SAL lê dalk meer as 900 werkers af

Zuks Ramasia. Foto: SAL

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het met ʼn herstruktureringsproses begin wat moontlik tot honderde werksverliese kan lei.

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerde hoof van die SAL, het gesê die lugredery se 5 146 werknemers is van die herstrukturering in kennis gestel en dat met ʼn konsultasieproses ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin is.

Die herstruktureringsproses kan tot afleggings lei, maar Ramasia het gesê sy is hoopvol dat die SAL die impak daarvan kan beperk en ondersteuning sal bied aan diegene wat wel geraak gaan word. Sy het gesê die SAL het oor die afgelope paar jaar verskeie uitdagings in die gesig gestaar wat tot die ernstige situasie gelei het.

Die uitdagings sluit in befondsing- en likiditeitsuitdagings; onvermoë om onbepaald te leen sonder om skuld terug te betaal; hoë rentekoste op lenings; die onbestendige en wisselvallige brandstofprys; wisselvalligheid in valuta; onvoldoende inkomste en kontantgenerering in verhouding tot bedryfskoste en ʼn verouderde vloot wat duur is om te onderhou en nie brandstofdoeltreffend is nie.

“Boonop is die SAL se balansstaat histories swak en bly dit so ondanks die onlangse aansienlike kapitaalinspuitings van die regering. Ons voortgesette verliese en afhanklikheid van regeringswaarborge om geld te leen, het die rentekoste verhoog wat die bedryfskoste van die onderneming beïnvloed.”

Volgens Ramasia moet die SAL dringend aandag gee aan sy finansiële posisie en dit is die rede vir die herstruktureringsproses wat sal poog om die doeltreffende implementering van sy omkeerstrategie te verseker te midde van die heersende operasionele uitdagings.

Al die SAL se afdelings en departement word deur die herstruktureringsproses geraak. Die lugredery se filiale, naamlik SAAT, Mango en Air Chefs, word nie geraak nie.

Ramasia het gesê dit is in die stadium moeilik om te skat hoeveel van sy werknemers deur die herstrukturering geraak sal word. “Geen finale besluit sal geneem word tot die konsultasieproses afgehandel is nie. Daar word egter geskat dat sowat 944 werknemers geraak kan word.”

Die konsultasieproses kan na verwagting tot 11 Januarie 2020 voortgaan.

“Hierdie moeilike besluite was nodig om die SAL op ’n meer volhoubare basis te plaas, terwyl ons verseker dat ons steeds die beste diens aan kliënte bied. Dit is baie jammer dat ons paaie met sommige getroue kollegas sʼn gaan skei. Ons doen alle moontlike stappe om te verseker dat hierdie veranderinge op ʼn sorgsame wyse bestuur word en dat almal waardig behandel word,” het Ramasia gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Vier ·

Opgehou lees by “onvermoë om onbepaald te leen sonder om skuld terug te betaal..”

Jdb ·

Ek moes dit ook 3 keer lees voor ek besef het dat ek hulle nooit sal verstaan nie

Marinda ·

Not surprised at all. What does surprise me is that it’s only about 900 people.

daniel ·

Die SAL was nog nooit finansieel afhanklik van lenings on vòort te bestaan nie. Ongelukkig is die SAL gebruik as n melkkoei en welsyns organisasie desert 94.

James ·

BEE besig om julle te byt? Telkom… poskantoor…. eskom…. transnet….

Tersia ·

Ek kyk na Bafana Bafana se oefen truie en ek Lees SAA Airways ? Is ek verkeerd as ek dink dit is hulle Borg? Vra maar net.

K P ·

Julle is so pateties julle moet die hele lugdiens liewer toemaak. Die kaders bestuurders wat niks weet het die plek in die grond in.

Jannie van Niekerk ·

Jaag net al die ANC kaders weg en los die gewone personeel. Daar sal miljarde rande aan salarisse gespaar word as daar GEEN ANC politikus in die SAL se diens is nie

Henry ·

Dit is presies die probleem in die hele land. Hordes word aangestel om een mens se werk te doen. Bloot omdat almal glo dit is regstellende aksie. Die staat het n grap geword. Ook te bang om mense te laat gaan asgv stemme.

Jack Sadie ·

Hoe totaal misleidend is jou kommentaar, Henry : die staat ‘n grap? Mens geniet en lag vir ‘n grap!

