SAL kanselleer byna alle vlugte

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het byna al sy plaaslike en internasionale vlugte wat vir Vrydag en Saterdag geskeduleer was, gekanselleer weens ʼn dreigende staking.

Numsa en Sacca het vroeër aangekondig dat hulle lede Vrydag by die lugdiens sal begin staak weens ʼn geskil oor salarisse.

Volgens Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het die lugredery besluit om sy vlugte te kanselleer ten einde die impak van die ontwrigting vir sy kliënte te beperk.

“Ons plaas ons kliënte eerste en betreur die onvermydelike ongerief wat hierdie kansellasies vir ons kliënte kan veroorsaak. Deur proaktief op te tree, kan die SAL egter kliënte help om alternatiewe te vind.”

Tlali het gesê kliënte word versoek om nie na die onderskeie lughawes te gaan tydens die ontwrigting nie, aangesien die SAL nie hulp sal kan verleen nie, tensy daar alternatiewe reëlings bestaan. Inligting oor die status van SAL‑vlugte sal gereeld op die lugredery se webwerf aangepas word.

Slegs die SAL se vlugte sal geraak word. “Vlugte van ons vennote, insluitend SA Express, Mango, SA Airlink en vlugte wat deur ons Star Alliance-vennootskapslugrederye bedryf word, sal voortgaan. Hierdie vlugte kan geïdentifiseer word volgens hul vlugnommers en sal soos normaal werk: SA 1000 tot 1999, SA 2000 tot 2999, SA 7000 tot 7999 en SA 8000 tot 8999.”

Volgens Tlali sal die SAL egter Vrydag sekere vlugte van buiteposte af bedryf terug na die OR Tambo Internasionale- Lughawe. Streeksvlugte wat Vrydag bedryf sal word, sal terugkeer van Maputo (SA147), Lusaka (SA067), Harare (SA025), Windhoek (SA073), en Accra (SA210).

Internasionale vlugte wat Vrydagaand in bedryf sal wees, sal terugkeer van Frankfurt (SA261), New York (SA204), München (SA265), Hongkong (SA287), Perth (SA281), en Londen (SA235).

“Die lugredery sal die situasie deurlopend evalueer en die kliënte sal gereeld op hoogte gehou word van alle bedryfsgebeure.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

47 Kommentare

Sarel ·

Dit ‘n instelling wat reeds nie oorleef nie. Hierdie is die laaste spyker in die doodskis

Dries ·

Maak net plek toe en kry klaar jaag die hele lot weg julle is use less

Zelda ·

Stem saam as jy ooit SAL gevlieg het voel dit of jy met n staatsinstelling te doen het – die werkers is uiters ongeskik en onbevoeg

Nee stakers! ·

Aan al die stakers – julle het jul eie kele nou afgesny; vat maar sommer vandag vrywilliglik julle sakkies en laat waai. die Passasiers betaal julle salarisse, julle is lekker dom. Sonder dit, gaan julle nie oorleef nie en SAL het reeds major probleme. Gaan, vlieg hoog!!

Andre Coetzee ·

Natuurlik gaan die klompie nou staak want hulle het nog altyd ‘n GROOT verhoging en bonus gekry voor kersfees….hoekom dan nou nie ? SAA is klaar en hoe meer die skroewe vasdraai hoe meer gaan stakings voorkom.Maak hom toe en vergeet van.

Devill ·

My simpatie met die werknemers van SAL maar ek hoop die staking is die finale spyker in SAL se kis!

Delien ·

Skies, ek s nie n kenner van oon Siener nie Ek dink nounet aan wat ek gelees het hy se nl dat, die tyd sal kom dat geen vliegtuig sal opstyg of land nie- niemand sal uit SA of in SA kan kom nie…
My dogter is n vlienier, n kaptein– vlieg op oomblik nie — so ek s baie hartseer– watse toekoms is dit?
Vader, help ons!

Gert van Wierdapark ·

Hierdie staking SAL die “lug-skip” finaal grond toe kry!!! Dis hoog tyd dat die lugredery afkom aarde toe! Skroef daarna AL die Kripvreters op wat SAL help lostorring het!

Rubber ·

Almal wat dink die SAA is dood. A nee a, soos Zim Air gaan hy nog lank leef. Ek meen, ons voed mos die baba!

