SAL betaal steeds nie belasting, sê DA

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Volgens die DA kom die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) steeds nie sy belastingverpligtinge na nie, al was dit een van die voorwaardes toe hy miljarde rande van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ontvang het in ’n poging om die sukkelende lugdiens te red.

Die bewering volg te midde van die proses wat reeds begin is om die beleërde lugdiens met ʼn nuwe herstruktureerde lugdiens te vervang wat as vlagskip vir Suid-Afrika kan dien.

Die opposisieparty het Dinsdag in ’n verklaring gesê die SAL het steeds nie die inkomstebelasting wat die maatskappy van sy werknemers afgetrek het, aan die SAID oorbetaal nie. Die lugdiens oortree dus die voorwaardes wat die nasionale tesourie aan die lugdiens gestel het toe hy miljarde as reddingsboei vir hom aangebied het.

Luidens die verklaring is dié inligting onlangs in ’n verslag aan die parlement se komitee vir bewilligings onthul.

DA-LP Ashor Sarupen sê in die verklaring die nasionale tesourie het verlede jaar in ’n poging om finansiële beheer oor die SAL te kry, die volgende voorwaarde aan die SAL opgelê in ruil vir belastingbetalersondersteuning: “Die SAL moet sy belastingverpligtinge nakom deur te sorg dat belasting wat van werknemers afgetrek word, binne ’n vereiste tydraamwerk aan die SAID terugbetaal word en nie vir ander doeleindes weerhou word nie.”

Volgens Sarupen het die SAL nie aan die voorwaarde voldoen nie en is dit uit die verslag duidelik dat die lugdiens se sakereddingspraktisyns personeel se inkomstebelasting weerhou om die SAL se likiditeitskrisis die hoof te bied.

“Die sakereddingspraktisyns en die SAL onderhandel tans om betalings aan die SAID uit te stel weens likiditeitsbeperkings. Betalings aan die inkomstediens sal egter geskied sodra die likiditeitsposisie van die lugredery verbeter,” het Sarupen verduidelik.

Sarupen het gesê dit beteken dat werknemers van die SAL nou in ’n posisie is waar hul belasting van hul salarisse afgetrek is, hoewel hulle nie as belastingpligtig beskou kan word nie. Hulle gaan boonop ook waarskynlik hul werk en inkomste verloor.

Maroela Media het die SAL vir kommentaar genader en wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

SAL behoort aan die staat. So waarom moet die staat dan aan die staat belasting betaal? Kan die DA asseblief eerder oor goed kla wat regtig probleme is?

BoerSonderRoer ·

Hulle moet kla oor die Volkstaat wat nog nie gebou is nie.

Eerlik ·

Ek sou dink dat hulle juis móét belasting betaal aangesien daar soveel geld uit die algemene belasting beursie op n goue skinkbord aan hulle oorhandig word om te misbruik.

Jan ·

Die Da moet na hulle steme begin omsien. Want hulle is maar stil oor mense regte

Anel ·

Maak die plek toe. Dit gaan vir lank nie vlieg nie. So, dit dien geen doel nie.

Tewis ·

Jaco lees die berug mooi asb dis werknemers se geld wat af getref word vir belasting maar nie oor betaal word deur die werkgewer wat in die geval SAL is. Net soos wat jou geld af getrek word “MOET” dit oor betaal word..
Dankie DA dat julle verstaan!!!!

Fedup ·

When will you learn? No government entity will ever pay back anything. It is beyond them. They love all they can accumulate.

BoerSonderRoer ·

Is SAL nogsteeds oop? Maak net daai ding toe en kry klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.