PJC ·

Afleggings gaan geen verskil maak by SAL nie want die verkeerde mense beklee posisies waarvoor hulle nie bevoeg is nie en die bestuur is hopeloos onkapabel.

Gert van Wierdapark ·

Parkeer ‘ n SAL vliegtuig op elke Internationale lughawe soos n bekende ekonomoom al voorgestel het, en sluit die deure! Dus = GEEN onderhoud, GEEN uitgawes, GEEN gebedel vir Staats/ belasting-geld!!!

George in Bloem ·

Dalk moet Ramasia hard se van watter jaar af het die “SAL se balansstaat histories swak” geraak? Ek wonder hoe die ras samestelling gaan lyk van die 900 wat moet gaan en of van die wat verantwoordelik is vir SAL se patetiese diens en swak houding teenoor kliente en eintlik die trekpas verdien,dit gaan kry? Ek het ‘n spesmaas hierdie is “too little too late”. Die belastingbetaler kan hom maar weereens regmaak vir nog ‘n klomp van ons swaarverdiende geldjies wat in hierdie bodemlose put,een van ‘n paar,ingestort SAL word. Hierdie spul is nie eers bevoeg om ‘n skoolsnoepie te bestuur nie. Die SAL moes alreeds verkoop gewees het.

Jannie van Niekerk ·

Natuurlik. Hoe anders? Kyk hoe het ABSA destyds gespog met hulle regstellende aksie beleid toe hulle die meeste wittes laat gaan het

anton ·

Jaco ek wonder of daar ooit nog blankes by SAL is behalwe die vlieeniers.
Dalk is daar 90 maar beslis nie 900 nie.!!!

HPV ·

Jaco jy is reg, om plek te maak vir meer skeppende kaders. Die reuse reddingsboeie het weer baie deure oopgemaak om rykdom te verdeel.

Niklaas ·

Dis natuurlik weens al daardie skulde. Ek hoop nie dis bekwame vlieëniers wat moet groet nie. Hul kan nie blanke waardinne aflê nie…want daar is geen een oor nie. Nou kan mens net wonder wie sal moet gaan ?

Fanbul se pel ·

Nog niemand suksevol vir staatskaping vervolg nie maar eerlike werkers onder op voedselketting moet nou boet, en die is net die begin, ander soe’s gaan gou volg as SAL toeglaat word om voort te gaan. Sien die as n toetslopie.

Dafer ·

Dinge begin nou eers!
Eerstens gaan daar nou ‘n algemene staking plaasvind, waaraan almal gaan deelneem, selfs Zuksie-baby, net om te wys sy is nie regtig ernstig nie. Dink net aan die chaos wat gaan heers oor die fees seisoen. Koop noual vir jou ‘n kaartjie!
Tweedens, gaan almal na ‘n paar weke weer begin werk omdat daar nie meer asblikke in Johannesburg, Benoni, Springs, en selfs in Welkom is, never mind Kempton Park, wat hulle nog nie in die strate leeg gemaak het nie.
Derdens, gaan die regering ‘n ‘lewensboei’ na die SAL toe uitgooi, ter waarde van ongeveer vier honderd miljoen Rand, en dan gaan hulle,
Vierdens toestemming gee dat net die absoluut noodsaaklikste spasie vir verkeer om vliegtuie te laai, afgebaken word sodat die res vir massa-behuising gebruik kan word, en omdat,
Vyfdens daar dan soveel honderde duisende van hulle op die perseel sal bly, kan hulle netsowel daar aangestel word. Dink net aan die besparing t.o.v. personeel vervoer kostes!
Die opposisie politiek het nie eers die vaagste benul hoe om hierdie probleem op te los nie, en AfriForum dink ernstig daaraan om hulle begaafde advokaat se ketting los te maak sodat hy my kan vervolg, soos in die advertensie op dag een: ‘Ek gaan JOU vervolg’ belowe is.

Willie ·

Passop vir die vakbonde wat julle groot gemaak het! Hulle regeer alles, want die SAP se tande is getrek! By eskom skakel hulle die ligte af, hoop nie hulle gooi ñ spanner in ñ vliegtuig se enjin nie! Hulle het nie brieke nie!

Hartseer ·

Die Anc sal die geleentheid gebruik on van die laaste blankes onslae te raak.

ExPat ·

Het onlangs weer SAL internasionaal gevlieg vanuit Australie na suid afrika en terug, NOOIT WEER NIE. Die vliegtuig was oud, kos was akkies, diens was gemiddeld, ens ens. Nee wat hulle moet maar vou en verdwyn.

