SAL lig verbod op jagtrofeë

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van omgewingsake het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se besluit om die verbod op die vervoer van jagtrofeë van leeus, olifante, renosters en tiere op te hef, verwelkom.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Donderdag gesê SAL het besluit om die verbod op te hef nadat die departement voldoende maatreëls daargestel het om die onwettige vervoer van jagtrofeë te voorkom.

Volgens die departement sluit die maatreëls onder meer in dat fisiese ondersoeke van wildsbesendings daagliks op die OR Tambo Internasionale Lughawe gedoen sal word om te verseker dat die trofeë voldoen aan die betrokke regulasies. Vervoerpermitte sal slegs goedgekeur word nadat die trofeë ondersoek is.

Daar sal voortaan baie sterker opgetree word teen persone wat wildsbesendings vervoer sonder die nodige dokumentasie en permitte, het Molewa gesê. Die departement sal ook opleiding aan lugdienspersoneel en vraghanteerders verskaf in die hantering van wildsbesendings en die opsporing van verdagte vragte.

SAL het in April 2015 ʼn verbod op die vervoer van hierdie trofeë geplaas ná voorvalle van valse verklarings en die indiening van valse dokumentasie vir die vervoer van jagtrofeë.

Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het gesê sedert die verbod ingestel is, het die lugdiens voortdurend met die departement omgewingsake vergader om die kwessie te bespreek. “As ʼn verantwoordelike vervoerdiensverskaffer doen ons moeite om te verseker dat ons sake strook met regeringsbeleid en internasionale protokol en hierdie operasionele besluite moet gemaak word in die beste belang van die maatskappy,” het hy gesê.

“Ons is nou tevrede dat die bykomende maatreëls voldoende is om die operasionele probleme die hoof te bied en ons sal voortgaan om saam met die omgewingsdepartement te werk om die onwettige vervoer van wildbesendings hok te slaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Ek’s nuuskierig Tania… waarom is jý so hêppie daaroor? Wat of wie het jy gejag? :-) Die DA hoop om die ANC se kop uit te stal onder hulle trofees maar waarskynlik sal dit ‘n nog erger spul wees soos bv die EFF wat daardie trofee sal uitstal.

Sam ·

Daar word baie mense geraak deur dit wat besigheid gaan verloor by die buitelandse mark. Die wild wat uitgevoer word is nie gehok nie is op groot wildsplaase. Jy moet elk geval permitte hê om te jag en wild aan te hou. Dit is nie ñ hier jy besigheid nie,fauna en flora besoek ook ň mens se plaas. Die eintlike probleem lê by die wat vir die natuurbewaring werk wat onwettig renoster horings etc verkoop en informasie gee waar is al die renosters want hulle het al die informasie wat op jou plaas is. Nou word die onskuldige wilds boer weer blameer….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.