SAKP: ‘Zuma moet bedank of herroep word’

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Saterdag berigte dat hy pres. Jacob Zuma tydens die komende week se mosie van wantroue sal ondersteun, ontken.

“Die SAKP is oorval met oproepe van die media rakende die mosie van wantroue teen pres. Zuma,” het die SAKP in ʼn verklaring gesê.

“Daar is volgehoue pogings om die indruk te wek dat die SAKP vir pres. Zuma Dinsdag [tydens die mosie van wantroue] sal ondersteun. Hierdie pogings is in teenstelling met die duidelikheid wat vroeër hieroor gegee is. Dit het baie valse nuus en onnodige reaksies tot gevolg gehad.”

Die SAKP herhaal in die verklaring weereens sy oproep op Zuma om te bedank. “As die president nie bedank nie, moet die ANC hom herroep.”

Die SAKP se verklaring kom nadat media vroeër Saterdag berig het dat Alex Mashilo, die SAKP se woordvoerder, gesê het die SAKP “het nie ʼn mandaat om die verwydering van ʼn hele ANC-regering of -hoof te ondersteun nie”. “Die SAKP se mandaat is spesifiek om die bedanking van pres. Zuma te ondersteun,” het Mashilo glo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Ons moet hoop die ou loop wat as hy soos Mugabe maak wat dan ek het nog altyd getwyfel of die anc regering die mag sal oorgee wanneer hulle verslaan word in n verkiesing.

Eish ·

Dit meneer, is hoè die koeksister geëet word. Hoe eet jy die een vlegsel sonder om die ander te beskadig? Die moontlikheid waaroor min ontleders bespiegel, is die rol van die weermag in so n situasie.

Andre ·

Ons het dingaan ook vertrou. Ons sal sien wie hou by hul woord na afloop van Dinsdag se gebeure.

Peet J ·

Ek is al so moeg vir die aanhoudende oproepe dat President Zuma sy amp moet prysgee om te bedank ens . wat se verskil gaan dit in elkgeval maak of hy of enige iemand anders die land gaan verteenwoordig die regering gaan nog dieselfde bly nl. die ANC hier is nie ‘n ander politieke party wat in ‘n kans staan om die ANC te verslaan nie. so hou op om die belastingbetaler se bydraes op so ‘n wyse te vermors asgevolg van klein politieke partytjies wat probeer om kiesers te wen nie .

SP ·

Peet,ek stem 100% met jou saam,dis net n gejaag na wind,almal raas en blaas net maar niks verander nie.

jack daniel ·

Ek stem 100% saam. Dis soos a broekasempie in a tsunamie. Hy klou soos superglue aan daai rooi stoel.

Leahim ·

Ek is nie so seker hieroor nie twee jaar gelede sou ek gelag het as iemand vir my moes se n DA koalisie sou Pretoria en Johannesburg oorneem so dit is moontlik om die Anc te verslaan by die stembus

SP ·

Die DA is ook maar net n politieke party,vol warm wind. Ek dink net hul leier beskik nie oor die vermoe om strategies te dink nie,hy maak baie ondeurdagte foute.

jack daniel ·

Stem! Helen is mos nie meer daar om advies te gee nie. Nou barrel hy net wat op die tong kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.