“SAL is spyt oor enige ongerief wat dit vir ons passasiers veroorsaak,” het Tlali Tlali, woordvoerder van SAL gesê.
Donderdag se vlug SA287 van Hongkong na Johannesburg is gekanselleer aangesien die vliegtuig herstelwerk moet ondergaan.
Vlug SA286 wat Donderdag van Johannesburg na Hongkong moes vlieg is gekanselleer weens tifoon Rammasun.
Vlug SA287 wat Vrydag van Johannesburg na Hongkong moes vlieg is ook gekanselleer.
Minstens 20 mense is Woensdagoggend beseer toe Vlug SA286 van Johannesburg na Hongkong in Kuala Lumpur (Maleisië) se lugruim turbulensie ervaar het.
Die vlug het omstreeks 06:30 (Suid-Afrikaanse tyd) veilig in Hongkong geland. Daar was 165 passasiers aan boord.