Foxi ·

Stem saam……SAL vliegtuie vuil…..vuil…..vuil en stokoud. Waag nie weer my lewe daarin nie!

Gerrit ·

Expat jy beskryf my onlangse ondervinding met Qantas woord vir woord. Vanaf Perffontein na een of ander myndorp suid-oos van daar. Moes noodgedwonge soontoe gaan vir werk. En toe moes ek nog boonop na DAAI AKSENT luister. Was tog te lekker om weer die SAL vlug terug Cowboystan toe te vat.

Riaan ·

B.E.E + Affirmative action = incompetent.
Formula for disaster

M Share ·

Hulle moet by die topbestuur begin wat die meeste geld kos vir die minste werk. Maar hulle sal seker nou weer n paar skoonmakers en diesulkes laat loop, wat kos op die tafel moet sit.

Kobus ·

Natuurlik weer die gewone werkers wat die prys gaan betaal vir die swak Bestuur terwyl die skuldiges in hoè stoele gazn bly sit.

Feite ·

Die SAL bluf net hulself. Daar moet 127 werkers, ingesluit kajuitbemanning per vliegtuig wees terwyl Dudu Myeni 900 werkers per vliegtuig laat aanstel het. Snaaks dat dit presies die getal werkers is wat afgele word. Wat dan van die ander 900 per vliegtuig? Hierdie herstruktuering is n klug. Die ANC het onder Zuma die ekonomie laat val met onregmatige botallige aanstellings vir die ANC en die ANC wil onder CR die ekonomie optel terwyl die staatskaping status quo gehandhaaf word, steeds net vir die ANC. Dit is duidelik dat Zuks Ramasia n politieke ANC kader aanstelling is wat net gaan aangaan waar Dudu opgehou het! Suid Afrikaners en beleggers kan doodeenvoudig nie die herstruktuering onder ANC ideologie vertrou nie!

hendrik ·

Maak toe die deure en vergeet dat daar n SAL was. Dit sal die heel goedkoopste wees.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy mense moet aflê wat nooit in die eerste plek aangestel moes gewees het nie, gaan die amptelike opposisie se stemme groei. O goeiste, nou onthou ek weer….daar is nie amptelike opposisie nie….net amptelike kompetisie….vir die bietjie wat nog oor is in die trog.

Arie ·

Die anc het ons land in ‘n krisis gedompel wanneer gaan die kiesers dit besef??? Lyk my nooit

Foxi ·

Hoekom 900 werkers aflê nou? Sal daar nie genoeg geld wees vir die amptenare se bonusse nie! Wie bluf hulle nou……..wens ek kon sê wat ek van hulle dink!

Griet ·

Geen verdere kommentaar nodig…..

1) QANTAS (Australië): 32 500 werknemers met ‘n totaal van 252 vliegtuie = 129 werknemers per vliegtuig
2) American Airlines: 87 897 werknemers met ‘n totaal van 618 vliegtuie = 142 werknemers per vliegtuig
3) Delta Airlines: 106 216 werknemers met ‘n totaal van 722 vliegtuie = 147 werknemers per vliegtuig
4) British Airways: 36 832 werknemers met ‘n totaal van 238 vliegtuie = 154 werknemers per vliegtuig
5) United Airlines: 115 149 werknemers met ‘n totaal van 710 vliegtuie = 162 werknemers per vliegtuig
6) Suid Afrikaans Lugdiens: 55 500 werknemers met ‘n totaal van 58 vliegtuie = 957 werknemers per vliegtuig

marous ·

Betaal sommer eerste die bestuur af . Sonder goue hand drukke.

Attie. ·

Sodra alle oortollige mense in die land afgedank word by alle instansies dan sit SA met ‘n werkloosheid van 40%. Daar is derduisende aangestel by alle staats en munisipale instelling net om die werkloosheidsyfer te laat goed lyk. Al hoop wat ons het is die ashoop.

Estelle ·

my man het vir 29 jaar vir SAL in die vragkantoor gewerk en hulle het altyd netjies gelyk in hulle uniforms. met trots is hulle werk gedoen. Deesdae is daar nie geld vir sulke goed nie, want die geld beland in bestuur se sakke. gelukkig het jy die lig gesien jare terug en pakket gevat.

John Ferreira ·

Moenie die werkers afbetaal nie….sny die grootkoppe se salaris dan hoort hierdie 900 nog ‘n inkomste te hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.