Die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sê hy hervat Dinsdag vlugte na ses bestemmings op die vasteland, naamlik na Akkra, Lagos, Lusaka, Maputo, Windhoek en Harare.
Die staatsredery het Vrydag plaalike en streeksvlugte opgeskort nadat duisende werkers verbonde aan die National Union of Metalworkers (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) begin staak het.
“Ons is verheug om te sê SAL hervat nou weer verskeie dienste en dat ons meer vlugte na die vasteland kan bied. Al ons internasionale vlugte is ook weer terug op skedule. Dit is belangrik om kennis te neem dat al ons bedrywighede veilig is en dat die redery nooit op dié sleutelverantwoordelikheid sal inboet nie,” het Philip Saunders, SAL se kommersiële hoof, gesê.
“Al SAL se internasionale vlugte is nou weer ten volle operasioneel. SAL wil personeel bedank wat aanhou werk het, ten spyte van dreigemente en intimidasie deur vakbonde. Dit is duidelik dat SAL se mense vasbeslote is om klante eerste te stel.”
Saunders het gesê SAL sal klante op streeksroetes waar moontlik op ander beskikbare vlugte plaas.
“Ons wil weer eens ons passasiers om verskoning vra vir die ongerief. Ons is steeds besig met samesprekings met vakbonde en bly verbind tot ʼn spoedige oplossing in die beste belang van alle partye.”
Passasiers word gevra om nié by die lughawe van hul vertrek aan te meld sonder dat hulle ʼn aangepaste reisdokument het nie. Diegene wat ʼn terugbetaling vereis of hul kaartjie na ʼn ander reisdatum wil verskuif, het tot 30 November geleentheid om dit te doen.
Dis nou jammer
Haha sleg goed
Kan ook nie eers die staking afhandel nie…. Bail-outs gaan weer aan….
Maak toe ingesluit Payroll. Hulle is niks werd.
Slegte nuus, het so gehoop hulle vlieg nooit weer nie, nou moet die belastingbetaler weer uithaal en wys om die bankrot spul in die lug te hou.
Die grootste meerderheid staak nog hou duimvas
Koop mense regtig nog kaartjies om met SAL te vlieg?
Wonder ek ook
Die SAL moet aan die gang gehou word. Die gemiddelde Suid Afrikaner het geen probleem daarmee dat VAT en persoonlike belasting verhoog word om die SAL en ook Eskom te finansier nie. Ek sal meer betaal en verwag dat enige goeie landsburger wat n ware patriot is dieselfde sal doen.
Eish Gert. Vir ‘n oomblik het ek gedog jy is ernstig!
Ek begin gewoond raak aan die vliegtuie met die rooi wit en blou sterte.
Ek stem saam Gert, onbs het mos nog rugby. Dan is alles reg, Saterdag braai en suip ons.
Die buitelandse firma waarvoor ek werk gebruik meestal SAA vlugte na Afrika bestemmings.
Die verskil teenoor ander rederye is dat meeste vlugte direk is. Waar ek bv. Johannesburg – Accra kan vlieg in 6 ure, kos ander rederye my tussen 13- en 22 ure, beenspasie is knap en party van die vliegtuie se lugwaardigheid verdag.
Die internasionale roetes behoort winsgewend bedryf te kan word deur SAA. Gee plaaslike roetes aan laekoste rederye b.v. Mango (SAA se eie) en raak ontslae van 80% van personeel.
Gert, betaal maar vir al die diefstal , korrupsie en jobs for pals en pals for jobs. Ek sien SAL liewer in die hel voor ek meer sal betaal en dit het niks te doen met patriotisme nie. Uit beginsel sal ek ook nie SAL vlieg nie en vlieg net Quantas as ek vir die kinders in Aus gaan kuier.
Gert skeer die gek. Dink nie daars iemand wat gepla is oor die staat se sirkus nie.
Trojaanse Donkie,
Oorweek gerus Singapore air. Uitstekend.
Dis darem nou ‘n jammerte. Ek het gewens die staking moet SAL se deure finaal sluit. Dit sal mos pas by ons piesang status.
SAL kan hel toe. Sink daai skip. Dit is ‘n comrade-plek. Nee wat.
Ek vlieg liefst met Lufthansa en my gunsteling is KLM.. soms is die aankondiging in Afrikaans :)))). Of, soms personeel wat Afrikaans praat :).
@ Michiel – Lufthansa – rerig? Duidelik lees jy nie die nuus “behoorlik” nie.
Gert
One of the telling results is that customers of all airlines felt that the price they paid for tickets was not fair when looking at the quality of service provided by the airline. In short, passengers felt tickets are too expensive when considering what they got for their money.
Among the unhappy passengers, those flying with Kulula were the happiest.
Consulta notes in the report that Kulula had the smallest gap between price and quality at -0.6.
SAA performed the worst when comparing price to quality with a negative gap of 6.2 – showing that SAA customers were extremely unhappy when comparing service and price.
However, passengers still thought they got value for their money overall, with FlySafair customers thinking that their airline gave them good value for their money. FlySafair was the clear leader in terms of perceived value with a score of 83.4. Kulula and Mango were tied in second place with 78.8, while SAA was the worst at 66.7 points.”n brokkie nuus van SAL wie jy so graag wil borg!
Eks bly as die dinge kan aangaan sonder die unies, dis dalk die perfekte midde weg?
Gert , Het jy toilet water gedrink. Niemand moet eintlik SAL gebruik nie.
Miskien ‘n goeie aanduiding van wie afgedank kan word en wie regtig wil werk …..
Net so, laat almal maar gaan, hulle kan nog bly wees hulle het ‘n werk maar nee hulle wil net meer en meer he, en hulle weet SAA is bankrot, sotlike denkwyse
Ek vlieg net SAFAIR! Indien hul vlugte my nie pas nie… BA.