SAL kan nie salarisse betaal nie

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het Donderdag sy werknemers in kennis gestel dat hy nie sy salarisverpligtinge op die geskeduleerde betalingsdatums sal kan nakom nie.

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, het in ʼn verklaring gesê die lugdiens is steeds in ʼn kritieke en sensitiewe proses om R2 miljard werkskapitaal van finansierders te bekom om sy dag-tot-dag bedrywighede te finansier. “Die SAL het nog nie dié kritieke mylpaal behaal nie. Enige finansiering van finansierders sal boonop deur ʼn regeringswaarburg ondersteun moet word, wat die SAL sal moet bekom.”

Ramasia het gesê die huidige negatiewe beskouing van die SAL en voortslepende bedryfsuitdagings en pogings, om finansiering te bekom, benadeel.

“Die leierskap van die SAL is steeds in gesprekke met aandeelhouers en finansierders om die betrokke finansiering te bekom en toegang te bekom tot die huidige goedgekeurde waarborge.”

Hy het gesê die lugdiens sal werknemers op hoogte hou wanneer November se salarisse betaal sal word.

Personeellede word intussen aangeraai om reëlings te tref met finansiëlediensverskaffers wat betref geskeduleerde maandelikse debietorders.

“Ons weet ons het ʼn verpligting om salarisse tydig en ten volle te betaal. Ons vra innig om verskoning vir die vertraging en wil graag die versekering bied dat die leierskap van die SAL onverpoosd werk om finansiering te bekom om die salarisse van alle werknemers so gou as moontlik te betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Jaco ·

En so kom een van die soustreine tot n stilstand. Wie gaan jul nou melk? Meeste rykes wat SAL help uitbyl het met hul belasting geld is nou land uit of oppad uit…nou wat nou? Hoe gaan jul die nasionale gesondheidfonds tot stand bring as jul nie meer geld het nie.?? LOL!

Thinus Erasmus ·

Die regeringswaarBORG sal die finansiële brug bou en vir die SAL werkers ñ veilige burg verskaf.

Jaco ·

@Thinus, Pravin Gordhan het vanoggend aangekondig dat die regering se fonteintjie letterlik opgedroog het en kan hulle nie eens meer Eskom verder help nie, die multimiljoeners wat n massa bydrae gehad het tot die belastingpoel het aansienlik gekrimp weens die feit dat meeste van hul landuit vlug…so die soustreine gaan een na die ander tot stilstand kom, en ons middelklas en selfs “upper” middel klas mense het net nie meer die vermoe om nog te kan bydrae tot die belasting poel nie.

Ian ·

Maak toe. Ek is moeg vir 16 ure per dag te werk om leegleers te finansier wat geen bydrae toe die ekonomie doen nie.

Pieter ·

Ek stem saam met jou ek dink ons is lag lag die domste nasie in die werld ons bly vir die die skelm ANC geld gee om te mors ek dink ook ons is die domste belastingbetalers in die werld

Verhoging ·

Nou wat van die 8% verhoging, en onthou 5% is aangebied. Nou hoe sal 5% realiseer. Iets klop nie.

Jerry B ·

Who cares. Behoort van beter te weet maar nee tantrums sal ons he.

Lou ·

Dankie tog. Ons hoef nie meer vir die dooie koei se lusern te betaal nie

colleen ·

Nee wat ons gaan defnitief daarvoor betaal. Die kaders sal daarvoor sorg. Hulle voel vere vir mense wat debiet orders het wat afgaan of wat huis paaiemente betaal. Rente word op agterstallige verbandlenings gehef of op kredietkaarte wat laat betaal word en deur SAL se nalatigheid en wanbestuur sal daar seker dosyne wees wat geswartlys word.

Johanna Botha ·

Wat verwag n mens as die plek heeltyd in die afgrond bestuur word deur onbekwame dom mense wat niks weet van die bedryf …en net n ”struggle” agtergrond het as kwalifikasie !

George in Bloem ·

Solank dit van toepassing is op ALMAL,van die onbevoegde grootbaas tot die stakende luigat vloerveer is dit fantastiese nuus. Ek hoop die SAL is nou finaal bankrot en maak toe. Die belastingbetaler is nou al goed gatvol om pa te staan vir hierdie korrupte onbevoegde ANC kader spulletjie.

