Die GRS het Vrydag in die guns beslis van ʼn gereelde passasier wat oor die advertensie gekla het. Die advertensie wat in koerante geplaas is wys passasiers wat ʼn groot maaltyd en wyn geniet terwyl hulle teruglê in sitplekke wat ver uit mekaar is.
Die klaer het aangevoer dat die advertensie ʼn valse verwagting skep dat dié omstandighede op alle plaaslike besigheidsklasvlugte van toepassing is. In die advertensie word daar slegs in fynskrif aangedui dat die Airbus A330-200 net sekere roetes vlieg.
SAL het in sy verdediging aangevoer dat hy nie elk van die vyf tipes vliegtuie, wat vir plaaslike vlugte gebruik word, in ʼn advertensie kan wys nie.
Die GRS het in sy uitspraak gesê hy aanvaar “dat alle vliegtuie nie ‘gelyk’ is met betrekking tot ruimte, luuksheid en sitplekke nie”. Die GRS het egter gesê hy kan nie die feit ignoreer dat die advertensie ʼn “verwagting” skep dat enige vlug soortgelyke omstandighede sal bied nie.
Die GRS het SAL beveel om onmiddellik die advertensie te onttrek.
Cattle class. Jy kan skaars asemhaal so naby sit die ou langsaan.
SAA se diens is swak en hul personeel is ongeskik. Ons het onlangs met Kenyan Air Nairobi toe gevlieg en dit was n belewenis met vriendelike personeel en uitstekende diens en heerlike sitplekke. Neewat ek het lankal vrede gemaak met SAA dankie.
Min Schoeman het jare gelede gevra, wil julle eet of vlieg, huidig wil die regering albei doen in gemak! Driepoot pot gaan nie werk op n vlug nie.
Ek vlieg gereeld Ghana toe en terug met SAA en die diens op die vlug is baie goed. Ek het al met Kenia Air gevlieg en verkies SAA bo Kenia Air.