SAL kan nie salarisse vir Mei betaal

(Foto: Maroela Media)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders het Woensdag gesê hulle beskik nie oor genoeg fondse om hul werknemers se salarisse vir Mei-maand te betaal nie. Die vakbond Numsa kla ook dat werknemers van Comair se salarisse vir die maand nog nie betaal is nie.

Die SAL se sakeredders, Les Matuson en Siviwe Dongwana, sê ʼn leierskapforum bestaande uit die departement van openbare ondernemings en al die vakbonde van die SAL het besluit om die salarisse vir vandeesmaand te snoei weens ʼn gebrek aan befondsing. Die lugredery het ook nie genoeg geld om sekere sakereddingsuitgawes te betaal nie.

Matuson en Dongwana voer aan die gebrek aan die nodige befondsing is besig om die sakereddingsproses te kniehalter. Hulle sê hulle kon ook nog nie die sakereddingsplan finaliseer nie weens die impak van die Covid-19-pandemie op die land en ekonomie. Die plan word moontlik Vrydag gepubliseer.

Die sakeredders het daarin geslaag om die lugdiens se uitgawes met R500 miljoen per maand te sny. Sowat R2 miljard se uitgawes per maand het steeds die mees onlangse reddingsboei binne die vyf maande van sakeredding ingesluk. Die lugredery is sedert Desember verlede jaar in sakeredding geplaas.

Uit die finansiële jaarstate van 2017 tot 2019 beloop die SAL se uitgawes ten minste R30 miljard per jaar. Dit is R2 miljard se uitgawes per maand.

Maroela Media het vroeër berig SAL se sakeredders het verlede week besluit om te appelleer teen ʼn suksesvolle hofaansoek van die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging (Sacca) om 5 000 SAL-personeellede af te lê. Die arbeidshof het Dinsdag die SAL se sakereddings se aansoek om verlof tot appèl toegestaan.

Intussen het Numsa Comair se sakeredders ook veroordeel oor die feit dat werknemers nog nie hul salarisse vir Mei ontvang het nie. Comair-werknemers het einde Maart laas ʼn basiese salaris ontvang. Die werknemers se jaarlikse verlof is gebruik om hul salarisse vir einde April te betaal.

Numsa het Woensdag in ʼn verklaring gesê daar is nog geen duidelikheid oor wanneer die werknemers hul salarisse vir die maand sal ontvang nie. Die uitvoerende hoof van Comair het glo gesê dat hulle aansoek gedoen het om verligting by die werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) se Covid-19 tydelike werknemersverligtingskema (TERS). Tot dusver is daar nog nie duidelikheid of dit wel goedgekeur is nie.

Numsa sê hy glo die werknemers se jaarlikse verlof is einde April vir salarisse gebruik sodat wanneer werknemers afgelê word, die sakeredders nie die verlof ook hoef uit te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anel ·

Nou hie wil hulle betaal word as hulle nie werk nie en die redery geen inkomste verdien nie? Vra die geld by die unies.

lodewyk ·

Ek ruik lont-die belasting betaler gaan weer hoes!! -Het ek reg gelees toe hulle se dat hulle die SAA se uitgawes met 500 miljard n maand te besny ?? -Jis nou kan hulle weer die geld terug gee aan ons en ook Eskom red daarmee!! -Dit moes n tik fout gewees het

Realis Thailand ·

Dit is nie n tikfout
Dis n leesfout van jou dit se duidelik 500 miljoen
Ek is bitter jammer vir Comair se mense want dit is nie hulle fout soos met saa nie

Herman ·

Baie mense ly oor n paar onbevoegde korrupte mense. En dan kom hulle niks oor na die gemors wat hulle agter gelos het nie.

PieterP ·

Ja Herman, nóg ‘n taakspan wat vir jare haan held verdien sonder dat iemand ieys oorkom

JohanR ·

Moenie worry nie! Die belastingbetaler sal soos altyd julle salarisse betaal.

Kerneels ·

Praat vir jouself.

Ek weier. Nee, no, aikona, nein, njet.

Belinda ·

Gooi alle bestuursposte uit, hulle eet die geld, die sakkeredders doen mos nou daai werk en hul kos net so baie soos die bestuur, ten minste spaar hul iewers. Betaal net werkers uit/af. Verkoop bates en laat ander lugrederye jul vlugte en werkende personeel oorneem. Werkende personeel is die loodse, lug en grond waardinne, besprekings en admin, nie bestuur.

