SAL onseker oor hoeveel werkers afgedank gaan word

Argieffoto

Argieffoto

Die platsak Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kon Maandag nie bekend maak hoeveel werknemers hy van plan is om af te dank nie.

“In hierdie stadium is daar nie ʼn aanduiding van hoeveel mense geraak gaan word nie,” het Tlali Tlali, woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê die afleggings sal tydens ʼn “konsultatiewe proses” met al “belanghebbendes” in die maatskappy geskied.

Tlali het gesê ʼn 90-dag-aksieplan is teen die einde van verlede jaar in werking gestel met die voorneme om die lugredery terug te bring na die implementering van die mylpale in sy langtermyn omkeerstrategie.

“Ten einde die maatskappy terug te bring na relatiewe stabiliteit in die konteks van die 90-dag-aksieplan, moet die SAL elke aspek van die onderneming weer besoek,” het Tlali gesê. “Dit het reeds gelei tot ʼn aansienlike besparing en sterker bestuur. Die werklikheid is egter dat die SAL se personeeltelling oor die afgelope paar jaar in moeilike tye verby die volhoubare vlakke gegroei het.”

Die aksieplan kom na verwagting op 24 Maart tot ʼn einde.

Volgens die maatskappy se 2013-jaarverslag werk 11 462 mense by die lugdiens.

Die SAL was een van drie maatskappye in staatsbesit wat op 12 Desember na die Tesourie van die departement van openbare ondernemings oorgedra is nadat Jeff Radebe, minister in die presidensie, gesê het die kabinet was bekommerd oor die lugredery se prestasie.

Die Business Day het Maandag berig dat die SAL van plan is om personeel te verminder as deel van pogings om die onderneming se prestasie te verbeter.

Volgens die koerant het Nico Bezuidenhout, die SAL se waarnemende uitvoerende hoof, Vrydag ʼn kennisgewing aan werknemers gestuur om hulle in telig dat die afleggings oorweeg moet word saam met ander maatreëls wat getref moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTA ·

Ek kan dit nie verstaan nie!!! Selfs met dekadelange sanksies teen die vorige regering kon hierdie staatsentiteite bestuur word sonder dat dit vou (soos nou). Vandat die ANC hierdie entiteite bestuur, gee alles in – Eskom, ons mediese dienste, ons onderwysstelsel, watervoorsiening, selfs huise wat deur hulle gebou is val uitmekaar met die eerste reens!!!
En dit is dienste wat aan die meerderheid as GRATIS belowe is.

zahn ·

1. Personeel telling het in die afgelope paar jaar….verby die volhoubare vlakke gegroei.
2. SAL is van plan om personeel te verminder..om die onderneming se prestasie te verbeter.

En dan wil die regering nog steeds hê ons moet glo in regstellende aksie? Presies hoe onnosel kan mens raak? O ja, skuus, ek praat van ons eie regering. Saam is hul IK nog laer as die van bruinbrood.

Grassie ·

Met personeelvermindering bedoel hulle seker dat die laaste paar wit kundiges afbetaal gaan word, soos daar ook by Eskom be-oog word. Ek dink dit word ‘n risiko om in ‘n SAL vliegtuig te klim.
Zahn – wat die IK betref – ‘n Switserse professor het ná navorsing bevind dat die gemiddelde IK in Afrika 70…………wag, kom ons los dit.

ig ·

Hulle kan 70% persent van top en middel bestuur afdank en daar sal dalk n klein verbetering wees.

Babs ·

Alles is besig om te vou onder die ANC. As daar nog blanke tegnici afgedank word sal dit ‘n waagstuk wees om met SAL te vlieg.

Gerhard Bezuidenhout ·

Netsoos Eskom sal dit beter vir ons land wees om SAL te privatiseer sodat kundiges dit kan bestuur . Dit sal die Staat geld bespaar en minder druk op die belastingbetalers sit, indien dit wat gespaar word nie gesteel word nie. Ek het lankal vrede gemaak met SAL en weier om van hul dienste gebruik te maak. Hulle is ligjare weg van ons eens trotse lugdiens en hulle kajuitpersoneel is gewoonlik uiters ongeskik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.