SAL kort ‘dringende, eksterne ingryping’

Vuyani Jarana. Foto: ANA.

Die vakbond Solidariteit het met groot kommer op die bedanking van Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), gereageer en sê Jarana se bedanking laat die vakbond met geen ander keuse nie as om sy sakereddingshofstukke by te werk en om die “kader-rondomtalie” by die beleërde lugdiens stop te sit.

“Ons vind dit uiters onrusbarend dat mnr. Jarana in sy bedankingsbrief verwys na al die uitdagings wat Solidariteit in 2018 uitgewys het as redes vir die lugredery se mislukking,” het Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, gesê.

“Dit is ʼn bewys dat dié lugredery in staatsbesit onredbaar is, ongeag wie aan die stuur daarvan is. Solidariteit het in 2018 ʼn ooreenkoms met mnr. Jarana aangegaan waarvolgens hy gereeld terugvoer aan ons sou gee oor vordering wat met die omkeerstrategie gemaak word. Dit is nou vir ons duidelik dat hierdie strategie nie geïmplementeer gaan word nie solank as wat SAL in besit van die staat bly,” het Mulder gesê.

Jarana het die naweek bedank, nadat hy in November 2017 by die lugdiens as uitvoerende hoof begin het. In sy bedankingsbrief het hy harde woorde gehad omtrent die situasie by dié sukkelende staatsbeheerde instelling.

Hy voer aan daar was sedert 2018 tot nou minstens drie gevalle waar die lugdiens amper nie salarisse kon betaal nie weens ʼn gebrek aan geld en dat hy meeste van sy tyd moes bestee aan kwessies van likiditeit en solvensie.

“Die gebrek aan verbintenis om SAL te befonds is besig om sistematies die implementering van die omkeerstrategie te ondermyn, wat dit al hoe moeiliker maak om te slaag,” het Jarana aangevoer.

Hy het daarop gewys dat die spoed van besluitneming ʼn groot rede tot kommer is aangesien dit onmoontlik is om die omkeerstrategie te bewerkstellig met die huidige vlakke van burokrasie. Die werkwyses tussen die uitvoerende bestuur, die raad en die minister maak dit glo ook moeilik om met die nodige spoed en behendigheid te werk en die lyne van aanspreeklikheid word al hoe meer vaag.

Jarana het gesê vertrouevlakke by die lugdiens is laag en dat hy nie langer kan waarborg dat die omkeerstrategie bereikbaar is nie.

Solidariteit sê die lugdiens se status as ʼn lopende saak is steeds in gedrang en dit lyk of min vordering gemaak is met die omkeerstrategie.

“Om nou weer ʼn nuwe uitvoerende hoof nog ʼn kans te gee sal onverantwoordelik wees gegewe die geskiedenis van SAL.”

Solidariteit sien die sakereddingsaansoek aangaande SAL as ’n presedentskeppende saak wat noodsaaklik is, nie net ter wille van SAL nie, maar ook te opsigte van ander, groter staatsinstellings.

“Om nou terug te sit en SAL te laat voortgaan met ʼn reddingsboei en ʼn nuwe gesig sal wees soos om ʼn Panado te gee aan ʼn pasiënt wat ʼn hartomleiding nodig het. SAL en ander staatsinstellings kort radikale, eksterne ingryping,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

ES ·

Die SAL kan nie net heeltyd eksterne fondse will bekom nie! Hoe op aarde gaan hulle dit kan terugbetaal, om nie eers te praat van winsgewend word nie!

Dis ‘n grap!!

fred ·

en al die vorige onbekwame korrupte bestuurders lewe nog altyd n luukse lewe en die belastingsbetalers moet maar opdok

Gert van Wierdapark ·

SAL: Vlieg nou ( hoog) en betaal later vir die gelag!

Lynette schultz ·

Wat my die meeste bekommer is instandhouding van vliegtuie. Is dit op datum as daar skaars geld is vir salarisse?….

