SAL kanselleer drie vlugte na Hongkong

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het drie vlugte tussen Hongkong en Johannesburg gekanselleer.

“SAL is spyt oor enige ongerief wat dit vir ons passasiers veroorsaak,” het Tlali Tlali, woordvoerder van SAL gesê.

Donderdag se vlug SA287 van Hongkong na Johannesburg is gekanselleer aangesien die vliegtuig herstelwerk moet ondergaan.

Vlug SA286 wat Donderdag van Johannesburg na Hongkong moes vlieg is gekanselleer weens tifoon Rammasun.
Vlug SA287 wat Vrydag van Johannesburg na Hongkong moes vlieg is ook gekanselleer.

Minstens 20 mense is Woensdagoggend beseer toe Vlug SA286 van Johannesburg na Hongkong in Kuala Lumpur (Maleisië) se lugruim turbulensie ervaar het.

Die vlug het omstreeks 06:30 (Suid-Afrikaanse tyd) veilig in Hongkong geland. Daar was 165 passasiers aan boord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.