SAL-hoof bedank ná skikking

Argieffoto

Argieffoto

Monwabisi Kalawe, geskorste hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het met onmiddellike effek bedank.

Kalawe is in Februarie geskors hangende ʼn ondersoek na beweerde ernstige wangedrag. Tladi Tladi, woordvoerder van die lugredery, het Vrydag gesê Kalawe het uit sy posisie as uitvoerende hoof en direkteur van SAL bedank en dat enige verdere dissiplinêre prosesse dus onnodig sal wees.

“Mnr. Kalawe het betaling van SAL ontvang in ruil vir sy kontraktuele drie maande kennistydperk en alle uitstaande verlof tot en met diensbeëindiging sal aan hom uitbetaal word. Hy sal ook ʼn ekstra drie maande se salaris ontvang in ruil vir sy instemming om sy pos onmiddellik te ontruim,” het Tlali gesê.

Dit kom nadat Kalawe ʼn dringende aansoek by die arbeidshof ingedien het ten opsigte van twee beweerde beskermde bekendmakings. Die aansoek is na ’n arbitrasieproses tussen SAL en Kalawe se regspan verwys en op 17 April deur adv. Nazeer Cassim aangehoor.

“Tydens die arbitrasieproses het albei partye ingestem dat die werkverhouding tussen mnr. Kalawe en SAL onherroeplik beskadig is en dat mnr. Kalawe nie langer in diens van SAL wil wees nie,” het Tladi gesê. Cassim het die partye aangemoedig om ʼn skikking te bereik en oor die voorwaardes van Kalawe se diensbeëindiging ooreen te kom om verdere kostes en skade aan albei partye en die maatskappy se beeld te vermy.

Hierdie skikking sal SAL in staat stel om sy volle aandag aan operasionele uitdagings te wy, het Tladi gesê. Albei partye het aangedui dat hulle nie verdere mediaverklarings oor die skikking sal uitreik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moeggepraat ·

Ek hoop van harte dat die onbevoegde pesone wat hom aangestel het sy voorbeeld sal volg en asb ook bedank!

scalla ·

Hy moes in die eerste plek nie aangestel gewees het nie, alles gaan om vergoeding, korrup en onbevoeg, viva comrade

Piet Pompies ·

…….”Golden handshake” with our Tax money, just to get another position in the Government and continue with his incompetence …….

J.Z ·

Net om n volgende on bevoegde aan te stel en oor n paar maande met ons belasting geld n goue handrukke uit te deel en dan die proses weer van vooraf te begin.oor en oor,

Swanna ·

Stem saam met Piet en JZ. Dit is die hoeveelste een wat daar ‘n goue handruk ontvang het nadat hulle “K#$%^&?” aangevang het en dan word hulle net verplaas na ‘n ander afdeling in die stelsel waar hulle verder met hul gemors aangaan. So ‘n persoon moet eintlik totaal by geen plk weer ‘n bestuurs pos ontvang nie. Hy moet eintlik total en al uit die stelsel verwyder word. Soos byvoorbeeld op die laagste vlak van sy lyn van diens lewering te plaas sodat hy van vooraf weer kan leer as hy kan of ooit het is ook ‘n groot vraag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.