SAL: ‘ ʼn Bodemlose put’

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat eens ʼn volhoubare onderneming was, is nou niks anders nie as net nog ʼn sukkelende instelling wat onder swak bestuur verbrokkel het.

Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van die lugvaart- en verdedigingsbedryf by Solidariteit, het gesê SAL se finansiële verknorsing kan toegeskryf word aan gebrek aan leierskap en verantwoordelikheid in die bestuur.

“SAL se [onlangse] geskiedenis getuig van ondeurdagte en onnodige besteding wat geensins bydra tot die volhoubare groei van die lugdiens nie,” het Reyneke gesê.

Volgens Reyneke maak die regering se plan om R10 miljard se winsgewende Telkom-aandele prys te gee om die SAL te probeer red, ekonomies geen sin nie.

“Indien die regering nie sy finansiële hulp staak en daar nie daadwerklik ingegryp word by die bestuur van die SAL nie, sal die regering enorme bedrae geld in ʼn bodemlose put stort,” het Reyneke gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adrian ·

Daar is definitief parlementeers wat wen uit die bankrot lugdiens, hoekom doen anc wat dit ook al kos om die vlerke in die lug te hou want daar is baie ,, sideline deals” en donker tenders. SLUIT net eenvoudig die redery THATS IT

Ferreira ·

Nog ‘n ANC nalating! Vat jou goed en trek Suid-Afrikaners. Moet net nie SAL flieg nie!

Chris Ws ·

Die SAA is ‘n meulsteen om die ekonomie se nek.Verkoop hom.Ons land het hom nie nodig nie.

dolpin ·

genade sa is gemors die president en die minsters wil alles geld wil en wil die govermenet se geld vat om die saa te betaal .weet nie hoe om south Africa se geld kan hanteer nie kry die nuwe president.

snoefie ·

nuwe minister? lekker lag ek nou. sy vertel alklaar die anc se besluit in Des moet gerespekteer word. as of sy noual weet sy gaan gekies word en haar man wie sy steeds aanhang daarom dat sy aan sy naam kleef, gaan steeds deur haar regeer.

msp ·

Ek het nou al baie oor die ding gesit en dink. Hulle se dat die”ou” Suid Afrika volkome onsuksesvol was en dat dit vandag in Suid Afrika beter gaan as ooit. Dit het my ‘n rukkie geneem maar ek besef nou volkome dat “agreruitgang” vir die anc en almal wat vir hulle stem “vooruitgang” beteken en dan kry jy nog die arme eff en al sy lede, hulle is woedend omdat die regering so stadig vorder in hulle proses om alles te vernietig. Vir hulle sal Suid Afrika 100% suksesvol wees as daar niks oor is nie. Die eff wil almal wat net aan “ware sukses” van Suid Afrika dink, uit die weg ruim of vermoor. Hope spoorlyne wat dorpe in die platteland verbind het le verlate in die veld. Op sekere plekke is daar selfs huise op hulle gebou. Hope spoorwegstasies is tot op die grond af afgebreek. Al wat daar nog bestaan is n ou lokomatief wat toe gegroei is en stuk vir stuk verdwyn soos bv in Witrivier gesien kan word. Ek het eendag die stasie in Barberton gaan soek. Ook afgebreek en toegegroei. Dit is wat jy SUKSES noem in zimbabwe en sy president wat deesdae ook die opperhoof van Suid Afrika se anc en die eff se leiers is.

Chris Ws ·

100% waar ”msp” !Maar die kusiete wil BMW’s en Mercedese ry.Hulle moet mos dan ook terug gaan na ”met die poot loop” status toe waar hulle was voor Europeers hier geland het!

Koos1 ·

Die SAL is dan nou nie “for all” nie. Miljoene kan nie bekostig om te vlieg nie. Die regering moet i.p.v. red eerder ontslae raak. Miljoene se geld word weereens gebruik om ‘n paar (wat kan bekostig om te vlieg) te bevoordeel. Die storie van die nuwe SA.

PJN ·

Hoe veilig is dit nog om SAL te vlieg ? Word die vliegtuie nog behoorlik nagegaan en gediens as gevolg van korrupsie en bankrotskap. Daar is dan nie geld nie. Daarom vlieg ek eerder British Airways plaaslik en Namibia toe met Namibia Airways. Knip SAL se vlerke vir eens en vir altyd!!!!

Niccy ·

Gaan vergelyk bietjie SAL se grond en lug waardinne met die van ander rederye. Nie soos in ou dae die vriendelike, netjiese meisies met sykouse en hoëhakskoene nie. Hul kan maar gerus die vliegtuie verkoop want dit is net ‘n soustrein vir party lede van die Parlement.

Edward Shawe ·

Verder hoor ek dat die regering die staatspenseioene wil plunder om die SAL uit sy verknorsing te red. Hiermee maak ek dan n beroep op elke staatspenseiontrekker om dan as dit gebeur al julle bagasie te pak en en alle staats geboue te beset selfs Nkandla. Sodat die ANC regering dan sien hoe ernstig ons penseiontrekkers oor ons maandelikse inkomste voel.

SjN ·

Hulle is bankrot maar Angola alleen skuld hul miljoene, hoe werk dit, swak bestuur en beplanning is die rede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.