SAL kanselleer omstrede kontrak

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy omstrede kontrak met die finansier BnP Capital gekanselleer.

Ivan Herselman, direkteur van regsake by die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), het gesê SAL se raad was aandadig in gedrag wat tot gevolg sou hê dat ʼn feitlik onbekende middelman, Daniel Mahlangu van BnP Capital, meer as R250 miljoen sou kry in ʼn hoogs onreëlmatige finansieringstenderooreenkoms.

Die SAL se raad het glo nie na sy eie tesourie geluister nie en ingestem om BnP Capital ʼn tarief van R256 miljoen te betaal om die lugredery raad te gee oor hoe om sy R15 miljard skuld te herstruktureer en geld in te samel. Daar was glo geen tender vir die kontrak nie.

Herselman het gesê Outa het Donderdagmiddag hofdokumente op die SAL beteken waarna die lugredery in die publiek bevestig het die dat BnP Capital se dienste beëindig sal word.

Volgens Herselman het hul ondersoek na die saak verder aan die lig gebring dat die SAL se gesamentlike ondernemingsvennoot, Inline Trading 10, die Raad op Finansiële Dienste (RFD)-nommer van ʼn ander maatskappy in die boddokumente bedrieglik gebruik het.

Outa het ook bekend gemaak dat BnP Capital se RFD-lisensie vroeër opgeskort is.

“Ons gaan SAL se tussentydse hoof finansiële beampte, Phumeza Nhantsi, en die hoof van SAL se oudit- en risikokomitee, Yahke Kwinana, by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters aangee en sal strafregtelike klagte teen Daniel Mahlangu en die direkteure van Inline Trading 10 aanhangig maak,” het Herselman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

So nóg ‘n blatante skelmstreek word openbaar ná ondersoeke. Fantasties; MAAR…in aggenome die vlak van arrogansie van die misdrywe, amper.oop en bloot, blyk dit dat die mate van selfversekerde selfhelp skemas en minagting van protokol en WETGEWING nuwe rekords aanslaan. SAUK…SAL…PRASA. Asof almal terminaal siek geword het van die virus “untouchableness”. Getriu aan die versoreider van die siekte; Jacob Zuma. Skikkend om te WEET dat jou land se president akep en laat skep sonder n greinkie gewete.

Carel ·

Terwyl ons land vrot letterlik van korrupsie, en wanneer ons kyk wie dit pleeg is die patroon maar altyd dieselfde.

KarooKlong ·

Ek kan hulle van raad voorsien @ 10% van die gemelde “finansieringstenderooreenkoms”

LS ·

Die ironie van die saak is dat om die SAL Vlagskip Embleem te laat vlieg word geld uit HOP huis koffers gebruik om by te dra tot hierdie finansiering

Hasie ·

KarooKlong, jy sal so baie geld maak dat jy nie sal weet waar om alles te sit nie. Met al die korupsie, waar bêre die ouens al die geld wat julle daaruit kry. Wanneer is zumpie se D-dag wat hy die R7 800 000 moet betaal? Hy moet seker nog geld oorplaas van sy oorsese rekenings.

Tiger ·

Ek het GRATIS raad aan die SAL – verkoop die bodemlose put en bankrot lugredery en daarmee saam al sy probleem-mense ook!Einde van die probleem!

KarooKlong ·

Tiger jou robbies, hoekom wag jy nie eers en kyk of ek nie daai 10% kry nie. Kan jou mos ook ‘n “cut” gegee het.

Frederik ·

As ‘n onbekende middelman in die transaksie R250 miljoen sou skep, sidder ek om te dink hoeveel bekende middelmanne in die R1000 miljard kernkrag transaksie gaan skep.

neelsie ·

Kan nie glo dat daar nog n S A L vliegtuig in die lug is nie .
Met al die korrupsie, ontstaan die vraag na die betroubaarheid van die vliegtuie.
Is die tegniese vaardighede nog op standaard?
Ons vlieg lankal nie meer S A L nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.