SAL: ‘Dank wittes eerste af’ – swart vlieëniers   

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Terwyl dit lyk of die skrif aan die muur is vir die bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn groep swart vlieëniers vir oulaas probeer om hul werk te behou ten koste van wit vlieëniers. Dit terwyl wit vlieëniers langer in die redery se diens is en meer werkervaring het.

Verlede Vrydag, op die einste dag waarop die sakereddingspraktisyns ʼn voorstel ingedien het om SAL se arbeidsmag van 4 700 werknemers in sy geheel te ontbind, het sewe eerste offisiere van die lugdiens in ʼn ope brief gevra of daar spesiale voorsiening vir hulle gemaak kan word indien herstrukturering sou plaasvind.

In die brief, wat onder meer na die reddingspraktisyns Les Matuson en Siviwe Dongwana gestuur is, sê die groep dat transformasie in die lugvaartbedryf vernietig sal word as die beginsel van “laaste in en eerste uit” met herstrukturering toegepas word. Maroela Media het hierdie brief onder oë gehad.

“As ons na die Suid-Afrikaanse Lugdiens se statistieke kyk, is daar tans min of geen begeerte om Afrikane te bevorder om ʼn sinvolle rol in die bedryf te speel nie,” lui die brief.

Daarom, sê die skrywers, is dit noodsaaklik dat die lugdiens swart vlieëniers moet behou nadat die sakereddingsproses afgehandel is en ook omdat die meeste van hulle deur SAL se eertydse kadetprogram opgelei is en daar hulle vlerkies ontvang het.

Die groep sê die maatskappy het baie geld in hulle belê en dat hulle gereed is om waarde vir daardie belegging te gee en ʼn beduidende rol te speel om die onderneming weer winsgewendheid te maak en sy eertydse glorie te herwin.

Hulle vra verder dat die gebrek aan leierskapsrolle wat aan swart mense in die lugdiens gegee word, aandag kry en gewysig moet word. Hulle beweer ook dat die huidige stelsel, waar vlieëniers volgens hul diensjare en ervaring bevorder word, in stryd is met die Wet op Gelyke Indiensneming en transformasie belemmer.

(Foto: flysaa.com)

Volgens die brief het SAL tans 438 wit mans en 52 wit vroue teenoor 56 swart mans en vyf swart vroue as vlieëniers in diens. Die getal vlieëniers wat deur bruin en Indiërs verteenwoordig word, is 72, waarvan ses vroue is.

Louise Brugman wat die reddingspraktisyns se mediaskakeling hanteer, het gesê hulle is bewus van die brief. Sy het aan Maroela Media gesê dis nie duidelik of die brief geskryf is vóór of ná die reddingspraktisyn hulle voorstelle verlede Vrydag na die betrokke vakbonde gestuur het nie.

Die voorstelle is gemaak nadat die regering die jongste versoek vir ʼn reddingsboei van R10 miljard vir SAL verlede week van die hand gewys het.

“Die brief van die swart vlieëniers maak nie sin nie want die voorstel van die sakereddingspraktisyns is dat álle werknemers afbetaal word. Dis die enigste opsie as die regering nie ʼn verdere reddingsboei gee nie,” sê Brugman. “Herstrukturering is eenvoudig nie op die onderhandelings-tafel as daar nie geld vir salarisse is nie.”

SAL-werknemers wat instem om skeidingspakkette te aanvaar sal volgens die voorstelle een week se besoldiging vir elke voltooide diensjaar ontvang, asook een volle maand se salaris as kennis van diensbeëindiging. Verlofgeld en die jaarlikse bonus waarop werknemers geregtig is, sal ook uitbetaal word.

SAL het tans nie voldoende geld beskikbaar om skeidingspakkette onmiddellik te betaal nie en sal eers van ʼn aantal van sy bates ontslae moet raak om die betalings te kan maak. Dit sluit die verkope van eiendomme en toerusting in, wat tussen ses maande tot twee jaar kan neem. Handelskuld sal ook eers ingevorder moet word.

Werknemers van SAL het tot Vrydag om die aanbod te aanvaar, maar Numsa sowel as die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging (Sacca) het die voorstel vir massa-afleggings van werknemers reeds verwerp.

Die sakereddingspraktisyns sê as SAL gelikwideer word voordat ʼn ooreenkoms vir afleggings bereik word, sal die werknemers elk slegs R 28 000 ontvang en saam met ander krediteure betaal word sodra die bates verkoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Dis dan reeds deur ” swart” leierskap en bee wat die sal lyk soos wat dit lyk.

Racheltjie Debeer ·

Jy vat die woorde uit my mond. Dit is a.g.v. swart bestuur dat die SAL bankrot is. Wys net weer hul gaan met oogklappe aan deur die lewe.

