SAL kry nie nog geld; dalk gesluit

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die regering het verdere geldelike hulp aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) geweier en sal vandag ʼn voorstel bespreek dat die sukkelende staatsonderneming gesluit word.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in ʼn brief aan die sakereddingspraktisyns van die SAL ʼn versoek vir hulp van R10 miljard geweier. Die SAL is in Desember 2019 onder sakeredding geplaas.

Gordhan sê in die brief die regering is nie in staat om verdere befondsing of leningwaarborge te verskaf nie. Die minister voer ook aan dat Covid-19 nasionale hulpbronne verder onder druk geplaas het in die regering se poging om die uitwerking van die pandemie op mense se gesondheid en ekonomiese aktiwiteite te probeer verminder.

Die nasionale tesourie het intussen as deel van sy ekonomiesebeleid-reaksie op die Covid-19-pandemie voorgestel dat die SAL en SA Express gesluit word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het gesê die voorstel sal Woensdag op ʼn spesiale vergadering van die kabinet bespreek word. SA Express is ook in sakeredding weens geldelike probleme.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in reaksie gesê die sakereddingsproses kon nie suksesvol wees nie, want die regering was nie ernstig daaroor nie.

“Hulle het desperaat ʼn sakereddingsaansoek gebring, want hulle wou die proses beheer. Hulle het voortdurend ingemeng en dit vir die sakeredders onmoontlik gemaak. Die voorwaarde vir sakeredding was onafhanklikheid en die staat het die voorwaarde geïgnoreer.

“Die staat het die lugredery bankrot bestuur en sluit nou hul mislukking af. Die regering wou nie self likwideer nie en het sakeredders gekry om dit te doen. Die regering trek nou die prop uit en wil nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Die lugredery was in so ʼn toestand bestuur dat dit normale omstandighede moeilik sou oorleef en geen kans gehad het vir die Covid-19-krisis nie.”

Die DA meen die regering het geen ander keuse as om die SAL te sluit nie as hy die reddingsboeie wil stop en weens die gebrek aan ʼn gewillige koper.

Alf Lees, DA-LP en lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), het gesê die SAL is al vir jare ʼn las op die fiskus weens oneindigende reddingsboeie van miljarde rande.

“Dit het nie net die land se openbare finansies benadeel nie, maar dit het ook skaars finansiële hulpbronne weggeneem van die verbetering van dienslewering en beleggings in openbare infrastruktuur.”

Volgens Lees moet die kabinet dus wys hulle is ernstig deur die SAL te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Snowball ·

Jammer vir almal wat nie deel was van die korrupsie nie en nou hulle werk gaan verloor. Slagoffers van die ANC, SA se virus wat alles verteer waaraan hulle raak.

henndrik ·

Dit moes aan die begin gebeur het selfs ‘n onkundige soos ek kon sien dit kan nie werk nie.

Eerlik ·

Wat van die arme personeel lede wat nie n rol in die wanbestuur gespeel het nie? Dis steeds onwerklik om te dink dat ALLES in ons land binne n paar jaar net uitmekaar geval het en steeds in tuimel.

Stefan ·

Hulle het gestaak omdat inflasie verwante verhogings vir hulle nie genoeg was nie terwyl die plek toe al bankrot was.
Voel nou net mooi niks vir hulle!

Die Wolf ·

Nee jy kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie.Dit was nie almal wat aan die staking deelgeneem het nie. Dit is maklik om dit se as jy nog steeds jou salaris verdien. Takel eerder die ghoenie lose mense wat dit teweeg gebring het.

E ·

Ek voel al die werknemers kon ook jare terug al voorgestel het dat hulle voordele (vliegkaartjies) verminder word. Maar nee hulle het orals lekker rondgevlieg.

Lorna ·

Dat dit nou iets soos die korona moes vat om deur die regering se dik skul deur te dring
Al daai geld wat in n bodemlose put gegooi is
Jammer regtig jammer oor al die mense wat hul werk verloor
Al troos wat nou soort van sal help is om die skuldige in tronk te gooi
Maar daar dadels van kom sy is mos n anc kader

Stefan ·

Dus die 3.5 miljard van ‘n paar weke gelede is ook af met die riool, dink net wat ons als daarmee kon doen met die corona krisis.