Boerin ·

Om elke dag die een instansie na die ander te sien val is baie onstellend,! Dis hoe die ANC ons beautiful land in die grond in bestuur het en steeds doen! Oral teveel mense in posisies en nie een wat weet wat aangaan nie ! Noem maar op, daar is nie een entiteit wat met die nodige bekwaamheid gelei word nie ! En die ergste is dit pla hulle nie ! Watter fiasko ! Sjoe dis tragies !

Lerato ·

Google gerus: “Pampered SAA pilots”
Dis so insiggewend.

Judge Dredd ·

Dis sekerlik beter as “Geen SAA pilots”.

Daar is ‘n tekort aan vlieeniers – as SAA hulle nie gaan “pamper” nie dan gaan hul eenvoudig na beter lugredery.

marous ·

Dis net een maaier van ‘n blik vol . Daar was ‘n skip vol gelaai , verniet in hierdie spul se hande gestop 26 jaar gelede . In plaas van verantwoordelik vaar het hulle hom met alles daarop reguit rotse toe gefoeter , en daar is niks oor nie . Met verotte planke en kleefband wil hulle weer een bou ? Die land is in die stof in vertrap en sal nie weer opstaan nie . Glo dit maar.

Regs! ·

Hahahahahahaha!!!! SAL is nie ‘n lugdiens nie. Dit is ‘n geldwas skema waardeur die eksterne fondse wat bekom word na die kaders se sakke gestuur word! Dit sal nooit verander nie en daarom sal hulle dit nooit sluit nie!

Heksie ·

Ek het al lankal gesê daai plek moet toe gemaak word.
As ‘n “besigheid” nie wins wys nie, maak toe!!!!!!

Grassie ·

My grootste bekommernis is dat die regering die Staatsdienspensioenfonds gaan gebruik om SAL en Eskom aan die lewe te hou. Ek stem saam met Regs! hierbo. Daar is nog te veel ANC-kaders met hul vingers in die twee instansies se geldkassie, daarom weier hulle om die regte ding te doen.

John ·

Die man was ook nie ‘n concord pilot nie… glo dit nou maar. Hy het net sulke duur vlugte beleef en dit is nie genoeg nie. Die ANC weier botweg dat die naam SAA na iets anders gewysig word. We are de darlings of de world.,. Daai dae is verby… Geld groei nie op die rue van uitlanders nie. Sjina vind dit ook nou uit.

Piet parys ·

Ja die anc het n lopende saak SA oorgeneem en die land is bankrot. Soos die meeste swart boere wat alles in die hand gestop word trekkers en implemente. Wat daar vergeet word is dat jy inisiatief moet he gepaard gaan met lang werks ure om n sukses van enige besigheid te maak en dit het hulle nie.

Nico ·

Ger asb tog net dieSAL verniet weg want onder ANC regering gaan dit net slegter gaan

Barries ·

Onthou to Shoprite vir OK Bazaars gekoop het vir R1. Daarin is ‘n les vir die regering en SAL.

ChrisE ·

Die oorsaak van SAL is daar is te veel mense. Ek dink, help my reg, die syfers moet so lyk. Om een vliegtuig in die lug te hou vereis sowat 80 persone. Dit sluit van lugverkeer tot kajuitpersoneel in. Ek dink die laaste syfer wat ek gehoor het, het SAL sowat 200 plus siele om dieselfde werk te doen. Vergeet nie van die langvingers nie.

Danie ·

As die ANC regering die beeld van SAL as bemarkingsgereedkap wil behou privatiseer dit dan of verkoop vir R1 met voorwaarde sonder koste dat naam behou word. Ons was altyd trots op die naam en beeld maar nie onder huidige omstandighede

barend v d westhuizen ·

ek was trots op dit toe n oranje stert gehat het met n springbok op nou kan hulle maar noem net wat hulle wil verkoop dit kos net belasting betalers geld

Andre ·

Ai tog! FW en meelopers se “utopia” werk net doodeenvoudig nie! Op geen gebied nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.