SomeOne ·

weereens maak die swart (7) kajuit bemanning dat hulle meer ondervinding het as die wit bemanning, wil sal ook nou met rasse diskriminasie voorendag kom ?, of gaan LIFO eerder werk ? wys ons sal waartoe julle instaat is

koos10 ·

Eerste offisiere is vlieeniers, nie kajuit bemanning nie. Soveel meer rede om my bas nooit weer op ‘n SAL sitplek te plak nie. En hulle het dan die beste geleentheid om ander werk te kry (of beteken dit dan dat hulle sal moet werk?)

Burgermeester ·

Ek sou se die stelling deur die swart vlieeniers is ‘n akurate weerspieeling van wat die ANC gekweek het, naamlik ‘entitlement’. Hulle dink mos die lewe skuld hulle alles.

Anel ·

As die besigheid nie meer bestaan hoe kan die spul dan nog vir dit werk? En hulle wil ins rondvlieg? Jammer, vertrou hulle niks.

Fedup ·

I would have fired those who wrote that letter first, just to be spiteful as you are being racist.

PieterP ·

SO byt jy die hand wat jou voer of geleer het om te vlieg.

Deon ·

sê die groep dat transformasie in die lugvaartbedryf vernietig sal word as die beginsel van “laaste in en eerste uit” met herstrukturering toegepas word.
Transformasie en die vakbonde se eise is die oorsaak dat SAL sy agterwêreld gesien het. Niks anders nie.

Nie Verbaas ·

Die arrogansie gaan my verstand te bowe. Te danke aan ANC en trawante is Suid Afrika in n gemors. Nou wil die klomp nog aandring dat daar geen plek vir Afrikane soos hulle dit stel is nie. Wat laat hulle dink dat hulle verdien om daar te wees? Omdat alles op n skinkbord vir hulle gegee word.

MakersMark ·

Ha ha ha wat ‘n grap die lugdiens is deur our people bestuur vir langer as wat ons kan onthou die laaste klomp CEO’s, CFO’s en voorsitters was almal ee kandidate nou is daar nie leierskap posisies vir swartes nie. Daarvoor gaan wittes nog blameer word ?

Kobus ·

Wanner gaan en indien ooit,gaan ons in SA praat van dokters,onderwysers,klerke ens as ‘n eenheid praat?Ons blankes loop op eiers wanneer ons oor/van swart mense praat.Wie diskrimineer nou eintlik? ‘n Voorbeeld is bv die prokureursverenigings.Die blankes moet swart lede toelaat,maar die teenoorgestelde geld by die swart vereniging .Indien ‘n swart persoon iets vermag,dan word kleur beklemtoon,bv ABC is die eerste swart man/vrou wat sus of so bereik het.Wanneer gaan swartmense vrede maak met die feit dat hulle swart is.Ons is geskape soos ons is en kan dit ongelukkig nie verander nie.Nou wil die swartmense weer voorkeurbehandeling kry.SAL is agv swart bemagtiging en aanstellings van onbevoegde mense waar hulle is.Noem een instansie wat deur sulke aanstellings winsgewend is? Eskom,SABC,Poskantoor,Prasa ens.

ameli ·

Dan moet die wittes ook nie meer op jul vlugte klim nie. Sien julle agterente.

Etienne ·

Wel… dit sal die laaste keer wees dat ons hulle sal gebruik. Die vraag is verder, hoe onderhou hulle die vliegtuie? Skriwekkend!

Frans ·

Ek gaan nou kras wees jule wit pilots weet jule is kwai op aanvraag in buiteland wees n trotse wit mense en doen wat reg is los die beee manier net hier da gaan nog baie companys volg

Pim ·

En as ek dit nie mis het nie is dit juis die transformasie wat SAL gekelder het. Jammer maar sonder wit vlieeniers sou SAL al lankal gevou het.

Ivana ·

Ek voel ook so, sal vloek soos n matroos. Hulle het sedert 1994 nog net als opgeneuk. Vliegtuie val uitmekaar en waar daar jare terug 2 mense n werk gedoen het is daar nou 20 poste vir dieselfde werk. Nee kyk wonder as dit andersom was watse rasseherrie sou dit dan veroorsaak het.

Andrew ·

Die lig punt. Eerste ou wat loop kry eerste van die min poste beskikbaar daar buite

Corne123 ·

n ope brief aan daai 7 gaan kyk wie het SAL tot hier gedwing en se vir hulle dankie dat julle ook nou sonder werk gaan sit heel moondlik

Jacobus ·

Wow. Dis nou flattening the curve op ‘n ander manier beskryf.
Sies.

Christa ·

Hoekom eerste wittes dis deur n Swart REGERING leier skap Dat Ons Land in n chaos is
Onbevoegde mense

msp ·

Jip Fedup, stem met jou saam, raak van die eerste ontslae wat die brief geskryf het en begin dan onderhandel as daar iets oor is om oor te onderhandel. Die wie die onsinnige brief geskryf het vertrou ek glad nie, as iemand so onosel dink, hoe gaan hulle dan ń vliegtuig in die lug hou wena!