Strandloper ·

Jipeeeeeeeeee….koop maar n paar bicycles dit mag werk….of nie?

PieterP ·

Dit is hoog tyd dat die bodemlose put heseel word. Jammer vit die onskuldige mense wat hulle werk sal verloor, gaan vra vir die wat die finansies so wanbestuur het waarheen nou. Net eers die moeilikheid om by die hoë hekke van hul skielike luukse huise verby te kom

Burgermeester ·

Wanneer die SAL sluit gaan dit ‘n ding wees om te aanskou. Ek sal graag wil weet waar die regering befondsing gaan uitkrap om al die leningwaarborge wat hulle so mildelik toegestaan het te eer. Betaal gaan hulle moet betaal, en geld … die het ons land nie.

Die Wolf ·

Kobus die vakbonde moet ook die skuld dra. Het lankal geweet wat gaan kom, maar het tot op die einde bly skep.Wonder of hulle gaan bydra tot salarisse. Dit is ons probleem in die land. Hulle kom niks oor nie. Dit is tyd dat ons wakker word en eis dat vakunies finansiele hulp aan diegene gee wat in so n posisisie beland. Ondersoek hulle finansieel en kyk waar die fondse heengaan. Hopelik sal die werkers nou besef dat die vakbonde nie werklik omgee nie. Daar is baie goeies onder hulle maar die res?

Andre ·

Groot deel van die Covid-19 skenking sal wel die weg vind na die SAA toe, hulle help mos!

Die Wolf ·

Hoekom dink jy Trump het die VSA se hulp aan die WGV opgehef? Presies wat gebeur met befondsing. Word vir ander politieke doeleindes gebruik.

Frans ·

“Since 1994 the government has given SAA more than R57,000,000,000 in bailouts. Now is the time to stop this madness.Business Maverick Analysis
“South Africa Airways began operations on 1 February 1934, when the South African government took over the assets and liabilities of Union Airways. The airline was renamed South African Airways (SAA), and fell under the control of the South African Railways and Harbour administration.”

En so bly nog ‘n SOE wat ‘n bate en trots vir SA moes gewees het in die slag.Onthou nog die onvergeetlike oomblik op 24 Junie 1995 toe ‘n SAA Boeing 747 met Laurie Kay as loods oor Ellis Park Johannesburg gevlieg het voor die eindstryd tussen die Bokke en die All Blacks.

Hekwag ·

Skandelik dat ‘n eens goeie lugredery so tot in die afgrond in gery is! Gebeur waar kees baas is.

Grassie ·

Dit is nou goeie nuus op hierdie mooi Woensdagoggend. Ek wonder of die Staat nou die geld wat hulle by die pensioenfonds geleen het om SAL te “help” gaan terugbetaal, Ek glo nie. Ek het simpatie met die mense wat hul werk gaan verloor maar ek glo van ons mense wat nog daar is, is goed gekwalifiseer en behoort iewers geholpe te raak.

Fedup ·

One cow milked to death. Lets see who the unfortunate next cow or cows will be. If they keep this up, this poor forsaken country will only be a forgotten skeleton. Power struggle seems to be ramped up a bit. Shame. They will never learn.

Gemaskerde Sopbeen ·

Moes lankal gebeur het. Net jammer oor werksverliese. Onskuldiges lei onder die korrupsie van top klomp wat hulle sakke lieflik gevul het.

BoerSonderRoer ·

Nou kan hulle daai geld in ons hospitale en skole instoot en nie in ons rykes wat gat wil skuur nie.

MakersMark ·

Dankie Vader dat die tragedie tot ‘n einde kom. SAA is lankal dood, uitgesuig deur zuptas en ANC. Die corona virus impak is die coupe de grace. SAA moes lankal naam verander het na Azanian Airlines, die laaste 10 jaar was dit nie meer die eens fantastiese SAA nie.

Rodger17 ·

Viva Gordhan jys n yster!Sorry vir mense wat daar werk,maar die soustrein het ontspoor!Ek kan nie wag vir Eskom se beurt nie hulle nog erger,dan nog prasa en SAUK almal moet maar hul pyne vat want dis die anc wat hulle aangestel het

Boortor ·

Jammer vir die eerlike mense wat julle werk gaan verloor deur n klomp diewe wat nog steeds los rondloop. Sterkte vorentoe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.