Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het Woensdag weer sy vlugte na Blantyre in Malawi hervat.
“SAL sal weer drie keer per week tussen Johannesburg en Blantyre vlieg,” het Tlali Tlali, woordvoerder vir SAL, gesê.
Die vlugte is tydelik opgeskort toe ʼn lughawe in Blantyre gesluit is vir dringende herstel- en instandhoudingswerk aan die aanloopbaan. -SAPA