AmY ·

Ek dink ander lugdienste (van oorsee) sal daai vlieëniers met graagte aanstel.

Ruben ·

Ons wit vlieeniers sal by ander lugdienste werk kry ongelukkig kan ek nie die selfde se vir van die res nie oor meeste nie daar is op meriete nie.

Lizanda ·

Dankie Ruben

Stem saam, en weet jy wat dis nie net wit vlieneers wat in aanvraag is nie, maakskappye staan tou om wit mense van alle beroepe in diens te neem, so sterke comrades JULLE gaan dit nodig he!!!!

Nie Verbaas ·

As mense nie eers verstaan dat dit meen dat SAA nie meer gaan bestaan nie, dan wil ek regtig nie he so persoon moet in beheer van n vliegtuig wees waar ek n passasier is nie.

Stefan ·

Hoekom verneder julle jul self so deur altyd aan te dring op voorkeursbehandeling?
Dit maak dat almal dink julle kan onmoontlik self die mas opkom.

Eragrostis ·

Hierdie is maar net weereens ń optrede wat homself oor en oor in Suid-Afrika herhaal onder die vaandel van ‘gelyke indiensneming, menseregte, voorheen benadeeld, swart bemagtiging’, hoe hulle dit ook al wil bewoord, maar dis niks anders as rassisme nie. Ek het dit teen sulke mense of organisasies wat hul motiewe agter die grondwet se idilliese sosialistiese agenda laat skuil, maar in wese omgekeerde apartheid beoefen, wat hulle so ten sterkste veroordeel. Wees eerder eerlik en sê dat jy rassistiese motiewe het en ongelykheid wil bevorder, maar moenie dit onder obskure vaandels doen en dan maak asof jy goeie bedoelings het, en almal jou moet jammer kry nie. Word groot en redeneer volwasse.

Marthinus Johannes ·

Soos by enige ander bedigheid, onbevoegde moet eerste waai dan is dit last in first out.

Onnie ·

Hahahahaaaa! Die stukkie waar hulle beweer dat “diensjare en vliegervaring” nie ‘n goeie maatstaf vir bevorderingsposte is nie, wys net hoekom hulle nie daardie bevordering gekry het nie. Ek glo ‘n bevelvoerder of bestuurder van enige aard moet darem meer ervaring (en verstand) hê as die mense onder hom – anders is dit net ‘n gemors. Jy moet darem respek en agting vir jou seniors kan hê .

Adam Adriaan ·

Die skrif is aan die muur. Soo die spreek woord sê “Hond begin nou hond eet”

Ansie ·

Is dit dalk omdat hulle van mening is dat wit vlieëniers makliker werk in ander lande sal kry? Hoeveel vertroue moet ek in hulle hê as hulle nie vertroue in hulle eie vaardighede het nie?

Strandloper ·

Geen kameraadskap….so pop die een vrot appel na die ander uit. So eie aan hul denkwyse.

marius ·

Laat hulle gaan aansoek doen vir poste in enige oosterse land , tesame met enige pienk , pers , wit , groen , geel of bont kleur. Kyk dan of ondervinding by die deur uitgegooi. word en of ras voorkeur kry .

Gemaskerde Sopbeen ·

Vreemd dat die ouens en baie ander van hulle kamerade nie uitgeput raak van die enorme boomstompe wat hulle op hulle skouers saam dra nie.

lodewyk ·

Weet dit gaan my te bowe dat as die wiele afval dat die Afrikane “cry babies” word en skielik moet almal hulle jammer kry en hulle kaarte speel teen ander rasse?,glo my die virus ken nie kleur nie en almal kry swaar-wit-swart-indier-kleurling-pienk of kies die kleur,dis al genoeg dat daar rase voorkeur is an hulp vir kleiner besighede en so gaan dit aan,vir my is die brief n ope teenstrydigheid teen mense regte en ek hoop Soldariteit los dit nie daar nie????,die skrif is aan die muur -SAL is al lankal op n lewens masjien gekoppel en die belasting betaler moes die ICU rekening betaal

IQMaps ·

Standaard praktyk – Last in First out. Dit moet gaan oor ondervinding en toekomstige veiligheid, passasiers en werknemers se lewens moet in aggeneem word. Besluite word vir ie verkeerde redes geneem.

Mundus ·

Hierdie is maar nog ‘n voorbeeld van die ‘koste van transformasie’. Eskom beskou byvoorbeeld ‘n kwotasie van R100 deur ‘n swart klein besigheid (level 1) as gelyk aan ‘n kwotasie van R92 vanaf ‘n wit klein besigheid (level 4). Bygese, as ek ‘n verdienstelike swart vlieenier was sou hierdie brief my nogal minderwaardig laat voel het teenoor wit mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.