SAL kap terug na Saapa

Argieffoto

Die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het in ʼn verklaring teruggekap na die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) wat vroeër vandeesweek bekend gemaak het dat die lugdiens se vlieëniers beplan om te staak.

“Ons is teleurgesteld dat dit in die openbare domein geplaas is, terwyl ons besig is om sinvol met Saapa oor ’n aantal kwessies te raadpleeg. Ons is in die middel van ʼn onderhandelingsproses en ons sal verkies dat die proses sy natuurlike loop neem voordat enige partye uitsprake lewer,” lui die verklaring.

Die direksie het besluit om nietemin op die kwessies wat Saapa geopper het, te reageer.

Luidens die verklaring aanvaar die SAL dat hy tans deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar word, onder meer inkomstestimulasie en netwerkoptimalisering. Volgens die direksie het ’n ervare uitvoerende beampte in September begin om dié uitdagings te hanteer.

“Die SAL het ook reeds stappe gedoen om die nodige kapasiteit bymekaar te kry om die bestuur [van die lugdiens] te versterk en dit is algemeen bekend en waarneembaar in die onderneming.”

Volgens die verklaring is verskeie aanstellings ook reeds aangekondig, onder meer ʼn hoofbedryfsbeampte, die uitvoerende hoof van SAL Tegnies, asook die uitvoerende hoof van Mango.

Die direksie voer aan dat die lugdiens beplan om nog aanstellings in die nabye toekoms te maak, maar het in dieselfde asem daaraan herinner dat dit ʼn ruk neem om die aanstellingsproses af te handel.

Maroela Media het vroeër berig vlieëniers dreig om vir die eerste keer in 80 jaar aan ʼn staking deel te neem om verandering by dié lugdiens teweeg te bring.

Saapa het bekend gemaak dat hy in Augustus ʼn brief met eise aan die SAL gestuur het waarin hy onder meer op ʼn nuwe uitvoerende hoof binne die volgende 90 dae aandring.

Die vereniging se eise het ook ingesluit die aanstel van ʼn afgetrede of aktiewe vlieënier in die lugredery se direksie, asook ʼn vaardigheidsoudit wat binne 60 dae van alle bestuurders en departementshoofde by die SAL gedoen moet word.

“Die bestuur gaan voort om met Saapa asook ander vakbonde en alle werknemers oorleg te pleeg om vordering te maak en meganismes te ontwikkel om die vele uitdagings die hoof te bied,” het die direksie gesê.

Luidens die verklaring wil die SAL die publiek, sy werknemers en Saapa gerusstel dat hulle ook ommekeer by die SAL wil bewerkstellig.

Die direksie glo ʼn staking sal egter in niemand se belang wees nie.

“Ons is daartoe verbind om ’n sterk en veerkragtige SAL te bou in die gees van samewerking,” het die direksie beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zirk

Die gewone publiek het na 25 jaar se misleiding en wanpersepsies vanuit die regerende party, immuun en dikvellig geraak teen welsprekende en hoogdrawende, soetsappige persverklarings vanuit ANC geledere. Dit eindig gewoonlik in ‘n dawerende antiklimaks van verbale diarree.

Chris Ws

Laat ons nou maar SIEN wat kry die diereksie van SAL reg.Ek persoonlik glo hulle speel net vir tyd.Dit sal SAL vlieeniers dalk loon om ander weivelde te gaan soek en nie te sit en wag op ‘n wonderwerk nie.

Eben

SAA gee neem belaglikke stappe om die lugdiens om te keer omdat hulle nooit in die situasie moes beland het nie. Nou word nog meer geld spandeer, nog mense aangeste, om die lugdiens te red. Sake redding of likwidasie is al opsie. Mens kan nie elke keer presies dieselfde doen en dan ‘n verskillende vebeterde uitslag kry nie.

SjN

Terwyl jul vergader, verkoop sommer die bodemlose put, probleme vir almal vinnig uitgesorteer.

Jack Klok

So lank as wat die ANC se arbeids en swart bevoordelings ideologie van krag bly sal geen omkeer strategie enige indruk op die SAL se benarde situasie maak nie. Die probleme is onbevoegde bestuur, politieke inmenging en dan regtellende aksie sowel as swart ekonomiese bemagtiging. Ek het voor 1994 trots met SAL oor die hele wereld gevlieg. Dit was ‘n lugdiens om op trots te wees. Die ANC en hulle beleide het dit tot in die grond in verby bankrot bestuur. Dit kos belasting betalers miljarde om die SAL vanuit die kloue van skuldeiesers te hou. Tyd dat ons die… Lees meer »