‘SAL kan nie gered word nie’

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. Foto: GCIS

Die DA het Woensdag gesê hoewel Dudu Myeni, die omstrede voorsitter van die SAL-raad, Woensdag uit haar pos verwyder is, is dit te laat om die sukkelende lugredery te red.

Maroela Media het vroeër berig die kabinet het Woensdag volgens berigte radikale veranderinge aan die raad van SAL goedgekeur waartydens Myeni onder meer in die pad gesteek is. Myeni sal glo vervang word deur die sakeman JB Magwaza.

Alf Lees, die DA se skaduminister van finansies, het gesê Myeni het ongekende skade aan SAL aangerig en moes nooit as voorsitter, of enigsins as ʼn lid van die raad, aangestel gewees het nie.

“Die vraag bly steeds waar Malusi Gigaba [minister van finansies] die R10 miljard gaan kry wat benodig word om te voorsien vir die R5,2 miljard se lenings en bedryfskapitaal wat reeds aan SAL betaal is, asook die R4,8 miljard wat as bedryfskapitaal benodig word om die lugredery tot die einde van die 2017/18 finansiële jaar aan die gang te hou,” het Lees gesê.

“Die krisis by SAL het nou só erg geraak dat Gigaba klaarblyklik uiteindelik gedwing was om op te tree in ʼn poging om die wanbestuur by SAL stop te sit. Die herstrukturering van die SAL-raad sluit volgens berigte glo ʼn ervare lugvaartdeskundige in, ʼn jaar nadat daar die eerste keer hiervoor gevra is.”

eNCA het vroeër berig die lugvaartdeskundige Ahmed Bassa is een van die nuwe aanstellings op die raad. Daar word verwag dat die formele aankondiging oor die veranderinge aan die raad ná afloop van ʼn kabinetsinligtingsessie vandag bekendgemaak sal word.

“Moenie ʼn fout maak nie, die herstrukturering van die SAL-raad en die verwydering van Myeni is heeltemal te min, te laat om die lugredery te red. SAL kan nie gered word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jo ·

Gelukkig word die eerste ‘kunswerk’ vir die toekomstige museum, vandag onthul. Welcome to the OR Tambo Museum!

Eish ·

Skerp! Baie skerp.
Ek lag, want hul wil nie hoor nie.
Ek huil, want my belasting geldjies word misplaas aangewend!

bgj van der westhuizen ·

sal of soos hulle se saa is mors van belasting betalers geld ek het nog nooit gevlieg met saa nie en sal ook nie verkoop verkoop dit om skuld te kan betaal

Ferreira ·

Skande ANC ! Dit het julle 23jr gevat om dit ook op te mors! Gedog julle kan bit baie vinniger doen!

Helen ·

Rashmed? Asb maak net eers seker dis nie familie van Gubtas nie???

marous ·

Hulle word nou gedwing om Transnet en Staatspensioen fonds inligting te openbaar ingevolge wet op toegang tot informasie . Gigaba soos al sy maatjies ontken alles , maar Ramaphosa erken dat die ekonomie totaal in sy peetjie is as gevolg van staatskaping. Dis eenvoudig , die land is bankrot gesteel deur die regering en hul maatjies. Die feit dat ander op die korrupte spul se treintjie gespring het , het geen verskil gemaak aan die tafel koekies wat met die belasting betaler se geld gedek is vir almal wat verrot is om aan te smul nie!

Linda ·

Alles in die land verval, van swak na onherstelbaar. Wie moet ons bedank??? Dit is beslus nie Boland bank nie. Kry vir julle, dis omdat onkundige mense in hoë poste geplaas word en nie ‘n idee het wat aangaan nie.

Sjo! ·

Kan maar net lag so deur die moedeloosheid vir die lot se onbevoegdheid sonder skaamte….kyk maar na die res van Afrika….en hul wonder hoekom Afrika altyd agter geblewene sal bly maar duideik dink die lot die geld krane gaan vir altyd vloei en is min gepla oor die skade wat hul die land en sy mense berokken…ongelooflik!