Karen ·

Hulle wou mos SAA tot op sy “knees”bring, daar het hulle dit nou, het hulle verder gedink? Um ……. ek dink nie so nie wat nou is hulle self hulle “knees” want hulle kry nie betaling nie.

Domvraag ·

Nog n suksesverhaal van die ANC. MM plaas vir ons asb die kwalifikasies van SAL se direksie.
Florerende, winsgewende instansies tot in die grond “bestuur” Nog n voorbeeld van mislukte transformasie.

Sarel ·

Laat hierdie ‘n groot les vir die ANC en sy dommersteuners wees. Welwetende dat dit nie groot skelms is wat gaan swaarkry nie maar die onskuldige mense in die laer range

Museum ·

Man daai vliegtuie sal mooi in n museum lyk…soos op Robineiland, sodat dit deel kan uitmaak van ons geskiedenis. Dan sal ek weer die eiland gaan besoek.

Hb ·

Ai. Eks al 32 jaar inni vliegtuig bedryf. Weet julle hoeveel goeie hardwerkende mense werk nog daar wat ek persoonlik ken. Ekt n vriend wat ook met salaris betalings gesukkel het by Denel en dis baie erg. Baie van julle mense is so kortsigtig. Di goeie ouens gaan nou weer swaarkry. Niemand dink daaraan ni

Bert ·

Komaan Hb, die goeie ouens wat iets werd is het laaankal die sinkende skepe verlaat.
Die wat nog oor is, nou ja.

Wingman ·

Bert, die les is dat mense groter verantwoordelikheid moet neem vir hul loopbane. Die lewe is lekker by plekke soos Denel, Eskom en SAA. Maar indien die krake begin wys, vat die pad.

Flying Dutchman ·

Ek het ook vriende wat daar werk en dis eintlik hartseer dat een van die oudste lugrederye in die wereld so opgevoeter is deur die ANC rampokkers. Onthou dat wanneer hierdie swak bestuurde bankrot SOE’s toegemaak word, sal die vryemark die klante oorneem en die goeie mense wat oor sou wees in die toegemaakte SOE in diens neem omdat hulle sal moet uitbrei. Met SAL uit die weg, sal Comair en Safair baie meer besigheid he.

Schalla ·

Ja ek voel ook jammer vir hulle. Daar is altyd ‘n klomp goeie appels tussen al die vrot appels wat ongelukkig saam ondergaan. Dis hartseer ja.

Judge Dredd ·

Dis juis deur op goeie mense se emosies te speel wat die land in so gemors is.
Genoeg is genoeg!!!

Karools ·

Sal die voorbokke nou vir die stakers verduidelik dat hulle nie betyds gaan geld kry nie? Of gaan hulle nou SAL ook stroop? Dis mos hoe dit werk!!
Ek wonder wat sal gebeur as Eskom nie meer salarisse kan betaal nie?????

Leon ·

Gaan die reëling vir die groot base ook “geld”, wonder ek maar net. Hoeveel salarisse vir gewone mense kan hy uit sy salaris kom as hy dit vir ‘n jaar los? Maar nee, wil ook mos net hê!!

SAMPIE ·

Ek stel voor ons verkoop die SAL , lock stock en barrel aan die vakbonde vir R1-00. Dan kan mnr Irvin Jim die hele wêreld wys hoe om ‘n lugredery suksesvol te bestuur

KrokodilBotha ·

Wel as hulle vliegtuie kan park, kan hulle na ure in soweto se mall carguards raak. Geen probleem.

tanya ·

SA IS ………. TOE. GEEN TOEKOMS IN DIE LAND NIE NET 1 GROOT STOF WOLK

marous ·

Stofbeeerggg! Maar die beentjies kruip nie nader aanmekaar nie …..

hannelie ·

Dit is maklik om te se maak toe. My man werk al hoeveel jaar daar in die Tegniese afdeling en hy strike nie vir alles wat voorkom of vir elke tantrum wat gegooi word nie. Sy union se mense is almal by die werk elke dag. As hy uit geroep word in die aand of naweke is hy daar geen verskoning om nie te gaan nie hy is daar. So al julle wat so gal af gaan dis ons wat sonder n salaris hierdie maand moet deur gaan. Myne gaan nie alles betaal nie en tot jy in die situasie is bly eerder stil. Daar is mense in SAL my ma ook wat werk vir n salaris elke dag en nie sit en niks doen of heeldag af is omdat n siek nota so maklik bekombaar is nie. Nie almal daar is useless nie so om te se maak toe dank af wag tot julle ook in daai situasie kom wat jou besigheid waar jy werk ook net toe maak en afdank dan sing julle n ander deuntjie. Want dan sit julle ook sonder werk en n salaris elke maand maar omdat julle werk het is julle vining om te praat. Elke besigheid het sy useless mense ALMAL van hulle party net meer as ander. Passop dat jy nie dalk een van daai useless mense is wat so lekker skree maak toe nie. Daar is nie werk nie waar moet daai mense wat werklik werk heen gaan presies waar ?