Realis Thailand ·

En ook nie alle werkende personeel nie
Daar is baie wat net saamryers was en julle almal weet wie hulle is

Pieter ·

En nou kry die slim regering ook nie die rokers se belasting geld in nie. Dit is nou daai belasting geld wat dalk hulle selarisse kon betaal het. Daie ANC is n grap

Eerlik ·

Hier gaan ons alweer met n reddingsboei, die pakette moes lankal al afgeteken en agter die rug gewees het. Hierdie “sakeredders” skep lekker!!

Die Wolf ·

Nee! Die Unies skep nog die laaste bietjie. PG is beslis gedeeltelik verantwoordelik.

Olga ·

Daar is duidende gesinne wat al sedert die lockdown nie ‘n inkomste het nie, of waar slegs een persoon nog ‘n gedeeltelike inkomste gekry het nie. Ons belasting geld het SAL al hoeveel keer uitgehelp en ons kry geen hulp van ons eie belasting geld nie. Genoeg is nou genoeg. Begrawe SAL.

Andre ·

Ja al hoe meer van die regering se uitgawes gaan nou begin “sukkel” want hulle besef seker nou eers hoe min geld hulle het.Die belastingbetalers is een derde minder na die lockdown (and counting) en die uitgawes wat die regering aangaan raak net meer. Binnekort gaan dit nie meer so lekker gaan nie.Begin solank die werkers in kennis stel dat hulle sallarisse dalk gaan verminder en die hordes mense wat elke maand hulle pond geld van die regering kry gaan nou moet begin bekommerd raak.

Sarel ·

Ek is nie spesialis nie maar vertrou nie hierdie sakeredding nie. Wat het hulle tot nou toe Positief gedoen . Hulle breek die SAL verder af. Is dit dalk due idee om die Afvalstukke te verkoop?

Pampoen ·

Dis duidelik dat die sakeredding ook nie werk nie. Maak nou die ding toe en moenie weer ene begin nie. Los dit in die hande van die privaat sektor. Dis soos Monopoly “Go to jail. Go directly. Do not pass begin. Do not collect R200.”

Agtogwatnog ·

Hulle kon lankal al nie meer betaal het nie die belasting betalers moes hulle salarisse vir die laaste paar jaar betaal.

Yolandie ·

Ek weet nou regtig nie in hoeveel tale daar vir die mense gesê moet word DAAR IS NIE MEER GELD NIE, DIE GELD IS OP, ONS KAN JULLE NIE BETAAL NIE!!!!! Liewe genade kry ‘n brein en vra die unies wat julle so gaan by aanklop en lede geld voor betaal om maar vir julle te (help). Of gaan staan bak hand by SASSA.

Die Wolf ·

Waar is die kamtige fondse wat in AFRIKA LANDE WEGGESTEEK WAS?

Koos ·

Ek dink die sakeredders red net hulself as ek in die media kyk hoeveel hulle al uit die storie verdien het.

Magda ·

maar wat is die probleem – daar is honderde maatskappye wat OOK NIE salarisse kan betaal nie – UIF SAL – dit is nou natuurlik bygese as julle julle werkers se deel oor betaal het – en daar hang n baie groot VRAAG TEKEN daaroor.

Nick ·

Hopelik is dit al hul bee boeties en sussies wat niksgaan kry nie ????????????????????????????

Vriendelike Frikkie ·

Welkom by die klub. Ek werk by Denel. Ook nie salaris gekry nie. Kry ook nie permitte om uit te voer nie. Ons sal ook seker maar aansoek doen vir SASSA.

andre ·

Laasjaar is SAL ingevolge n hofbevel bevel om aan COMAIR R1.1biljoen te betaal .SAL word onder besigheidsredding geplaas en nou vou sy krediteure ,Comair ook.Intussen versoek vakbonde dat personeel betaal word sodat hulle hul lidmaatskapfooie kan inkry.Wat n sirkus.

AmY ·

Ek voel jammer vir die mense onder aan die leer wat vir hongerlone gewerk het, maar vir die heel bo aan die leer: ek hoop julle is gelukkig.
Julle kon sekerlik geld wegsit.
Ek het eens op ‘n tyd ‘n bestuurder gehad wat gesê het mens moet sorg dat jy minstens drie keer jou maandelikse salaris in die bank het.
Ek weet nie hoe het hy dit gedoen nie. My verband, vervoeronkoste (saamry geleentheid) , water en ligte en polisse het reeds 90% van my salaris gevreet.
Dan moes ek nog kos koop…
Ek kon nooit dit bekostig om ‘n kar te koop nie.

Alida ·

Maar die regering gooi R58m per dag weg. Geld wat kon gehelp het. Kan n paar kabinetslede wat verstand het en glo my daar is nogal n paar nie daardie kopdoek afhaal en sin in daai kop blaas nie?

PieterP ·

Maar gister is berig dat die SAL vanaf Junie gaan vlieg hoe? Ja reguit in hul dinges in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.