Connie ·

Ek skud ook net my kop. Ek het nie meer woorde nie. Genade ons betaal ons gatte af aan belasting en hulle gaan roekeloos daarmee om.

HPV ·

As hierdie mense klaar is met iets kan dit nie meer gered of verkoop word nie. Die koei is nie net leeggemelk nie, dit is dood.

Theresa ·

Sjoe, nou net my koud geskrik!! Gelees : S A kan nie meer gered word nie.
Phew! Dis darem net die internationale lughawe van ‘n rommelstatus land. Inderdaad!
Jo van hierbo se kommentaar moet die prys wen van hierdie maand se”raakste” kommentaar.
Shame – hul besef nie eers hul maak al struggelend vir hulself museumpies nie. Om van naar te word.

Willem ·

Ek voel so hartseer want ek onthou hoe dat my ouers ons Jan Smuts Lughawe toe geneem het om na die aankoms van nuwe Boeings te gaan kyk. Boeings met die springbok op sy kant…

Toppie ·

Ja Willem die boeing en die Springbok het albei hulle gat gesien in die nuwe SA

Hendrik ·

Soos iemand gesê het: Die ANC se skuiwe is so goed soos iemand wat die Titanic se dekstoele probeer herrangskik. Wat maak dit tog nou saak?

Boet Fasie ·

Ek hoor die regering gaan die ” pilots ” vervang met oud taxi bestuurders om kostes te spaar en verder word ” after market ” vliegtuig parte ingevoer van China. Kyk maar uit as daar weer ‘n vliegtuig oor jou huis vlieg.

Willem Erasmus ·

BA en talle ander privaat rederye oorleef sonder staatshulp, waarom moet SAL oorleef ? Dit is absoluut snert dat ‘n staatsmaatskappy direek met privaatondernemings kompeteer. Weereens ‘n bewys dat staatsinmenging in ekonomie ramspoedige gevolge het.

TatanKhulu ·

BBBEEE en al die posiesies wat so uitgedeel word. niemand weet of verstaan meer wat die woord werk beteken nie. as n LAND deur n onbevoegde idoot beheer word is dit nag nellie. BBBEEE beteken jy betaal vir iemand wat nie kan werk nie, wettige diefstal, aan n swarte, geen ander nationaliteit kan vir so iets kwalifiseer nie. DIT JAAG PRYSE DIE HOOGTE IN, wat niemand kan bekostig nie. dit is plain en simpel gestel. bewys my verkeerd asb.

Michiel Erasmus ·

KLM + Air France het saamgesmelt as één redery maar gaan aan onder eie naam.
Dit is ‘n privaat besigheid. Hulle kry NUL belastinggeld en is winsgevend.
Ek vlieg byna exclusief met KLM, soms Lufthansa en ‘n paar keer Air France. Op KLM is ons ‘n keer in AFRIKAANS aangesprek en alle aankondigings gedurende die 11 ure vlug op KLM was ook in Afrikaans.

Die SAA wiele val af, soos alles wat hulle aanraak.

Rick Botha ·

Ons as Afrikaners is skuldig aan wat aangaan want ons het alles net aanvaar en ons gooi ons taal ook weg…..luister maar self na omroepers op radio en tv.ONS HET GEEN TROTS MEER NIE.

Rick Botha ·

Ons as Afrikaners is skuldig aan wat aangaan want ons het alles net aanvaar en ons gooi ons taal ook weg…..luister maar self na omroepers op radio en tv.ONS HET GEEN TROTS MEER NIE.

Rick Botha ·

Ons as Afrikaners is skuldig aan wat aangaan want ons het alles net aanvaar en ons gooi ons taal ook weg…..luister maar self na omroepers op radio en tv.ONS HET GEEN TROTS MEER NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.