Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het byna al sy plaaslike en internasionale vlugte wat vir Vrydag en Saterdag geskeduleer was, gekanselleer weens ʼn dreigende staking.
Numsa en Sacca het vroeër aangekondig dat hulle lede Vrydag by die lugdiens sal begin staak weens ʼn geskil oor salarisse.
Volgens Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het die lugredery besluit om sy vlugte te kanselleer ten einde die impak van die ontwrigting vir sy kliënte te beperk.
“Ons plaas ons kliënte eerste en betreur die onvermydelike ongerief wat hierdie kansellasies vir ons kliënte kan veroorsaak. Deur proaktief op te tree, kan die SAL egter kliënte help om alternatiewe te vind.”
Tlali het gesê kliënte word versoek om nie na die onderskeie lughawes te gaan tydens die ontwrigting nie, aangesien die SAL nie hulp sal kan verleen nie, tensy daar alternatiewe reëlings bestaan. Inligting oor die status van SAL‑vlugte sal gereeld op die lugredery se webwerf aangepas word.
Slegs die SAL se vlugte sal geraak word. “Vlugte van ons vennote, insluitend SA Express, Mango, SA Airlink en vlugte wat deur ons Star Alliance-vennootskapslugrederye bedryf word, sal voortgaan. Hierdie vlugte kan geïdentifiseer word volgens hul vlugnommers en sal soos normaal werk: SA 1000 tot 1999, SA 2000 tot 2999, SA 7000 tot 7999 en SA 8000 tot 8999.”
Volgens Tlali sal die SAL egter Vrydag sekere vlugte van buiteposte af bedryf terug na die OR Tambo Internasionale- Lughawe. Streeksvlugte wat Vrydag bedryf sal word, sal terugkeer van Maputo (SA147), Lusaka (SA067), Harare (SA025), Windhoek (SA073), en Accra (SA210).
Internasionale vlugte wat Vrydagaand in bedryf sal wees, sal terugkeer van Frankfurt (SA261), New York (SA204), München (SA265), Hongkong (SA287), Perth (SA281), en Londen (SA235).
“Die lugredery sal die situasie deurlopend evalueer en die kliënte sal gereeld op hoogte gehou word van alle bedryfsgebeure.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
47 Kommentare
Dit ‘n instelling wat reeds nie oorleef nie. Hierdie is die laaste spyker in die doodskis
Maak net plek toe en kry klaar jaag die hele lot weg julle is use less
Aan al die stakers – julle het jul eie kele nou afgesny; vat maar sommer vandag vrywilliglik julle sakkies en laat waai. die Passasiers betaal julle salarisse, julle is lekker dom. Sonder dit, gaan julle nie oorleef nie en SAL het reeds major probleme. Gaan, vlieg hoog!!
Natuurlik gaan die klompie nou staak want hulle het nog altyd ‘n GROOT verhoging en bonus gekry voor kersfees….hoekom dan nou nie ? SAA is klaar en hoe meer die skroewe vasdraai hoe meer gaan stakings voorkom.Maak hom toe en vergeet van.
My simpatie met die werknemers van SAL maar ek hoop die staking is die finale spyker in SAL se kis!