Hendrik ·

aaag hulle seker weer n ou geldjie kry, hoekom nou nie ANC OP DIE BOKKE

Jacques du Toit ·

Ag dis niks.
Verlede week het Lufthansa ook vir 2 dae gestaak.
Volgens thelocal.de is 1300 vlugte gekanselleer en 180,000 passasiers geaffekteer.

Bert ·

Ek weet nie wat hul probleem was nie maar Lufthansa is nie ‘n al 15 jaar bankrot besigheid wat met belasting geld aan die gang gehou word nie.

Pikkewyntjie ·

Hoe kan hul nou wil staak oor salarisse as hul moontlik een van die dae geen salarise gaan he nie… of hulle weet dat dit nooit regtig sal gebeur nie omdat die regering sal sorg vir bonus en verhogings geld…

Grassie ·

SAA moet nie “byna” al hul vlugte kanselleer nie, hulle moet heeltemaal alle vlugte kanselleer, permanent. Belastingbetalers kan nie meer daardie disfunksionele rotnes bekostig nie. Die probleem is net, die vakbonde gaan dit nie toelaat nie en as hulle hul vingers klap, spring die regering.

ekke ·

Lees ek verkeerd? All die vlugte (vliegtuie) keer terug na SA vanuit die buiteland? Gaan al SAL se vliegtuie dan op OR Tambo staan en wag? Lekker baie vliegtuig parkerings fooie wat ophoop en te veel raak, nog ‘n meulsteun om SAL se nek. Dis reg, kry al die bates hier vir die veiling…

Grietjie ·

Sê ek mos nou ook….. nou wil ek sommer weet waar kan ek my R18 000 gaan haal vir die koste wat my werk my gedwing het om SAL te vlieg en nou is die vlugte net gekanselleer?
Geen oproep beantwoord, eposse word net so delete ..

Chris Ws ·

Dit gaan interessant wees om te sien wat die regering nou gaan doen want SAL is nie meer redbaar nie en die stakers help die donker situasie net aan.Wat ek wel weet is om te staak vereger die werkers hul geldelike probleme net meer.Kry vir julle!

J.J ·

Ek dink dis ‘n verkeerde besluit van SAL om die vlugte te kanseleer, eerder. Die koste vebonde aan kanselasie van die vlugte en ‘n verlies aan inkomste. My vraag is, is die kool die sous werd ?

Vat ·

Die bodemlose put van die belastingbetalers sal voorsien……..

Leandra ·

Kom tog net tot ‘n punt en besluit om toe te maak! Mens kry klaar skaam genoeg elke keer wat hulle in die nuus is! Mens sit kort kort met kliente wat se vlugte gekanselleer word of wat hulle konneksie vlugte verpas het oor hulle nie hulle sokkies kan optrek nie.

Bokram ·

Ek lees,mense en stakings is een van die groot redes hoekom Saldanha staal ook nie meer voortgaan nie,hierdie land sit met n groot probleem,solank die unies bestaan en die mense staak,gaan dit hierdie land se ondergang beteken.

Petrus ·

Pasop, Solidariteit is ook ‘n vakbond. Hulle het al by ‘n sukkelende Sasol gestaak.

sdp ·

Het hulle weer vir ons gelieg?? Waar is die saam staan en unity dan??

Irma ·

Die stompsinnige redenasies van die unies gaan die SAL en SA nog heeltemal breek. Hoe werkwrs nog enigsins kan inkoop op die twak wat vir hulle opgedis word is onverstaanbaar. Wat verstaan hulle nie van ‘daar is nie fondse nie’. Hulle verdien dat dir lugdiens toemaak want dit lyk my nie daar kan ‘n ander uitkoms wees nie. Hulle skep al groter en groter armoede en wil dan ander mense of werkgewers daarvoor blameer. Siek, totaal siek.

C D ·

Staking is nie die antwoord nie. ‘n Werknemer moet die alle best doen om sy week te beskerm, sorg vir die “gesondheid” can die onderneming, die Werknemer moet himself as onmisbaar as moontlik en dank die Skepper in die Hemel daagliks day hy ‘ n week get. Mense moet ter alle tye vat volle verantwoordlikheid, vir hulle omstandighede, voorsiening en opvoeding, sowel as ontwikkeling in die onderneming.

andre ·

Die SAA kliënt is KONING!

Nie die ANC nie!

