SAL hervat vlugte ná kansellasies

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Sondagoggend bevestig dat alle vlugte tussen Suid-Afrika en Zimbabwe weer hervat is.

Die nasionale lugdiens het Saterdag aangekondig dat alle vlugte tussen dié twee lande tydelik gekanselleer is.

SAL se woordvoerder, Tlali Tlali, het aan JacarandaFM beverstig dat vlugte Sondagoggend weer hervat is.

Tlali het gesê die lugredery sal sover moontlik bystand lewer om te verseker dat passasiers se vlugte herskeduleer word. Sy het gesê reisigers moet intussen SAL se webwerf dophou vir die jongste inligting oor vlugte.

Talle mense het hulle ná die lugdiens se aankondiging Saterdag tot sosiale media gewend om hul misnoeë met die redery uit te spreek wat dié nuus op kort kennisgewing bekend gemaak het.

Mense het onder meer aangevoer dat hulle Saterdag of Sondag veronderstel was om tussen dié twee lande te reis, of dat sommige van hulle geliefdes gestrand gesit het op ʼn lughawe.

Talle het ook geëis dat alternatiewe akkommodasie gereël moet word aangesien hulle op die laaste minuut omtrent die vlugkansellasies in kennis gestel is.

Die DA het Malusi Gigaba, minister van finansies, gekritiseer omdat hy nié onmiddellik ná SAL se aankondiging die publiek oor die stand van sake, onder meer die veiligheid van die SAL-bemanning in Zimbabwe, ingelig het nie.

“Die stilte van ons regering oor die Grace Mugabe-saak is oorverdowend,” het Alf Lees, woordvoerder van die DA, gesê. “Dié saak is nou die oorsaak dat die bedrywighede van die nasionale lugdiens onderbreek is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

Alles weer terug na normaal want Grace is terug in Zimbabwe en sodoende kan die blokkeering weer opgehef word.Dit herinner my aan Bashir se vertrek met ons UN vredemag sodate wat omsingel was in sy land en opgehef was nadat hy suksesvol SA kon verlaat.

Koos1 ·

Ja nee. SA burgers word as gyselaars geneem deur die ANC se bondgenote! Bruno jy is 100% korrek.

Alida ·

Wie vlieg nog SAL? Jy is onseker oor jou vlug want hulle staak n dag voor jou vertrek. Nee dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.