SAL bestee glo R9.4 miljoen op Guptas se koerante

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugrederye (SAL) het tot op hede R9.4 miljoen bestee op The New Age-koerante wat deur die Gupta-familie besit word, ten spyte van die lugredery se finansiële krisis.

Dit het glo Sondag aan die lig gekom in ʼn parlementêre antwoord van Nhlanhla Nene, minister van finansies. Natasha Mazzone, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê volgens Nene het die SAL sedert Maart 2011, 5 927 000 kopieë van The New Age gekoop wat aan boord van sy binnelandse vlugte en in lughawe-sitkamers beskikbaar gestel is.

“Die feit dat die koerant deur die polities-verbinde Gupta-familie besit word en ʼn redaksionele standpunt handhaaf wat onbeskaamd pro-Zuma is, veroorsaak dat die minister [van openbare ondernemings] Suid-Afrikaners moet verseker dat die ooreenkoms bo verdenking en vry van politieke inmenging is,” het Mazzone gesê.

Sy het gesê die DA sal Brown versoek om ʼn onafhanklike ondersoek van stapel te stuur oor die besluitneming vir hierdie uitgawe.

“Die ondersoek moet bepaal of die president of sy volgelinge enige invloed gehad het in hierdie ooreenkoms tussen die SAL en The New Age, of sulke uitgawes finansieel haalbaar is vir die SAL in sy huidige toestand en waarom The New Age verkies word bo enige ander nasionale koerant.”

Die SAL was die afgelope jaar baie in die nuus oor sy finansiële krisis. In Januarie het die SAL R6.5. miljard van die Nasionale Tesourie ontvang om die instansie uit sy finansiële krisis te help. Dit bring die lugredery se totale bedrag skuld aan die nasionale tesourie op R14.5 miljard te staan. Die lugredery se skuld vir die 2014/15 finansiële jaar sal na verwagting by die R500 miljoen draai. Volgens Mazzone het die SAL ‘n verlies van R2.5 miljard in 2013/14 gerapporteer, nog meer as die R1.7 miljard in die vorige finansiële jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Petra ·

Nie geweet daar IS enigsins nog geld oor om nog te steel nie.

Kaspaas ·

Hulle is maar een van baie staats instellings wat dit doen. ESKOM, Telkom andere asook ontbyte. Nogal slim plan kry Guptas as tender, reel staats kontrakte gebruik belasting betaler se geld en kanaliseer dit terug in ANC koffers. Meeste van die koerante word weggegooi want min lees die gemors.

Anne-Mare Kotze ·

Dit is tyd dat SAA wegbreek van die regering sodat hulle kan doen wat hulle wil. Die regering mors baie geld van SAA.

Gert ·

Die regering ondersteun en is deel van die New Age – New World Order beweging wat deur Mandela danksy Engeland hier kom vestig het. Daarom noem die ANC dat niemand in hul pad kan staan nie omrede hulle ander lande het wat agter hulle staan met hulle idees van regeer. So ook sal SAL presies doen wat hulle beveel. Die Guptas besit Zuma en hy sal volgens hulle pype dans anders sal hulle vir hom verwyder.

christine ·

Gert jy weet nie hoe jy die spyker op sy kop slaan nie. Presies net so. Hulle is almal getaak vir sekere finksies. Vanaf oom Jannie skelm Smits se tyd.

neelsie ·

Nog n rede om nie SAL te vlieg nie.
Ander rederye gee elk geval beter diens.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die SAL is n verleentheid want hulle toon enorme verliese en dan peul sulke skelmstreke ook nog uit . Zuma en die Gupta trop maak net wat hul wil en die belastingbetaler moet die spit afbyt. Asseblief mense boikot die SAA want dit is baie ver van die destydse trotse SAL ,en met sulke skelmstreke kan ons mos nie saamlewe nie. Buitendien gee hul ongepoetste klomp kajuitpersoneel swak diens en dink dat hulle baie belangrik is,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.