SAL dryf “roekeloos” handel

(Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se raad van direkteure het erken dat hulle die lugdiens toelaat om roekeloos handel te dryf.

In ʼn verslag aan Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) die afgelope week het die raad erken dat SAL roekeloos handel dryf, aangesien instansies wat aan die lugdiens geld leen, nie bereid is om hul fasiliteite uit te brei nie. Dit ten spyte daarvan dat die regering pa staan vir die skuld. Die raad is ook nie meer seker van finansiering deur aandelehouers nie. Dit beteken dat hulle geen behoorlike waarborg aan hul skuldeisers kan bied nie.

SAL moes maande gelede al sy finansiële state voor die parlement ter tafel gelê het, maar het dit nog nie gedoen nie. Volgens Alf Lees, ʼn DA-lid van Scopa, het SAL ook nie die afgelope twee jaar sy jaarlikse finansiële state gepubliseer nie.

“Dit is tyd dat die lugredery eerlik is met die parlement en met die publiek en erken daar is geen omdraaikans meer nie,” sê Lees.

SAL het Sondag aangekondig hy gaan ʼn “radikale herstruktureringsproses” ondergaan om sy finansiële en bedryfsvolhoubaarheid te verseker. Intussen het Sakeliga sy lede aangemoedig om nie met SAL te vlieg nie.

“Die DA sal aanhou om die minister van openbare werke aanspreeklik te hou vir die vermorsing van miljoene rande se belastinggeld wat hulle aan die lugredery betaal het,” sê Lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JZ ·

BEE en vakbonde met die ondersteuning van die ANC regering moet pa staan .

Plakkaat ·

Where is the money? If you got more than 40% in grade 9 then you would understand….

John ·

Mens sal nie verbaas wees as die SAL se slim direkteure ‘n paar ou Concords van die Franse aankoop nie, dan kan hulle nog vinniger bankrot speel. Dalk kan van die nuwe slim eiendomsagente wat nie opleiding hoef te kry nie ook help om die vliegtuigies te bestuur…

HPV ·

Natuurlik sal hulle roekeloos handel dryf, die reddingsboeie stroom mos gereeld vanaf die belastingbetaler. Hulle het egter nooit in hul wildste drome gedink dit kan opraak nie.

lanie ·

Privatiseer SAL dan sal al die nonsens stop. Weg met die vakbonde, hulle rig meer skade aan as iets anders.

Bekkie ·

S A A – South African Scareways……… no more money!
No decent parts to fix the planes. The public are playing with their lives.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.