land maar nie my politiek of regering nie, my mense lyk en voel soos ek, die res le my nie na aan die hart nie.

Anoniem ·

Ek is seker dom, want ek verstaan nie mooi nie: “Elke kader moet geld insamel. Ons is al vir té lank arm.” Vir wie word die geld ingesamel? Vir die SAKP? Of elkeen vir sy eie sak? Wie kan verduidelik?

Kapitalis ·

Van die kapitaliste natuurlik. Die arme mense verstaan subzero van hoe die ekonomie of enigiets anders werk.

Frederik ·

Cyril is ‘n kapitalis. Dus, sou hy president van die ANC, en moontlik SA word, hoe gaan hy om een tafel sit met ‘n span kommuniste?? ‘n Party met beide kommuniste en kapitaliste as lede maak eenvoudig nie sin nie.
Tensy hulle natuurlik, soos tans, ‘n bevrydingsorganisasie bly en meeding om stemme teen politieke partye.

Grassie ·

Die SAKP is nog steeds net wat hulle nog altyd was – ‘n groepie kommuniste, sosialiste en Marxiste wat soos parasiete op die ANC se rug ry en daarmee meer mag bekom as wat hulle getalsterkte verdien. Hulle sal nooit heeltemaal met die ANC breek nie want dan kan hulle dalk alle aansien verloor. Kyk maar na die gesig van die ou op die foto – hy sal mos nou nooit ‘n kabinetspos met al die gepaardgaande kapitalistiese voordele prysgee om saam met sy “comrades” in die voorste linies te baklei vir sy ideologie nie. Ek dink al hierdie dreigemente is net deel van hul maneuvers om hul aandeel in die alliansie te versterk. Ek sal nie omgee as hulle en die ANC aanmekaar spring en mekaar goed gas gee nie maar ek dink dit is, soos die Engelse dit uitdruk, “wishful thinking.”

Johanna Botha ·

Ons het eintlik almal verhuis sonder om n enkele tas te pak …..SA is nou n verleentheid en word gekenmerk aan leiers soos zuma en die anc wat vrot en korrup is ….daarsy nou …..die Nuwe SA ! waarvoor almal so gewag en na uitgesien het …etopia is hier !

ou Kalahari bo ·

Ons woon in Verweggiestan want ons woon nog steeds in SA maar baie ver van die res van die wereld.

Llewellyn ·

Blade herinner my baie aan ol Bob beide weet nie waneer om die leisels aan die volgende geslag te oorhandig nie

JoeV ·

Dit is verstommend dat met al die voorbeelde wat daar is nog intillek bestaan wat kommunisme voorstaan, In die huidige moderne tyd waar inligting vrylik beskikbaar is, die gevolg van kommunisme nie verstaan word nie, en belasting betalers betaal vir die salarisse van die mense. Baie vreemd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.