KrokodilBotha ·

Simpatie. Die probleme daar kom al jare saam. Soms beter om nie te wag tot die skip sink nie. Hardwerkende personeel moet nie die vrottes aan die gang hou nie.

Walter ·

Vyf familielede het die SAL tussen 1995 en 2000 verlaat. Twee vlieëniers, twee tegnici en een rekenmeester. Al vyf het toe gesê die lugdiens sal vou sonder staatshulp.

Piet parys ·

Ja dit is jammer as n plek toemaak vir die wat hulle werk gedoen het maar as n besigheid nie geld maak omdat dit wanbestuur is moet hy toemaak want wie gaan n bankrotbesigheid koop. S A L was gelukkig die belastingbetaler het hulle tot redding gekom want die regerings amptenare kry mos jaarliks vlugte mahalla. So dis n kwessie van onbevoegde
” management”.

Lesia du Preez ·

Ek stem. Niemand dink aan die SAL werknemers wat van maand tot maand se salaris leef nie. Daar is mense wat hul lewens lank daar werk wat nie eers aan unies behoort nie.

Bert ·

Hannelie, dink jy dis reg om die bankrot plek steeds deur die belasting betaler aan die gang gehou word? Dan kan ons eerder reël dat ek my (pensionaris) belasting geld direk na julle oormaak, so sny ons die middelman uit, behoord goedkoper uit te werk.

Judge Dredd ·

Dis juis deur op mense se emosies te teer en nie bereid om moeilike keuses te maak wat die SAL en die land in die posisie is wat hy is.
Indien SAL/regering vroeer die probleme daadwerklik sou aanpak kon die gemors vermy wees.
Maar nee die belastingbetaler het mos baie geld……

Dana ·

Dit is absoluut verskriklik. My hart gaan uit na die personeel. Al wat ons kan doen is bid.

Buks ·

Die goeie vliëniers sal wel werk kry by ander lugrederye, want al dink mense nie so nie, hulle is hoogs opgelei. Hulle gaan deur ‘n baie streng en gereëlde opleidingsproses – VIR ELKE VLIEGTUIG! Dit is nie soos ‘n motor voertuig, waar jy net agter die stuurwiel inskuif nie! Maande lange opleiding word gedoen, en hulle kompiteer met die bestes in die wêreld.
As die SAL die meeste van hierdie mense verloor, gaan die vliegtuie staan, want daar gaan nie genoeg oorbly om alles te vlieg nie,
Sink gaan hierdie skippie sink.

Kallie ·

Dieselfde met tegniese personeel. Orals in die wêreld moet vliegtuie onderhou word. Indien hulle loop bly vliegtuie op die grond.

Ruby ·

Ek kry die werkers jammer.

Hoe die hel tref jy reëlings vir jou debiet orders? As jou medies nie betaal is nie, sorry gaan na ‘n staatshospitaal.

Sommige mense kan maar net nie ‘n maatskappy bestuur nie, hulle hoef dit nie van scratch af op te bou nie, nee, dit was op ‘n silwer skinkbord!

Alexz ·

Geen simpatie met S.A.A nie. Hul bestuur moes daaraam gedink het toe hulle heel lustig die ‘PiggyBank’ geplunder het. My hart gaaan egter uit na die enkele eerlike hardwerkende personeel wat nou nie gelag moet betaal. Ouens, BAIL UIT!

Johan Stoffberg ·

Laat ek net iets se oor die SAA, ek het 30 jaar daar gewerk in die tegniese afdeling en is nou amper 12 jaar weg. daar is van die beste technicians in die wereld wat daar werk! puik opgelei en bekwaam daarom het die SAL n puik veiligheids rekord. Regstelende aksie en baie sterk vakunies het egter soos in alle staatsdienste die plek verwoes.

