SAL: Myeni se heraanstelling bevraagteken

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

LP’s het Malusi Gigaba, minister van finansies, sewe dae gegee om bewyse te verskaf dat Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad, op wettige wyse in dié pos heraangestel is.

Yunus Carrim, voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies, het in ʼn verklaring gesê LP’s is besorg oor die wettigheid van Myeni se heraanstelling nadat haar termyn op 31 Augustus verstryk het.

“Die komitee versoek dat die minister al die dokumentêre bewyse voorsien wat verband hou met haar heraanstelling of die verlenging van haar termyn, insluitend die nakoming van die Wet op Maatskappye en spesifiek die kennisgewing aan die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom, indien sodanige kennisgewing gegee is,” lui die verklaring.

“Die komitee versoek die minister om binne sewe dae vanaf ontvangs van hierdie besluit te reageer.”

Tydens ʼn komiteevergadering Woensdag het Sfiso Buthelezi, adjunkminister van finansies, aan LP’s gesê Gigaba het Myeni se ampstermyn verleng tot die staatslugredery se jaarlikse algemene vergadering in November. LP’s het egter gesê hy het nie die mag om dit sonder die kabinet se goedkeuring te doen nie.

Later toe Gigaba voor die komitee verskyn het, het die minister gesê hy het prokureurs geraadpleeg voordat hy Myeni se termyn verleng het. Nadat Frank Jenkins, parlementêre regsadviseur, verskil het van die siening dat die SAL se akte van oprigting die minister toelaat om ʼn eensydige besluit in die verband te neem, het Gigaba gesê hy sal weer met sy regspan vergader.

“Die komitee, ná bespreking van die beskikbare bewyse, is bekommerd oor die wetlikheid van die verlenging van die voorsitter van die SAL-raad se ampstermyn,” het Carrim gesê. “Die komitee is van mening die besluit om die voorsitter se ampstermyn te verleng moet hersien word.”

Carrim het bygevoeg hoewel LP’s ook hul kommer uitgespreek het oor Myeni se geskiktheid om voort te gaan om as SAL se raadsvoorsitter te dien, is die komitee se besluit gegrond “op regskwessies”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

Hoe stel mens iemand weer an wat jy weet n groot gemors gemaak het van alles ….HOE ? Ek moet se SA verdien junk status 110 %

Cherokee ·

7 Dae gegee om bewyse te verkaf…. en dan? Na 7 dae as die minister nie gehoor gee nie?

Adam ·

Presies, Cherokee. Minagting van die Hof is al remedie en selfs dit sal weinig help. Lastige ene, die Myeni, amper soos ‘n Codling mot in ‘n vrugteboord. Skade, skade, skade sover sy gaan.

SjN ·

Sy moes in die eerste plek nie aangestel gewees het nie. comrades sorg vir mekaar.

Alida ·

Mens kan nie meer nie !!!!! Sy moes 31 Augustus 2017 al die pad gevat het. Laat ons kyk hoe wend hulle die R10 miljard inspuiting aan. Surprise !!!!!!!!!!!!!

steve ·

Zuma het gepraat… Guptas het gepraat… The puppet master informed the ring leader which informed the head puppet to reinstate the little puppet.. Who cant see this… We all know who she is connected to… Being zulu, rumours of being Zuma weekend stop and being incharge of Zumas charity or whatvever money launderying scheme he has going… Nailing Gigaba is like hotting your one dog because the other had a crap in your house… He is but a pawn in this mafia we call govt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.