SAL hervat nié vlugte in Junie, sê sakeredders

(Foto: Suid-Afrikaanse Lugdiens)

Volgens die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders sal dié lugdiens nié van sy binnelandse vlugte in Junie vanjaar hervat nie.

Dít nadat die SAL Dinsdag in ʼn verklaring gesê het hy behou vir tyd en wyl sy binnelandse vlugskedule tussen Johannesburg en Kaapstad en hoop om teen die middel van Junie dié vlugte te hervat.

Die sakeredders Les Matuson en Siviwe Dongwana sê nou dié verklaring is strydig met hul kommunikasieprotokol wat uitgereik is. Dié protokol is ingestel juis sodat verklarings nié sonder goedkeuring uitgereik word nie.

“Geen vlugte sal voortgaan voordat die SAL nie ʼn beter begrip het van wat die vlak 3-afsondering behels in terme van binnelandse lugreise nie,” het hulle verduidelik.

“Dit is jammer dat die verklaring, wat nie goedgekeur is nie, ʼn onrealistiese verwagting by ons belanghebbendes, onder wie SAL se kliënte en werknemers, geskep het. Laasgenoemde is met onbetaalde verlof weens die reisverbod wat gelei het tot die staking van die onderneming se bedrywighede en bygedra het tot die finansiële nood,” sê Matuson en Dongwana.

Maroela Media het vroeër berig geen binnelandse of buitelandse vlugte word tans weens die vlak 4-afsondering toegelaat nie, behalwe om noodsaaklike items te vervoer. Die SAL is boonop in Desember in sakeredding geplaas en die regering, sakeredders en vakbonde kon nog nie oor die toekoms van die redery ooreenkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Amper soe sleg soos die ANC….ons, sal, ons sal nie, ons sal, ons sal nie. Wat se jy Nkosazana ons sal? Nee Cyril ons sal nie! Maar ek dog jy het 15 minute gelede gese ons sal Nkosazana? Wel Cyril ek het van besluit verander. Cyril, wie is President, ek of jy?

Stofdonkie ·

Cyril: “Nko, moet jy so streng wees? Jy kan maar bietjie president wees, ek gaan eers bietjie rus. Moenie vir jou eks man sê nie hoor, nou-nou wil hy weer sy vriende nooi om te kom geld vat en dan is daar nie meer vir ons nie.”
Nkosazana: “Ag cyril my maat, jy mag maaar dan so rukkie my minister wees hoor. Ek sal jou volgende toespraak vir jou sommer wattsapp dan moet jy hom mooi leer. Ek sal jou laat weet wanneer jy hom vir die land moet opsê hoor. En wees versigtig, ek gaan groot woorde insit, maar in kort, sê net vir die mense hulle moet hande was, en ver van mekaar af staan. En onthou nou mooi, moenie vir hulle gaan staan en sigarette belowe nie, edward zuma het ‘n nuwe huis, 3 karre en 4 kredietkaarte wat hy moet betaal voor ons die sigarette weer kan laat verkoop.”

Johan ·

Ek is bevrees dat dit reeds té laat is vir omdraai of herstel…hierdie land het gefaal en net ń reuse aardbewing en tsunami sal hom kan red.

Marcia ·

klink soos daai speletjie, ek sal, ek sal nie wat die 3 jariges speel

Gerhard ·

Die “belanghebbendes”is seker al die kaders in die parlement…

Jessey ·

Lag ek alweer my masker af. Die linkerhand in al hierdie departemente het geen idee wat die regterhand doen nie. Wonder hoe kry hulle, hulle hande gewas in die proses

Nie Verbaas ·

Gordhan en vennote, weet julle wat mense van julle dink? Die hele ANC moet begin rooi neuse dra. Hulle is snaaks.

marius ·

In plaas van rook kan daar seker wettig botteltjies lag gas gekoop word . KAN NIE MEER NIE !

Misky ·

Ek is seker weer agter die tyd, want laaste wat ek kan onthou is gese SAL is bankkrot verklaar en dis verby met hulle. Maar hier wil nou weer gevlieg word….. wat het ek gemis?

Sarel ·

Sakeredders???? Hulle sny die SAL se inkomste nie uitgawe nie. Is hulle daar om te red of te vernietig wat oor is. Vertrou die.ouens glad nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.