Judge Dredd ·

My nefie 15 jaar terug daar weg – nou werk hy vir Qantas in Australie.

Frik ·

Die SAA het ‘n paar kleiner mededingers oor die jare laat vou en mense op straat gesit. Die wiel draai nou. Geen simpatie.

lanie ·

SAL, Denel, Spoornet, Weermag, Skole, Hospitale ???? Waar gaan dit eindig? Liewe genade.

ap ·

Mooi so , sluit jul deure , te veel dooie hout wat daar rondle

Elizabeth ·

Gaan die hoogs betaalde bestuur van SAL ook nie salarisse kry nie? Kan Solidariteit seblief seker maak … H

JS ·

n’ Vis begin by sy kop vrot, ek is baie jammer vir die mense wat wel hulle werk doen en hulle geld op die eerlike manier verdien. As top betuur hulle sous werd was sou hulle almal, en daar is baie van hulle, self die ander se selarisse kan betaal vir die maand. Management se bonusse is seker reeds een kant gesit vir Desember. Dit het in een groot grap ontaard, alles wat reeds n sukses was is oorgeneem en op gevoeter, SAL, Eskom, SAUK, ens. Viva ANC ne.

Krismis ·

Ai…shame…dit nou net voor krismis tyd. Voel jammer vir werknemers, maar dit is die beste as SAA maar sy deure sluit.

Comrade ·

Sit die ligte af te trek die deure toe. Wel gedaan aan die sosialiste, staatskapers en ANC comrades. Mission accomplished. Een SOE in sy kanon en nog vele oppad.

Attie. ·

Op ons dorp word die straatnaamborde en padtekenborde omgedruk en binne ‘n maand vervang met nuwes. Nou sien ek ‘n straatnaambord wat twee maande terug vervang is, lê weer plat. Wil Beeld of Rapport nie kom kyk hoe lyk Ermelo se eens spog swembad, sy dam in die middel van die dorp, die omheining om die dam en sy rioolbemorste strate nie. Al voordeel is dat die riool die Vaalrivier aan die vloei hou vir die Gautengers. Ons dorp se stortingsterrein breek alle rekords. Ek dink die landjie van ons se skip begin die rotsrif te voel.

Simba ·

Ek lees almal se kommentaar, en van dit maak seer.
Ek werk vir SAA Tegnies, ek kom elke dag in, doen wat van my verwag word (even met die strike).
Ek moet ook eerlik se, ek is ook nou heel gatvol vir die publiek wat bly se maak toe, maak toe. Dis lekker om dit te se as julle nie sit waar ons op die oomblik is nie!
Julle, as die publiek, weet net wat aangaan oor wat in die koerante staan en wat op die nuus gese word – julle het eintlik geen idee wat hier binne aangaan nie! Gaan julle almal vir ons werk gee as die plek moet toe maak (soos julle dit wil he), want ek kan ongelukkig nie sonder ‘n werk sit nie!
Almal wat kla oor “bailouts”, onthou net gou een ding, ons wat hier werk, betaal ook belasting, dus, ons geld gaan om die maatskappy waarvoor ons werk, ook te help met die “bailouts’! Julle as publiek is nie die enigste mense nie!
Ons almal is gefrustreerd, ons almal is baie onseker oor wat gaan gebeur.
Asb dink bietjie aan die gesinne wat gaan wees sonder ‘n salaris as “die plek” toe maak!
Hierdie is geen grap nie!!

Jimmy ·

In die private sektor word mense gereeld afgedank, al is hulle goeie werkers. Indien die grootbase foute maak moet jy weet hier kom probleme.

Bert ·

Simba, jy maak seker ‘n grap.
As ek met ‘n onpadwaardige voertuig ry en dit gaan staan, kan ek nie kla nie.
As ek in die wildtuin gaan rondstap en word deur ‘n leeu opgevreet, kan ek nie kla nie.
As ek snags deur ‘n slegte woonbuurt rondskarrel en word aangeval, kan ek nie kle nie.
As ek vir ‘n maatskappy gaan werk wat al baie jare bankrot is en deur ander mense se belasting aan die gang gehou word en die skenkings droog op en ek verloor my werk, KAN EK NIE KLA NIE!

Judge Dredd ·

“You’re fired, made America great”

Ek dink dis Donald Trump wat dit gese het.

JohanR ·

Moenie worry nie SAL. Die belastingbetaler sal maar vir die 50ste keer weer betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.