SAL-kajuitpersoneel staak oor kostoelaag

Foto: ANA

Kajuitpersoneel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdagoggend voor die lugredery se hoofkantoor in Kempton Park begin betoog.

Nagenoeg 1 300 lede, sowat 85%, van kajuitpersoneel neem glo aan die staking deel en eis dat hul internasionale kostoelaag van $130 (R1 710) na $170 (R2 236) verhoog word. Volgens die South African Cabin Crew Association (SACCA), wat die werkers verteenwoordig, is die toelaag die afgelope ses jaar nie aangepas nie.

SAL het intussen bevestig daar is vertragings en kansellasies weens die stakings. Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het gesê vlugte wat vroegoggend van kusstede moes vertrek, is die ergste geraak deur die stakings.

Tlali het gesê die vereiste aantal kajuitpersoneellede is nie tans beskikbaar om sekere vlugte te kan bedryf nie. “SAL sal deurlopend kommunikeer oor watter opsies beskikbaar is om die uitwerking van die vertragings te probeer beperk.”

Reisigers kan SAL nader vir meer inligting:
Johannesburg-inbelsentrum: 011 978 1111 of 0861 606 606
Webwerf: www.flysaa.com
Facebook: www.facebook.com/flysaa
Twitter: Twitter.com./flysaa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jaco ·

“Flights are full were is the money”….Die geld is in die bestuur se switserse bankrekenige :-)

Henry ·

Ek het nie geweet dat daar nog siele is wat SAL, oftewel SAA, as vervoermiddel gebruik nie!!!

Danie ·

Moet nogal sê nie een van hulle lyk eers naastenby ondervoed nie. Lyk eerder of hulle gereeld hulle klere na ‘n hoër nommer moet aanpas.

Skande ·

AG ASB nog ‘n spul wat staak, BEDANK en gaan soek ander werk dat mense wat WIL werk julle werk kan kry. EK is al so keelvol vir HE EN DEMAND en BETOOG< ek kan iets oorkom . as die geld en toelaag en werk nie vir jou is nie gaan kry vir jou 'n ANDER Werk of bly stil en wees dankbaar jy HET WERK!!! SKANDE!!!

Elizabeth ·

Volgens Radio Pretoria nuus is die toelae per dag? As dit so is, is dit regtig belaglik en as dit per maand is, is dit meer as genoeg! Dit is meer as my huishoudelike toelae per maand, ver meer, baie baie meer! Leef hulle om te eet of eet hulle om te leef????

Seg maar net ·

Volgens minister Dlamini kan ‘n huisgesin op minder as R800 ‘n maand oorleef. So pas dit toe op die vreters ook. Sy self slaap mos in ‘n hotel in NY teen R95 000 ‘n aand!!!!! Nie ‘n tikfout nie

Leonie ·

As ek so na hulle kyk het hulle nie ‘n groter kos-toelaag nodig nie.

Scalla ·

In die tagtigerjare toe oorlede Hendrik Schoeman minister van vervoer was het hul ook gekla oor die kos, sy antwoord was reguit, wil julle vreet of wil julle vlieg, dieselfde beginsel kan mos hier van toepassing wees.

Petro ·

Dankie Scalla…na ‘n lang week het ek my nou opgelag vir jou comment. Priceless ?? ek stem volkome saam

m ·

Mense kan tog so aangaan asof hulle niks gewoond is nie. Daar is mense wat nie eers kos het om te eet nie.!!!

Nellie ·

Goeie liewe land. Wat eet jy vir R2 236 PER DAG? Belaglik. Sit eerder hierdie mense op dieet.

Nettie ·

As jy dit deur die huidige randwaarde wisselkoers (R vs $ of Euro/pond) werk dit op iets soos 160$, of 150 pond of 124 Euro uit, wat seker maar min is. Hierdie kajuitpersoneel is nie net binnelands nie, maar vlieg ook oorsee. Maar ek stem, fire almal en gee die werk vir mense wat bereid is om vir die “min” geld te werk.

charmaine ·

Weereens jare terug poste weggevat van die wittes, dis tog wat hulle wou he, nou het hulle dit en nog soveel meer en nou word daar getoi-toi en demand vir nog meer, niks het iets geword en niks is niks gewoond nie.

