SAL mag nie Airbus-ooreenkoms wysig nie

Argieffoto

Argieffoto

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het ʼn stokkie gesteek voor die Suid-Afrikaanse Lugdiens se omstrede aanbod om sy ooreenkoms met Airbus, wat vroeër vanjaar aangegaan is, te wysig.

Nene het Donderdag in ʼn verklaring die beleërde lugredery beveel om die oorspronklike voorwaardes van die kontrak te huldig wat sal beteken dat die aankope van tien A320’s geruil word vir die verhuring van vyf A330’s.

Die transaksie wat die SAL voorgestel het, sou beteken dat die vliegtuie aangekoop sou word en ʼn kooptransaksie en terugverhuringsooreenkoms met ʼn plaaslike verhuurder sou aangegaan word in Suid-Afrikaanse geldeenheid in plaas van dollars.

“Alhoewel daar moontlike voordele sou wees deur ʼn alternatiewe transaksie, is die kans groter dat daar nie gestand gedoen sal kan word aan waarborge deur die regering en die erge gevolge wat dit sal inhou nie,” het Nene gesê. “Die voorgestelde wysiging aan die transaksiestruktuur is dus gevolglik nie goedgekeur nie.”

Die minister het bygevoeg dat indien SAL ʼn noemenswaardige transaksie met Airbus of enige ander party aangaan waarvoor die lugredery nie goedkeuring ontvang het nie, sal dit finansiële wangedrag wees en sanksies kan ingestel word teen die raad kragtens artikel 83(4) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Ag nee, hoe kan die minister so inmeng? Nou gaan niemand ‘n geldjie onder die tafel deur maak nie?? En dis KERSFEES!!!

Neels ·

En wat van die Porches wat klaar bestel is en die oorsee se vakansies, nou moet hulle by die huis bly en weer die ou karre afstof dis nie reg nie.

Griki ·

Ag lekker, man. Ek is bly hy besef dat daar ‘n groot kans is dat daar nie aan waarborge deur die regering gestand gedoen sal word nie. Hoop nie hy word nou geskors nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.