SAL dalk Gigaba se toets

malusi-gigaba

Minister Malusi Gigaba tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: DoC

Was die ekonomie gegrond op die bordspel Monopoly, het die Suid-Afrikaanse regering dalk net daarin geslaag om bykomende “Kom uit die tronk”-kaartjies te verkry. En die ekonomiese verstrengeling het alles te doen met staatsbeheerde ondernemings.

Ekonome waarsku dat die kaartjies al minder raak en dat dít die regering op die agtervoet dwing.

Die regering moes drie keer moeilike finansiële besluite neem. En al drie keer moes hy van sy belange in telekommunikasie-aandele verkoop.

In 2006 het Transnet 82 miljoen aandele in MTN verkoop om sy pensioenfonds aan te vul. In daardie stadium was die bestuurshoof Maria Ramos, wat nou aan die stuur by Absa is. Die pensioenfonds het van ʼn surplus in 2000 tot ʼn rampspoedige verlies geval. Die regering van Thabo Mbeki het sy goedkeuring vir die transaksie gegee.

Bykans R5 miljard is deur die transaksie ingewin. Ondanks die “bonus” vir Transnet-pensioenarisse is daar nog ʼn hofstryd hangende oor hul finansies.

Nege jaar later het die regering hom in ʼn groter tameletjie bevind. Die winde van verandering het oor Suid-Afrika begin waai oor sy ekonomiese beleid en gevaarligte het begin flikker oor die gelddorstigheid en swak bestuur van sy openbare ondernemings.

Nhlanhla Nene, destydse minister van finansies, het goedkeuring verleen dat die staat sy 14% aandeelhouding in Vodacom verkoop om Eskom te finansier. Soveel as R23 miljard is deur dié transaksie opgelewer.

Eskom was destyds in ʼn finansiële verknorsing om beurtkrag te voorkom. Die aandele is aan die staatspensioenfonds verkoop.

En nou is nog ʼn telekommunikasie-aandeel in die spervuur. Telkom-aandele kan verkoop word om die SAL te finansier. ʼn Aankondiging word eersdaags deur Malusi Gigiba, minister van finansies, verwag.

Soos die DA LP  David Maynier tereg in parlement daarop gewys het: ʼn Goeie belegging word verkoop om ʼn slegte een te help.

Ekonome is van mening dat die SAL ʼn waarskynlike toets vir Gigaba sal wees. Indien hy dit druip, is nog ʼn ekonomiese afgradering van die land ʼn werklike moontlikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jacques ·

Dit is net die arme belastingbetaler wat aan die korste end trek op die einde . Dit is vir my net n skande dat die staat ou mense so uitbuit met belasting,enigste in die wereld .

zoom zoom ·

Gigaba sal sy hulp op die saak kry vanaf nr1 en diie guptas. So ons het geen krisis om oor te kommer nie.

Nico ·

Nee verkeerd jy as belasting betaler gaan hop jy word armer en zuma en sy trawante ryker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.