Dawie ·

Weer n bewys Unies beheer die land en die Korporatiewe kultuur. Dis tyd dat die korporatiewe entiteite ook begin ruggraat kry en optree. “Fire” die spul van hulle en kry mense wat wil werk.SA sit juis met van die duurste lug rederye in die wereld.Koste gewys en ” payroll” .Ek blameer korporatief ook hiervoor aangesien hulle nie optree nie maar almal wil tevrede hou insluitend die regering.

Chilli ·

Hulle soek meer vir kos maar die kosvoorsieners word uitgemoor? Maak nie sin nie en ja, hulle lyk sowaar nie asof hul kos nodig het nie

Valerie ·

Mm, daar is ‘n Ascot Diet Kliniek in Kemptonpark. Soek maar self die nommer op; dit sal die “honger” stakendes (onprofessioneel en onbeholpe boonop) meer help. Belowe.

HANS ·

Genoeg sal nooit genoeg wees nie. Jare gelede was daar op die TV-nuus n onderhoud met n agtergeblewene wat sopas sy nuwe HOP-huis in ontvangs geneem het. Op n vraag hoe dit nou voel om jou eie huis te he was die antwoord: “I am very much not happy; they must give us bigger houses.” My seuns bly vandag by my, omdat n woning vir jongmense onbekostigbaar geword het. Hulle sou wat wou gee om so n huisie te kon “kry.” So gaan dit met alles — nooit genoeg nie; altyd nog meer “demands.”

Jannie ·

Binnelands (plaasliks in SA) is dit baie goedkoper om uit te eet as wat dit internasionaal kos om uit te eet agv die SA Rand se swak koopkrag. As ‘n mens oorsee reis, moet jy alles vermenigvuldig met die spesifieke land en die Rand se wisselkoers. Vra maar vir almal wat reeds oorsee gereis het hoe baie duur dit kos om iets in dollars/pond of Euro,ens te koop om te eet!

Ja wohl ·

Ek verstaan absoluut wat jy se, maar wat is die gevolg hiervan? Die vliegtuigkaartjies gaan dan net weer op en EK EN JY wat OOK OORSEE vlieg, kan dit dan nie meer bekostig nie. As jy daardie beroep gekies het, dan eet jy maar net versigtiger oorsee, alles in die vliegtuig is tog verniet, so eet genoeg. Ons koop ons kosse by Supermarkte om JUIS nie daardie belaglike duur kosse by restaurante te moet koop of “service fees” soos in Italie te betaal nie .. daar is ‘n weg, maar as jy net kan DEMAND, why not? Eet jy elke dag uit? Ek nie, so ek sal heeltemal tevrede wees met daardie toelaag as ek weer oorsee gaan, dit koop heelwat by ‘n supermark.

Alta Harries ·

Vir mense wat baie oorsee reis weet die kajuitbemanning ook waar om die beste en goedkoopste kos te kry (of enige iets anders wat jy soek….) die res is “spending money”. So dit gaan hier net oor ekstra sakgeld en nie meer kos nie. Vra maar vir enige kajuitbemanning by enige redery….. dis ‘n feit soos ‘n koei…

Lynette ·

Ek wil net noem as jy oorsee vlieg, veral vlugte na Australie, kry jy so baie om te eet tydens die vlug dat ek nie glo die personeel kry nie ook kos nie. Dis dan net vir die oorslaap wat hulle geld vir kos benodig. In Australie het n vreeslike groot ontbyt wat ek nie kon klaar eet $38 gekos. Dis dalk nou bietjie meer maar ek glo hulle kostoelaag is genoeg.

