SAL-bestuur ‘weet nie of voorraad gesteel is’

Argieffoto

Dit het Dinsdag in die parlement aan die lig gekom dat rekordhouding by die SAL só swak is dat dit nie vir die bestuur of die raad moontlik is om te bepaal of enige van die maatskappy se voorraad gesteel is nie.

JB Magwaza, voorsitter van die SAL-raad, het die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge toegespreek oor die gekwalifiseerde ouditopinie wat die maatskappy van die ouditeur-generaal ontvang het.

“Die kwessie oor of daar diefstal binne die organisasie is en indien wel, hoe groot dit is… daar is ʼn hoë vlak van kommer hieroor, omdat ons nie die volle prentjie het nie,” het Magwaza gesê.

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu se verslag, wat verlede maand aan die parlement voorgelê is, het uiteengesit hoe daar ʼn gebrek aan behoorlike rekordhouding en stelsels by die lugredery is om akkurate finansiële verslae te verseker. Die verslag het ook verwys na ʼn versuim om behoorlike stappe te doen om onreëlmatige, verkwistende en onnodige uitgawes te meet of te verhoed.

Magwaza het gesê ʼn “forensiese groep”, wat bestaan uit verskeie raadslede, is saamgestel om die kwessie te ondersoek.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van SAL, het aan LP’s gesê hulle probeer “al die los drade hieroor bymekaar bring”.

“Die grootste deel van voorraadbestuur is om ʼn stelsel in plek te kry, daarom is ons besig met ʼn voorraadopname om SAP met AMOS [die SAL se twee rekeningkundige stelsels] te rekonsilieer,” het Jarana gesê.

“Soos dinge tans staan, kan ons nie sê daar is voorraad gesteel nie. Ons sal die twee stelsels moet rekonsilieer en verseker dat die twee databasisse met mekaar praat.”

Hoewel ʼn regeringsreddingsboei van R10 miljard gehelp het om van die SAL se bekommernisse aan te spreek, is die lugredery se leierskap steeds bekommerd oor die maatskappy wat ernstige kapitaalprobleme ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christa ·

did dood normal aan die ANC regering. ulle moet iets doen om ryk te word

Johann ·

Nou die dag n SAA BOEING op sleep gesien agter n Hilux aan oppad POLONIKWANE toe… sou hulle dalk begin soek?

Nelis ·

Nee ek dink jy misgis jouself…n Hilux kan nie tou nie, en hy sou rol.

Buffel ·

Ja nee die Raad weet nie of daar diefstal is nie…….wat het van “governance geword? Nuwe Raad net so useless soos die vorige een.

Jan ·

SAPS is alweer betrokke!

Mens wonder maar net, weet bestuur niks van die stelsel af nie? Weet die konsultante nie wat hulle doen nie of wat gaan aan?

JOHANN HOLTZHAUSEN ·

Ek kan steeds nie verstaan hoekom die regering ‘n lugredery wil bedryf nie. Plaas dat hulle net betrokke bly by ACSA en die regte besigheid los vir kenners wat groot wins sal toon. ACSA kry dan steeds voordeel van die inkomste uit winsgewende privaatrederye.

Daan ·

OE! Ek sal my dood geskaam het as ek so ‘n groot gemors van ‘n eens suksesvolle juweel van ‘n besigheid gemaak het, soos die nou, mense wat die hoeveelheid van skade aanrig hoort innie tronk.

Manie ·

Die mense aan die stuur het geen skaamte oor hoe pateties hulle SAL bestuur. Meer bekommerd oor hulle vet salarisse as die verkwisting van geld wat na die armes kom gaan.

HerPik ·

Absolute skande hoe besighede in die grond in gedryf word. 10 miljard reddingsboei om bekommernisse aan te spreek? Geen land kan so aanhou nie? Een na vie dae ry ons weer donkiekar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.