Hier leer ons (die kliënte) die ANC ‘n belangrike LES!

ONS (betalende mense) kan SAA sluit … en ons gáán SAA sluit.

Staak maar lekker voort … SAA is in elk geval gedoem tot ondergang!

Die bevoegde werkers sal ander werk kry … die oorblywende onbekwame werkers moet maar hulle (verlore) salarisse gaan soek by die vakbonde …. wat die SAA vernietig het! ( … en die ANC!).

bernelle ·

SKRAP SAL!!! dis die mees belaglikste, swakste lugredery ooit! dit kos ons “tax payers” net geld! ek vlieg net internasionale vlugte met internasionale lugredery wat bekend is vir diens, op tyd wees en uitstaande gasvryheid. SAL is ‘n BODEMLOSE PUT!! wil jy eet of wil jy vlieg? want duidelik weet SA nie wat om met ons geld te maak nie…

Niklaas ·

Gaan die unies wat agter die beplanning staan van hierdie stakings (wat kan lei tot totale finale likwidasie van SAL) dan al die SAL werkers se salarisse begin betaal in die nabye toekoms ? Of dink die menere nie juis aan toekomstige gevolge nie ? ‘n Sinkende firma soos SAL en die magtige unies moet eintlik hul bes probeer om saam te staan en red wat te redde is.

Dries ·

Laat die unies vir hulle werk gee hoe moeilik kan dit wees probleem op gelos

Johan ·

Laaste 4 jaar al kry ons as pensionares maar tussen 3 en 4% verhogings, maar bankrot staat hou aan om hulle mense tussen 4.7 en 8% te gee, geen wonder ons land in die gemors nie

Marius ·

Interresant – ek wou juis einde van Februarie in volgende jaar SA toe vlieg met SAL en die nuwe Airbus A350-900’s wat hulle gekry het, want ek het my familie laas in 2015 gesien. Sal nou maar soos in die verlede of via Singapore vlieg of oorbly op Mauritius. Om van Perth af Sydney toe te vlieg en dan met Qantas Johannesburg toe is te ver.

Delien ·

Skies, ek s nie n kenner van oon Siener nie Ek dink nounet aan wat ek gelees het hy se nl dat, die tyd sal kom dat geen vliegtuig sal opstyg of land nie- niemand sal uit SA of in SA kan kom nie…
My dogter is n vlienier, n kaptein– vlieg op oomblik nie — so ek s baie hartseer– watse toekoms is dit?
Vader, help ons!

Expat ·

Nee wat Marius, dis nie so ver nie, vlieg besigheids klas dan kan jy lekker rus. Quantas = no worries!

Vliegtuigie ·

SAL was eens so ‘n trotse deel van Suid Afrika en toe word dit SAA en onkunde en laksheid verwoes weer als.

Rooikop ·

Dit is maklik vir almal om te sê : Maak SAL toe …………. Wat van ons kinders wat daar werk?
Waar is die top amptenare wat verantwoordelik is vir hierdie gemors ??? Waar is Dudu Nyeni en Jacob Zuma nou ????????
Gaan lê beslag op hulle eiendom en besittings ……….. maar nee, hulle kom weg met moord……

KrokodilBotha ·

SAL is al jare in die rooi. Ramaforie sal weer geld kry, dis hulle trots die goed wat kan vlieg. Of dit nou kos of nie, in hulle gedagtes sal alles reg kom.

Bert ·

Rooikop, staak jou kind om ‘n 8% verhoging terwyl die plek bankrot is??

Israel ·

Om te dink jy moet die land red en weer op die been bring met idiote , jy drink gif en hoop jou vyhand dood , wat n skande en geen een is skaam oor hulle gedrag nie , Ek bly nie in SA nie , ek bid vir julle !

Klm piloot ·

Ek sé julle wat, kom vlieg saam met my? Ek is n Suid afrikaanse vrou wat vlieg vir n Nederlandse maatskappy, goeie diens vriendelik en skoon en altyd betyds

Klm ·

Dit was onnodig om nie meer vanaf Jhb na Schiphol toe te wil vlieg nie, hulle vlieg Jhb Duitsland, daar het hulle baie verloor.

Klm piloot ·

Dit was onnodig om nie meer vanaf Jhb na Schiphol toe te wil vlieg nie, hulle vlieg Jhb Duitsland, daar het hulle baie verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.