Jannie ·

Aus$ 38-00 x R10-00 = R380 vir ‘n ontbyt! Koffie is nie eers ingesluit nie, maar ekstra koste! Ek moes al R60 ekstra vir ‘n koppie koffie betaal! Dan kos Lynette se groot ontbyt mens R420-00! Dit gaan nie hier oor hoe klein óf groot die ontbyt is nie!

Jack Russl ·

Natuurlik maak dit saak hoe groot die ontbyt was. Indien die ontbyt bestaan het uit een eier en ‘n snytjie brood gaan daar mos ontevredenheid wees omdat die toelaag net ‘n minimale ontbyt kan voorsien wat amper niemand se hongerpyne sal stop nie. Sy wys uit dat dit ‘n groot ontbyt is, dus indien die werkers bietjie hulle breinselle gebruik en nie net by die eerste winkel inloop nie, sal hulle ‘n beter maaltyd teen ‘n beter prys kan kry.

Hulle hoef nie altyd by die duurste plekke te eet nie, McDonalds is ook ‘n uitweg as hulle geld min raak

Susanna ·

Ek vlieg gereeld oorsee. Meeste goeie hotelle gee gratis ontbyt en ek is seker die hotelle waar die mense bly, sluit ontbyt in.
Om dan nog eens omtrent $50 – 60 (of £ of €) per ete oor te hê, is meer as luuks.
Die gemiddelde Amerikaanse maatskappy gee net $50 per dag vir hulle mense wat oorsee reis.
Hierdie lawwe spul sal hulle wat verbeel.

Liewe Land ·

O die onkunde wat met ‘n toe smoel verberg kan word.

Dit is standard praktyk om mense wat vir werk oorsee gaan ‘n daaglikse toelaag te gee. SARS gee riglyne vir die bedrae wat van land tot land verskil. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink $130 is onder die SARS riglyn vir die VSA,

Lynette ·

Ja Jannie, ek weet hoeveel dit kos in rande maar as jy.hulle geld wat hulle in dollars kry in ag neem het hulle genoeg vir die een of twee dae se etes.

Pim09 ·

Dis omdat SAL hulle personeel al vir jare ‘overpay’. $130.00 is meer as genoeg om 3 etes ‘n dag te koop. Ek het daai toelaag gehad in Amerika vir 6 dae en het nog $200 terug gebring en ek het geshop ook. Hulle is net brats!

Will ·

Ek woon al vir 16 jaar in die VSA en my werk betaal $50 Per Diem wat alle etes vir die dag insluit. Dit is per indiwidu en met ons voedelpryse hier kan jy smaaklik eet vir tussen $8 – $16 per maaltyd. Dit hang net af by watter restaurant jy gaan eet.
Die Per Diem word per formule jaarliks aangepas, waar gekyk word na lewenskoste per streek. Die koste van $170 wat die stakers eis, is dus buitensporig. Dalk moet hulle kontrak vereis dat hulle gedetaileerde kwitansies indien vir etes en dan daarvolgens vergoed word.

WDP ·

ons kry $90 per dag in Afrika waar dinge baie duur is party dae -maar as jy reg beplan kan jy baie terug bring –

Johannes van Staden ·

Staak maar voort vlieg lankal nie meer SAA nie …wonder eintlik hoe diens mens n vliegtuig as jy so diep in die skuld is. Gaan vra vir Dudu sy sal die geldtjies gee mos antwoorde vir alles …kry maar vir julle SAA ook junk status ….

Mandy ·

die kos toelaag is deel van die voordele.

die personeel kry nie maatskappy motors, duur selfoonpakkette , rekenaars nie.

hulle sit en eet ook nie heeldag by werksfunksies nie.

hulle werk vir n maatskappy en het niks met politiek te doen nie.

ek sou ook gestaak het as ek nie vir 6 jaar verhoogde toelaag kry nie. kyk verby die bedrag.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ja Scalla, ons onthou vir Hendruk Schoeman met sy antwoord van “Wil jul vreet of wil jul vlieg” toe hy ook konfronteer is met kajuitprobleme van die destydse SAL. Almal wil verhogings he terwyl die SAA al minder ondersteun word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.