SAL-hoë nader KVBA oor afdanking

Argieffoto

Phumeza Nhantsi, voormalige finansiële hoof van die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL), het haarself tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gewend aangesien sy beweer sy is onregmatig afgedank.

Nhantsi en Musa Zwane, waarnemende uitvoerende hoof, is verlede week deur SAL afgedank ná hulle vroeër aan die raad aanbeveel het dat SAL ʼn ooreenkoms met BnP Capital teken om R15 miljard te bekom om hul skuld te konsolideer in ruil vir ʼn fooi van R256 miljoen.

Volgens Nhantsi is sy op grond van “ongegronde aantygings” afgedank.

“As ʼn werkgewer was SAL verplig om ʼn ondersoek uit te voer en genoegsame bewyse van wangedrag te vind voor hulle dissiplinêre stappe gedoen het. Eenvoudig gestel moes die SAL bewys dat ek skuldig was aan wangedrag en nie net staatgemaak het op bespiegeling en ongegronde aantygings nie.”

Volgens Nhantsi het sy voorleggings gemaak voor haar afdanking, maar is dit nie genoegsaam in ag geneem nie.

“Ek hoop dat die KVBA vir my en SAL ʼn platform sal gee om te bewys dat ek nie verantwoordelik gehou kan word vir enige dade wat die maatskappy se beleide oortree het nie.

Sy het ook gesê dat SAL nie nét sal moet bewys dat die beweerde wangedrag plaasgevind het nie, maar ook dat sý die een is wat daarvoor verantwoordelik is.

Tlali Tlali, woordvoerder vir SAL, het gesê die maatskappy wil in dié stadium slegs bevestig dat hulle bewus is van haar besluit om die KVBA te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Booh ·

Sonder om jou saak te lees kan ek sommer weet hulle het jou nie verniet afgedank nie en as jy kyk hoe ‘suksesvol’ die SAA is, kan ek nie anders as om met hulle saam te stem nie .. Jy het darem sekerlik ‘n lekker stewige goue handdruk gekry dan nie? Weet jy dan nie dat jy nie iets kan toeken IN RUIL VIR IETS ANDERS NIE?? Veral nie as dit na jou sak toe gaan nie.

koos1 ·

As ek reg is is die maksimum wat die KVBA kan toe ken ‘n jaar se salaris?
SAA voeg maar daai bedrag ook by julle konsolidasie lening.

Alida ·

Bitter min mense word onregmatig afgedank en veral nie iemand in haar posisie nie. Kry vir jou sussie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.